Kendall, Kim & Kylie. Foto: Instagram @kyliejenner

Kendall, Kim & Kylie. Foto: Instagram @kyliejenner

SAARTJIE-modeblog

MTV-musiekvideo-toekennings: Die beste en swakste geklede vroue

Saartjie is gaande oor die bekendes – en veral oor hul styl op die rooi tapyt. Hier is haar gunstelinge en ook die … uhm …. nie-so-suksesvolle uitrustings by die MTV-musiekvideo-toekennings (VMA) wat die naweek plaasgevind het.

SAARTJIE stylMusiek-toekennings is nou nie die Oscars nie … dis ’n bietjie meer gewaagd en bekendes neem kanse met hul styl. En ons het niks minder verwag van die VMA’s nie.

Ek begin met my groot teleurstelling: Taylor Swift.

Ek is so gewoond aan ’n jong dame met ongelooflike styl. Nou probeer sy Lady Gaga wees. Nee man, Taylor! Dié uitrusting is vir die verhoog, nie vir die rooi tapyt nie.

Taylor Swift by die VMA. Foto: Instagram @mtv

Taylor Swift by die VMA Foto: Instagram @mtv

En die toekenning vir die swakste geklede vrou gaan aan Katy Perry. Regtig, het sy nie geleer uit Britney Spears en Justin Timerblake se groot modeflater van 2001 by die American Music Awards nie?

Katy Perry se denim-skok. Foto: Instagram @mtv

Katy Perry saam met Nicki Minaj Foto: Instagram @mtv

En nou vir die hoogtepunte van die aand …

Kim Kardashian en haar jonger susters Kendall en Kylie Jenner.

Die Jenner-susters sussies het sensasioneel in swart gelyk terwyl Kim K gewaag het met patrone … en haar kurwes.

Kendall, Kim & Kylie. Foto: Instagram @kyliejenner

Kendall, Kim & Kylie. Foto: Instagram @kyliejenner

Die verassing van die aand was definitief Ke$ha. Anders as by ander geleenthede het sy stylvol in ’n aandrok gelyk.

Ek dink sy en Taylor Swift het op die laaste minuut uitrustings geruil!

Ke$ha op die rooitapyt. Foto: Instagram @mtv

Ke$ha op die rooi tapyt. Foto: Instagram @mtv

Sy was nie net die wenner van die aand nie (sy het met 3 toekennings weggestap), maar ook die styl-wenner … Ja, niemand anders as Queen Bey nie!

Beyoncé het deur die aand haar uitrustings verander en elkeen was so stylvol soos die ander. My gunsteling vir die aand is die swart rok wat sy met haar aankoms op die rooi tapyt gedra het.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Wat dink jy? Wie het die toets geslaag en wie moet eerder ’n ander stilis aanstel? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!