SAARTJIE-modeblog

Top-10 mooiste rokke by die People’s Choice-toekennings PLUS kyk die mans!

Saartjie is stomgeslaan deur al die pragtige rokke, eenstukke en pakke wat gisteraand op die rooi tapyt van die People’s Choice-toekennings te sien was! Die sterre het beslis hul blink kant gewys. 

SAARTJIE love

Die twee kleurtrends van die aand was swart en wit. Fluweel, blinker- en kantmateriaal was ook volop. Ek is nuuskierig of fluweel vanjaar meer op die rooi tapyt gesien gaan word, want dit is een van die mode-voorspellings vir 2016.

Dis baie moeilik om net my 10 bestes te kies, want so baie van die celebs het sjiek gelyk!

Hier is my top-10

#1 Julianne Hough het die koppe laat draai met haar noupassende skourlose rok. Sy herinner met dié rok baie aan Sandy van Grease – die karakter wat sy speel in die opvolgfilm Grease: Live wat vanjaar begin draai.

#2 Ellen Pompeo (Meredith Grey van Grey’s Anatomy) wys dat ’n hemprok ook op die rooi tapyt gedra kan word.

#3 Kate Hudson se eenstuk lyk tog te sjiek.

#4 Meghan Trainor se oorvourok is baie vleiend en elegant. Sy het die bene om dié kort nommertjie te dra!

#5 Die Indiese aktrise, musikant en voormalige Mej. Wêreld-wenner Priyanka Chopra se blink nommertjie haal ook die lys.

#6 Camilla Luddington (Grey’s Anatomy) se wit Balmain-rok is die perfekte keuse!

#peopleschoiceawards

A photo posted by Camilla Luddington (@camillaluddington) on

#7 Lucy Hale het ’n unieke keuse gemaak – en dit het vir haar gewerk.

#8 Johanna Braddy se uitrusting is klassiek, maar baie mooi!

#9 Homeland se Claire Danes het ’n elegante rok gekies

#10 Kaley Cuoco het ’n kort vlootblou blinkerrok aangehad

Saartjie moet darem sê die manne het ook baie deftig gelyk. ’n Man in ’n pak is altyd ’n treffer!

Taylor Kinney (Lady Gaga se verloofde en Chicago Fire-ster)

 

 

Ed Westwick van Gossip Girl-faam

Embed from Getty Images

 

 

Lost se Josh Holloway

Ek is nuuskierig om te sien of die celebs ook dié trends gaan volg vir die Golden Globes.

Die sterre het my baie beïndruk met hul deftige uitrustings!

Kry iets soortgelyk in jou kas

Eenstuk

Eenstuk , >,Michelle Ludek, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Noupassende rok

Noupassende rok , >,AX PARIS, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Noupassende rok met skouerlose halslyn

Afskouer-rok , >,c(inch), te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Hemprok

Hempsrok , >,Woolworths

Rok van deursigtige stof

Deursigtige-rok , >,Mr Price / mrp.com

Top met kralewerk

Top , >,Mr Price/ mrp.com