Leonardo DiCaprio & Brie Larson. Foto: @brielarson_instagram

Leonardo DiCaprio & Brie Larson. Foto: @brielarson_instagram

SAARTJIE-modeblog

Rok-skokke: Bekendes lyk sleg by die SAG-toekennings

Saartjie was die afgelope naweek geskok oor bekendes se idee van mooi by die SAG-toekennings – veral Julianne Moore.
SAARTJIE hastag

Daar’s mos die sê-ding: Geld kan nie styl of klas koop nie. En in dié geval is dit wraggies so. Stylvol was hierdie lot bekendes wraggies nie by die SAG-toekennings nie.

Julianne Moore

Sy was my grootste teleurstelling van die aand. Ek is mal oor haar en oor haar styl. Maar wat het deur haar kop gegaan? Sy lyk meer soos Groenie die Monster in sy disco outfit. Ek weet sy is (soos ek!) lief vir iets wat blink, maar dit was sowaar haar swakste keuse nóg #SackTheStylist

Kyk selfs hoe lelik is die rok se rug, ag nee man!

Brie Larson (Room)

Sy het nou wel met ’n beeldjie weggestap, maar sy kry ook van my ’n beeldjie – vir ’n aktrise wat een van die lelikste rokke gekies het. ’n Bloutjie het sy definitief geloop. Ek is mal oor die kleur van die rok, maar daar is net te veel detail wat clash.

Lori Petty (Orange is the New Black)

Waaaaaaaat!?!?!?! Met al daardie pienk bande en gespes lyk dit asof sy ’n girly straitjacket met ’n bypassende broek aan het. Baie geluk, Lori, jy wen die toekenning vir swakste geklede aktrise nóg by ’n toekenningseremonie.

Melora Hardin (The Office)

Ek is sprakeloos. Daar is soveel elemente in dié rok wat onvleiend is – van die patroon, lengte tot hoe dit pas. Sy het beslis te hard probeer om uit te staan en nóú staan sy om die verkeerde redes uit.

Our Lady J (liedjieskrywer vir die TV-reeks Transparent)

Sy het soos ’n seer puisie uitgestaan. Jy wou haar net pop sodat sy kan verdwyn. Ek is mal oor ’n high top sneaker, maar by ’n rooitapyt-geleentheid? En dan die rok … óf is dit ’n romp? Die mesh-deel van die top lyk of dit met alle mag haar borste probeer binnehou. Ai, en wil ek nie eens praat oor die kleur-kombinasie nie …

Stem jy saam met Saartjie? Is dié uitrustings regtig só lelik?