Rafael Nadal soos hy verskyn in die Tommy Hilfiger advertensie veldtog

Rafael Nadal soos hy verskyn in die Tommy Hilfiger advertensie veldtog

SAARTJIE-modeblog

Rafael Nadal strip

Vroëer vanjaar het Tommy Hilfiger aangekondig dat die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal die gesig van hul onderklere-advertensieveldtog vir 2015 is. En vroue die wêreld oor het geswymel. Maar nou het Nadal tennis ‘n entjie verder geneem …

SAARTJIE hastag

Van strip poker het ons almal al gehoor, maar strip-tennis? Ek weet darem nie so mooi nie. Ek sal vir seker eerste in my Eva-pakkie staan, want tennis kan ek nie speel nie.

Maar die wêreld se voormalige nr. 1-tennisspeler het almal na hul asem laat snak toe hy sy klere laat waai het tydens Tommy Hilfiger se onlangse bekendstelling van hul nuwe onderklere-reeks. Rafael Nadal het saam die modelle Juan Betancourt, Malena Costa, Cristina Tosio en Andrés Velencoso Segura strip-tennis gespeel. Elke keer as ‘n punt aangeteken is, moes die opponent ‘n kledingstuk uittrek. Dit het geduur totdat die nuwe onderklere-reeks uiteindelik bekend gestel is. Definitief iets vir die oog.

Sien een van julle kans om vir Nadal aan te vat in strip-tennis? Wel, miskien sal ek, maar dan móét hy verloor. Of miskien moet ons liewer dié Spaanse model aanvat.

Causing a racquet… things heated up when Spanish model @juanbetancourtt showed off his Tommy underwear #TommyXNadal

A photo posted by Tommy Hilfiger (@tommyhilfiger) on