Kendall en Kylie , Topshop ; 02/06/2015
SAARTJIE-modeblog

Topshop spog met ’n Jenner-reeks

Die bekende realiteitsterre Kendall en Kylie Jenner se tropiese reeks is van vandag af beskikbaar in Topshop!

Kendall en Kylie , Topshop

Kendall en Kylie Jenner se nuwe Topshop-reeks

Die reeks bestaan uit vintage-ontwerpe met Hawaise blaarpatrone, ’n “duster”-jas – die móét-hê-item vir die winter –  ’n swart maksirok, verskeie bloese, jeans, wyepypbroeke en T-hemde met slagspreuke daarop.

Kendall en Kylie sal dié nuus met hul miljoene aanhangers op sosiale netwerke soos Instagram deel, wat beslis in Topshop se guns sal tel.

Gaan besoek gerus jou naaste Topshop, want dié reeks is vanaf 3 Junie 2015 beskikbaar!

Die twee Jenner-susters is die gesigte van OPI-naellak, en Kendall is ook die gesig van Estée Lauder en Calvin Klein-jeans.

Lees ook