SAARTJIE-modeblog

Saartjie se kommentaar op Dag 2 van SA Modeweek Herfs/Winter 2016

Dag 2 skop af met die aankondiging van die wenner van die SAFW Sunglass Hut New Talent Search, WITH, asook gunstelinge soos Amanda Laird Cherry en Colleen Eitzen.

SAARTJIE-hastag
Daar was ongelukkig geen ontwerper wat regtig vandag vir my uitgestaan het nie. Ek gaan egter items uitsonder wat ek dink ‘n lekker kopie vir Herfs/Winter 2016 sal wees.

Die groot verrassing vir die aand was Clive Rundle met ‘n baie kommersiële reeks – oorheersend swart en ‘n speling met teksture soos fluweel.

Ek het net een woord vir die eenstuk, en dis sensasioneel.

1510_SAFW_SDR_1641_CliveRundle_w387_h580

Clive Rundle se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Die slim gebruik van drapering en vou-detail maak die rok vleiend.

1510_SAFW_SDR_1746_CliveRundle_w387_h580

Clive Rundle se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Colleen Eitzen se leerbaadjies, mantels en rokke sal gaan beslis sorg vir ‘n vleiende, gemaklike wintervoorkoms.

So ‘n swart mantel is ‘n moet-hê vir jou kas.

1510_SAFW_SDR_0435_CollenEitzen_w387_h580

Colleen Eitzen se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Die leerbaadjie is met Colleen Eitzen se kenmerkende strelitzia agterop in leer geappliek .

1510_SAFW_SDR_0506_CollenEitzen_w387_h580

Colleen Eitzen se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Amanda Laird Cherry se Herfs/Winter 2016-reeks is perfek vir informele wintergemak.

Die pelsagtige tekstuur van hierdie swart top het my aandag getrek.

1510_SAFW_SDR_1143_AmandaLairdCherry_w387_h580

Amanda Laird Cherry se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Vir ‘n laag-op-laag-voorkoms die komende winter is dié slooprok ‘n moet. Die A-simmetriese neklyn hou dit interessant.

1510_SAFW_SDR_1473_AmandaLairdCherry_w387_h580

Amanda Laird Cherry se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Rubicon se kleurpalet vir winter is “lilac”-pers met oranje-rooi, geel en grys.

Ek was gaande oor die patroon-potloodromp.

1510_SAFW_SDR_0650_Rubicon_w386_h580

Rubicon se Herfs/Winter ’16 , Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Die “lilac”-pers maksirok sal beslis die aandag trek.

1510_SAFW_SDR_0688_Rubicon_w387_h580

Rubicon se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Thabo Makhetha se jasse en baadjies vir Hers/Winter 2016 was interessant gehou met die grys, swart en wit patrone.

Baadjie met wye moue.

1510_SAFW_SDR_2491_ThaboMakhetha_w387_h580

Thabo Makhetha se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

‘n Jas in die interessante patroon.

1510_SAFW_SDR_2408_ThaboMakhetha_w387_h580

Thabo Makhetha se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Kyk hier na die ander items van ontwerpers wat uitgesonder word, asook dié van die wenner WITH van die SAFW Sunglass Hut New Talent Search

Urban Zulu se rooi-en-wit gestreepte maksiromp

1510_SAFW_SDR_3369_UrbanZulu_w387_h580

Urban Zulu se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Mantsho se “bomber”-baadjie met swart-en-wit patroon

1510_SAFW_SDR_2984_Mantsho_w387_h580

Mantsho se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Amanda Laird Cherry se moulose jas en borsspeld is ek gaande oor

1510_SAFW_SDR_1121_AmandaLairdCherry_w387_h580

Amanda Laird Cherry se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

As jy wil aandag trek die winte, is Sober se rooi rok dalk die item vir jou

1510_SAFW_SDR_2737_Sober_w387_h580

Sober se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Vir boheemse glans is Sober se maksirok die perfekte item

1510_SAFW_SDR_2784Sober_w387_h580

Sober se Herfs/Winter 2016-reeks Foto: Simon Deiner/SDR Photo

With se reeks by SA Modeweek , Foto : planetivan.com