Ivanka Trump FOTO: Andy Kropa /Invision/AP

Three word wardrobe

4 maniere om swart in die somer te dra (Ja, jy kan!)

 

Sien jy op na die somer – drie maande sonder swart? Ons het gaan kyk hoe jy stylvol kan lyk en koel kan bly, selfs wanneer die kraaie gaap, sonder om jou geliefde kleur prys te gee.

Blink uit

’n Regaf romp van sagte leer of kunsleer met ’n mooi versierde toppie is die toonbeeld van gemaklike styl, wat ook al die geleentheid – op kantoor, skemerkelkies of ’n spesiale afspraak. Dit is boonop vroulik en volwasse sonder ’n sweempie klein-dogtertjie-agtigheid.

 

Manuela Velasco by die Toronto Internasionale Filmfees vroeër vanjaar FOTO: Arthur Mola /Invision/AP

Manuela Velasco by die Toronto Internasionale Filmfees vroeër vanjaar FOTO: Arthur Mola /Invision/AP

Afwisseling

Speel met verskillende soorte materiaal met verskillende teksture. Swart chiffon van jou kroontjie tot jou toontjie is eentonig en teenstellende teksture is veel interessanter. Hou egter by ligte, koel materiaal en laat staan die wol, swaar breistof en fluweel tot volgende winter.

Skep asem!

Jy kan enigiets in die somer dra, selfs materiaal soos leer en PVC. Die deurslaggewende faktor is hoe styf dit pas. Hoe losser die kledingstuk, hoe koeler is dit.

Ivanka Trump  FOTO: Andy Kropa /Invision/AP

Ivanka Trump
FOTO: Andy Kropa /Invision/AP

Tops bo!

’n Kort toppie wat net-net ’n bietjie vel wys is sexy en prakties in die hitte. As jy nie graag jou magie wys nie, is ’n romp met ’n kantspleet ewe so goed.

Brit Marling by die première van The Keeping Room by die 2014 Toronto Internasionale Filmfees FOTO: Chris Pizzello/Invision/AP

Brit Marling by die première van The Keeping Room by die 2014 Toronto Internasionale Filmfees FOTO: Chris Pizzello/Invision/AP

Die Three Word Wardrobe

Laat jou foto’s van jou Three Word Wardrobe op by skip.co.za en dalk is jy een van die wenners van ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree. Klik hier!

Bronne: elle.com, fashionmagazine.com, huffingtonpost.com, refinery29.com en xojane.com