SAARTJIE-modeblog

Star Wars só groot dit beïnvloed mode

Star Wars is nie net groot op die skerm nie, dit inspireer ook mode.

SAARTJIE love

Star Wars is een van die fliekreekse met die meeste aanhangers wêreldwyd. Daar is al altesaam sewe rolprente gemaak, waarvan Star Wars: Episode 1 – The Phantom Menace (1999) tot nou toe die meeste verdien het met sowat R15 miljard ($1 miljard).

Met só ‘n groot aanhang is dit te verstane dat “… in a galaxy far, far away …” ‘n invloed op mode sal hê. Van die karakters tot die sterrestelsel bepaal die materiale wat gebruik word en selfs die kleurkombinasies. Blinkers simboliseer die skitterende sterre. Lupita Nyong’o het ongelooflike gelyk in ‘n blinkerrok tydens die bekendstelling van die nuutste Star Wars-rolprent in Hollywood.

Chewbacca plaas ons aandag op hare. En wat is beter as ‘n kunspelsjas of kunspels-detail? 

  #StarWars #SpotlightOfTheWeek – Chewbacca: Wookiee Warrior   A photo posted by Star Wars (@starwars) on

bye #NYFW A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on

 Darth Vader. Dit is tyd om te delg in jou donker kant – kyk uit vir ‘n swart “look” van kop tot toon. 

Stormtroopers. Wit-en-swart. Dié klassieke kombinasie bly maar gróót!

  ❤️ Thank you @karllagerfeld and @chanelofficial   A photo posted by Cara Delevingne (@caradelevingne) on


C-3PO. Goud hou die blink kant bo. As jy bang is vir ‘n goue uitrusting, dra goue juwele.

Dink jy ook Star Wars en modetendense gaan die komende seisoen hand aan hand loop? Kyk gerus na die galery hieronder en koop vir jou Star Wars-geïnspireerde items.

Goue rok

Goue rok , Superbalist

Romp

Romp , Witchery, by Woolworths

Blinkers skoene

Blinkers skoene , Mr Price / MRP.com

Kunspelsjas

Kunspelsjas , Superbalist



Blinkers-peplumrok

Blinkers peplumrom , London Hub, aanlyn te koop by SARIE-winkel by spree.co.za/sarie


Top

Top , Country Road by Woolworths

Top met blinkers

Top , Superbalist