SAARTJIE-modeblog

Saartjie se kommentaar op Dag 1 van SA Modeweek Lente/Somer 2015

Die eerste aand het regtig goed afgeskop met Black Coffee & Gert-Johan Coetzee wat die asem weggeslaan het.

SAARTJIE hastag

Op Dag 1 van die SA Modeweek was die ontwerpers se patrone hoofsaaklik verdeel in twee groepe: grafies en die natuur. By Black by Black Coffee, Amanda Laird Cherry en Clive Rundle het grafiese patrone geseëvier, terwyl Lunar en Gert-Johan Coetzee die natuur as inspirasie gekies het.

Black by Black Coffee was vir my beslis die hoogtepunt van die aand. Jacques van der Watt se ontwerpe is altyd innoverend. Vir dié reeks het hy ontwerpe van Afrika en Asië saamgegooi, met ‘n sterk fokus op grafiese lyne en patrone.

Gert-Johan Coetzee se inspirasie kom van skoenlappers. Sekere items het skoenlappers op gehad en ander valle en frille wat jou laat dink het aan fladderende vlerke. Sy reeks was eg vroulik en het die kurwes van vroue beklemtoon. Die ontwerpe het baie goed gepas aan die verskillende vroulike figure. Van hierdie items is reeds beskikbaar op spree.

Geometriese patrone in gemaklike snitte vir elke dag se dra het Amanda Laird Cherry se reeks interessant gemaak.

 

Clive by Clive Rundle se reeks was ‘n spel van patrone en teksture, laag op laag. Ek moet wel sê die modelle se grimering het my laat dink aan die fliek American Horror Story. Baie vreemd.

Die Lunar-reeks met sy patrone wat deur jakaranda-bloeisels geïnspireer is, sal Pretorianers na aan die hart lê.

Colleen Eitzen se patrone was ook ongelooflik en die snitte was gemaklik vroulik.

Kyk hier hoe die res van die ontwerpers se versamelings gelyk het:

Black Coffee by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Black Coffee by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Black Coffee by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Amanda Laird Cherry by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Amanda Laird Cherry by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Amanda Laird Cherry by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Lunar by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Lunar by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Lunar by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Clive Rundle by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Clive Rundle by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Clive Rundle by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Colleen Eitzen by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Colleen Eitzen by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo

Colleen Eitzen by SAFW Foto verskaf: Simon Deiner/SDR Photo