Lady Gaga agter die skerms by die Mark Jacobs vertoning. Foto: @ladygaga_instagram

Lady Gaga agter die skerms by die Mark Jacobs vertoning. Foto: @ladygaga_instagram

SAARTJIE-modeblog

Wie het die vreemdste gelyk: Kendall of Lady Gaga?

New York Modeweek het gisteraand tot ’n einde gekom en is afgesluit met die bekende ontwerper Marc Jacobs se reeks vir Herfs/Winter 2016-2017.

Die afgelope week word wêreldbekende ontwerpers se skeppings in New York, en ook deur Saartjie, bewonder. Maar gisteraand het sy iets bisars gevind …

SAARTJIE hastagMoet my nou nie verkeerd verstaan nie. Marc Jacobs is ongelooflik en dié reeks met sy Gotiese inspirasie is stunning. Daar is boonop ’n hele paar items wat my naam skree, maar ongelukkig wil my bankbalans nie luister nie.

Kyk na die Marc Jacobs-vertoning hieronder

Maar vrek weet, ek is nie so seker van die hare en grimering vir daaglikse dra nie. Onthou, modeweke bepaal nie net die nuwe mode-trends nie, maar ook die nuwe trends in grimering.

Hoewel Kendall Jenner en Lady Gaga die loopplank betree het met die vreemde grimering, weet ek darem nie of ek dit, of ’n variasie daarvan, sal dra nie. Vir my het Lady Gaga soos ’n wit rot met grimering gelyk. Kendall kon nog die look vir my doen, dalk is dit danksy die kleur van haar donker hare óf omdat dit in ’n beter toestand as Lady Gaga se hare is.

Kyk hier hoe Lady Gaga se hare gedoen word – nogals tydrowend.

@Themarcjacobs @guidopalau hair

A video posted by Lady Gaga (@ladygaga) on

Sal jy dit in die openbaar waag met dié voorkoms, of is dit jou voorkoms vir ’n Halloween-partytjie?