SAARTJIE-modeblog

Saartjie voorspel: Geel is groot in 2016!

Van mode tot dekor – geel gaan gróót wees in 2016!
SAARTJIE love

Geel het reeds in 2015 sy verskyning op die modeplanke en rooi tapyt gemaak, en in 2016 gaan die kleur net nóg groter word.

Van aktrise Jessica Alba tot model Gigi Hadid het al geel omarm

Jessica Alba

Lauren Conrad

Julianne Hough

Gigi Hadid

Vanessa Hudgens

Ek besef dat baie mense bang is om geel te dra. Maar die goeie nuus is dat almal geel kan dra. Volg die modeontwerper Leigh Schubert se raad:

“Indien jy ’n ligte velskakering het, dra eerder die ligte skakerings soos pastelgeel. Persone met ’n blas of donker vel kan eksperimenteer met alle skakerings van geel, ongeag of dit donker, helder of lig is!”

Lupita Nyong’o kan byvoorbeeld enige skakering van geel dra en kyk hoe pragtig lyk sy:

Geel staan ook vir optimisme, vrolikheid en energie. Dit is tog die elemente wat jy in die nuwe jaar wil uitstraal!

via GIPHY

Geel vir jou huis

SARIE se dekorredakteur Anita Rossouw sê:

“In dekor gaan ons definitief meer geel sien. Dulux se kleur van die jaar is Monarch Gold en metaalkleure soos roosgoud, goud en koper het almal geel ondertone.”

Geel is so ’n positiewe kleur en dit trek onmiddellik aandag.

-Anita Rossouw

“Gebruik dit as aksentkleure, kombineer dit met kleure soos grys, swart en neutrale kleure.”

Geel ook vir jou tafel!

Die Soleil-reeks van Le Creuset kry inspirasie van sonnige laatmiddae in die Franse platteland. Dié reeks sluit ’n reeks geel skakerings in, van sage botter tot helder sitrus, wat warmte na enige tafel bring.

Le Creuset

Le Creuset bied dié maand (9 – 31 Januarie 2016) 20% afslag op van hul gewildste produkte. Kyk uit vir die Soleil-reeks se gietyster-produkte en erdeware om ook geel in jou kombuis in te bring – in Le Creuset-boetieks of aanlyn by www.lecreuset.co.za beskikbaar.

Blaai deur die galery vir nóg geel-inspirasie

Midi-rok

Midi-rok , >,Leigh Schubert, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Top

Top , >,c(inch), te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Kortbroek

Kortbroek , >,Woolworths

Bloes

Bloes , >,Country road by Woolworths

Duvet

Duvet , >,@home

Mat

Mat , >,Mr Price Home

Potplant

Potplant , >,Mr Price Home

Kussing

Kussing, >,Mr Price Home