FOTO: Instagram @sartorialist

FOTO: Instagram @sartorialist

SAARTJIE-modeblog

Stylvol op kantoor

Met die vakansie wat verby is, sukkel ons almal om weer in roetine te kom. Die grootste vraag in die oggend is “wat trek ek aan!?” En dan pas jy alles aan en dit eindig in ’n hoop klere op jou bed.

Om jou te help kies Saartjie vir elke tipe modepersoonlikheid ’n werkuitrusting.

SAARTJIE love

Die dae van eenvoudige, klassieke en neutrale klere is verby. 2016 is die perfekte jaar vir ’n verandering in jou voorkoms!

Klassieke uitrusting met ’n twist

Dit is seker die uitrusting wat ons eerste gryp soggens, maar jy kan dit opkikker met statement-stukke soos juweliersware, skoene, hoede, lipstiffie, horlosies of selfs ’n serp.

Dra dit só

The super chic and beautiful Gianna Grecco, Milan

A photo posted by Scott Schuman (@thesartorialist) on

Gemaklike of informele kantoordrag

Jy mág denim-items kantoor toe dra! Rond die uitrusting net af met ’n paar elegante (én gemaklike) hakskoene, “vroulike” bloes of kraaghemp. ’n Baadjie is ook ’n goeie opsie vir ’n meer formele voorkoms.

Wenk: Denim-op-denim is aanvaarbaar in die kantoor en met ’n paar hakskoene lyk dit altyd sjiek.

En moenie dink jy kan nie ’n T-hemp dra nie. ’n T-hemp en jeans gaan altyd mooi saam, kikker net die uitrusting op met skoene of juwele wat ’n statement maak!

Dra dit só

 

 

 

Modieus

Is jy bang om volgens trend aan te trek? Wees slim en speel met style, kontrasterende materiale en skoene. Dra byvoorbeeld ’n paar tekkies by ’n klassieke potloodromp. Wees ook kreatief met lospassende en noupassende items en meng die twee style. Moenie bang wees vir patrone nie! Speel rond en dra die patrone saam. Die beste raad wat ek het vir die meng van patrone is om seker te maak die patrone het gemene kleure en die proporsies is min of meer dieselfde. 

Dra dit só

 

 

 

 

Elegante kantoordrag

Jy is nie bang vir ’n paar hakskoene nie, en jy bly maklik van 9:00 tot skemerkelkie-tyd in dieselfde uitrusting! Jy benodig sjiek bloeses, potloodrompe, noupassende rokke, klassiekesnit langbroeke, goue juwele en ’n statement-lipstiffie. Jy is definitief nie skaam om koppe te laat draai nie!

Dra dit só

Kies ’n styl, waag en maak 2016 ’n modieuse een!