SandraBullock_Aaron-Poole-.-©A.M.P.A.S.-532x800
Three word wardrobe

7 maniere om met min moeite sexy te lyk

Voel jy of jy vandag die wêreld kan verower? Wys dit – in styl

  1. Hoe minder hoe beter
    Dié reël geld ten opsige van alles, bykomstighede, parfuum en selfs hoeveel lyf jy wys. Trouens, al wanneer “meer” goed is, is ten opsigte van bedekking. Selfs as jy 18 is en jou figuur die koppe laat draai, is dinge veel interessanter as jy dit aan ander se verbeelding oorlaat.
  1. Skitter in volkleur
    Die meeste vroue lyk mooi in juweelkleure, soos die pragtige donkerblou van die rokke wat Amy Adams en Sandra Bullock by vanjaar se Oscar-toekennings gedra het.
amy_Aaron-Poole-.-©A.M.P.A.S.-532x800

Amy Adams FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

SandraBullock_Aaron-Poole-.-©A.M.P.A.S.-532x800

Amy Adams FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

  1. Moenie bang wees vir gewig nie
    Swaar materiaal hang mooier as ligte stowwe en streel liggies oor jou lyf. Materiale soos sy en ligte chiffon voel wel sensueel, maar is geneig om te kleef sodat elke rolletjie wys.
  1. Sit jou beste voetjie voor
    ’n Paar hoë hakke verrig wondere. Ons belowe. Dit laat jou dadelik langer en jou bene maerder lyk, terwyl jou selfvertroue terselfdertyd die hoogte inskiet. Oefen net eers by die huis sodat jy gemaklik en grasieus kan loop. Jy wil nie struikel of lyk of jy gemartel word nie.
  1. Beklemtoon jou bates
    Vroue leer van jongs af wat hulle “sterk punte” is. As jy ’n mooi middeltjie het, is ’n belt jou beste vriendin. As dit jou halslyn is, sal ’n V-nek dit beklemtoon – en, nee, nie een wat tot by naeltjie strek nie. As jou bene modelmooi is, is daar geen rede waarom jy dit moet wegsteek nie. Selfs as jy so gelukkig is om ’n modelmooi-lyf te hê, moet jy steeds net een bate op ’n slag beklemtoon. Vergelyk Amber Rose se styl by die onlangse MTV VMA-toekennings en Lupita Nyong’o se rok by Calvin Klein se partytjie in Cannes en jy sal verstaan wat ons bedoel.
  1. Gee voor en kry ’n voorsprong
    Almal het vroeër of later ’n bietjie hulp nodig. As jy spykerhakke dra om jou bene mooier te laat lyk, waarom nie ’n Wonderbra of vormgewende onderklere dra om jou figuur mooier te laat lyk nie? Dit sal jou help om goed te voel, en as jy goed voel, lyk jy fantasties. Aantreklik lyk en aanloklik voel word tog grootliks bepaal deur jou houding en hoe selfversekerd jy voel.
  1. Belê in ’n paar goeie stukke
    Hoewel beskrywings soos “moet-hê” en “belegging” al holrug gery is, is daar tog stukke wat wel beleggings is. As jy voor jou siel weet dat jy oor 10 jaar steeds spyt gaan wees dat jy nie vandag daardie paar ontwerperskoene in die winkel gekoop het nie, is dit ’n teken dat jy dit moet koop. Jy sal elke keer goed voel wanneer jy hulle dra, en daar’s niks soos ’n selfversekerde glimlag om te sê “Ek voel fantasties!” nie.

Wat laat jou soos ’n Oscar-wenner op die rooi tapyt voel? Ons wil graag weet.

Klik op skip.co.za om foto’s van jou Three Word Wardrobe te laai. Dalk wen jy ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree! Klik hier!

Bronne: glamour.com, oscar.go.com, stylepulse.com, thebudgetfashionista.com en redbookmag.com