SAARTJIE-modeblog

Sonbrille – wat dra ons nou?

Saartjie is mal oor ‘n sonbril, sy het een vir elke geleentheid – van ‘n rock festival tot stylvol vir die kantoor.
SAARTJIE shop

Kyk hier, ons sien gereeld die bekendes agter hul sonbrille weggekruip. En ja, ‘n sonbril is ‘n lekker masker. Perfek om rooi gehuilde oë ná ‘n hartseer fliek weg te steek. Om die manne op die strand te beloer sonder dat hulle daarvan weet. En natuurlik die praktiese ding en waarvoor dit mos nou eintlik gemaak is: om jou oë teen die son se skerp lig te beskerm. Daarom het ek so bietjie gaan rondloer na wat is nuut en wat dra die rich & famous nóú. Hier is die nuutste trends waarin jy maar kan belê:

Die katoog
Wees uitdagend soos Susan Sarandon se karakter Louise in die fliek Thelma & Louise. Die 50’s – 60’s-vorm sonbril is veral gewild onder bekendes soos Gwen Stefani & Taylor Swift.

Aviators
Tom Cruise het vir seker ‘n trend gestel in die 80’s-fliek Top Gun, want dié styl bly gewild. En ons kan net droom om saam Tom Cruise hiermee te rock. Die bril, wat spesiaal vir vlieëniers gemaak is om hul oë teen die son te beskerm, het intussen baie verander. Nou kry jy dikker rame, gekleurde rame, ens. Daar’s geen twyfel dat dit ‘n móét is om die nuwe aviator-styl in jou sonbril-versameling te hê nie, want dit lyk my dit sal nooit uit die mode gaan nie.

Michael Kors,sonbril advertensie vir somer 2014

Michael Kors,sonbril-advertensie vir somer 2014

Deursigtige rame
Van Kim Kardashian, Rita Ora tot selfs Katie Holmes het ‘n paar. Die deursigtige rame is beskikbaar in verskillende style en is een van die nuutste trends. As jy dus ‘n trendsetter is, is dit dié sonbril wat jy moet aanskaf.

Elizabeth Olsen in 'n Miu Miu sonbril

Elizabeth Olsen in ‘n Miu Miu-sonbril

Helderkleurige rame
Kikker jou dag op met ‘n kleurryke sonbril. Dra dit met aanvullende of kontrasterende kleure om by te hou met die trend. Die dik rame is prettig en ek voel sommer weer jonk. Ek stel voor dat jy ‘n kleur kies wat jy die meeste kan dra, maar my gunsteling is dié Prada-sonbril met versierings.

Prada se somer 2014 advertensie veldtog

Prada se somer 2014-advertensieveldtog

Rond en groot
Hier kry ons nou inspirasie uit die 70’s. Lekker groot, en ek dink persoonlik is dit dalk my gunsteling. Die styl is prakties, maar terselfdertyd steeds stylvol. Die reuse-brille is perfek om die donker kringe weg te steeek ná ‘n laat nag uit saam vriendinne of selfs net vir ‘n brunch.

Het jy gehoor: Nou kan jy ook ontwerpersonbrille by American Swiss koop. Net beskikbaar by uitstoektakke landwyd.

Kyk hier waar jy dié nuwe trends kan koop:

Deursigtige sonbril

Sonbril , Mimco by Woolworths

Deursigtige sonbril

Sonbril , Mr Price / mrp.com

Deursigtige sonbril

Sonbril , Prada by Sunglass Hut

Deursigtige sonbril

Sonbril, FRED TSUYA, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Deursigtige sonbril

Sonbril , Sonbril by Truworths

Ronde sonbril

Sonbril , Mr Price / mrp.com

Ronde sonbril

Sonbril , Sonbril by Truworths

Ronde sonbril

Sonbril, FRED TSUYA, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Ronde sonbril

Sonbril , Studio W by Woolworths

Katoog-sonbril

Sonbril, Leandra Designs, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Katoog-sonbril

Sonbril ,Sonbril by Woolworths

Katoog-sonbril

Sonbril ,Sonbril by Woolworths

Aviator-sonbril

Sonbril, FUNKY FISH, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Aviator-sonbril

Sonbril , Sonbril by Truworths

Aviator-sonbril

Sonbril , Studio W by Woolworths

Aviator-sonbril

Sonbril , Mr Price / mrp.com