legit
SAARTJIE-modeblog

Plaaslike talent skep ’n reeks vir LEGIT!

Saartjie het onlangs uitgevind dat LEGIT steeds volstoom ons plaaslike talent gebruik om ‘n unieke reeks te ontwerp.

SAARTJIE inboxDit is vir my baie indrukwekkend wat ons plaaslike ontwerpers kan skep! In 2012 was David Tlale en in 2013 was Gavin Rajah deel van die ongelooflike projek.

Ek is opgewonde om te sê dat Punk & Ivy LEGIT se nuwe ambassadeurs is vir die “Don’t Tell Me What To Wear”-reeks.

New Picture (37)

Foto: Bianca en Khaya Sibaya van Punk & Ivy, op instagram

 

Punk & Ivy is in 2012 begin deur Bianca en Khaya Sibiya. Albei van hulle is baie kreatief en het ondervinding in die modebedryf. Saam het hulle hul talente gebruik om ontwerpe vir dié reeks te skep wat enige modeliefhebber se hart sal laat smelt.

Daar word definitief klem gelê op “tribal”-patrone saam met sterk straatstyl-inspirasie. Die patrone is in skakerings van swart, wit, mosterdgeel en wynrooi. Ek is mal daaroor dat hul inspirasie van die straat af kom!

Die reeks self het my gaande, veral die goue maksi-romp. Ek hardloop gou uit om dit te gaan koop…

legit

Foto : Punk & Ivy se reeks by LEGIT ,op instagram

Die reeks sal beskikbaar wees in 202 LEGIT-winkels .

Jy is gemaak om uit te staan … en met die reeks sal jy beslis ‘n indruk maak!

En wat is nou lekkerder as ontwerpersklere teen spotgoedkoop pryse.

Gaan kyk gerus op LEGIT se webtuiste om die volle reeks te sien!

Wat dink jy van dié reeks?