Three word wardrobe

Daar’s ’n nuwe mode, die ‘Three Word Wardrobe’

Hierdie somer is daar ’n nuwe mode – Skip se Three Word Wardrobe  – en jy kan ’n geskenkbewys van R5 000 van spree daarmee wen!

Ons vroue weet dat dit wat ons die oggend aantrek weinig te doen het met prakiese oorwegings soos die weer. Om die waarheid te sê, wat op daardie oomblik in en uit die mode is, het speel nie eens altyd ’n rol nie.

Die bepalende faktor is hoe jy die dag voel en hoe jy wil lyk. Voel jy fantasties en ontstuitbaar? Dalk iets goudgeel of helderoranje. As jy die dag ’n goeie indruk wil maak, is ’n koningsblou rok en ’n paar hierjy-hoëhakskoene weer die antwoord.

Die Three Word Wardrobe is ’n lekker nuwe manier om met jou klerekas te speel – en dis als behalwe moeilik.

  1. Kies ’n kleur.
  2. Kies ’n material.
  3. Kombineer die twee en wys die wêreld hoe jy voel.

Ons het ’n paar mode-bloggers gevra om te wys hoe hulle die Three Word Wardrobe doen om jou te wys hoe maklik dit is.

Aqeelah Harron

Aqeelah sê haar styl is eklekties en dat haar bui bepaal wat sy elke oggend aantrek. Sy gebruik graag verskillende teksture, kleure en proporsies om so treffend moontlik te lyk. Jy kan haar blog by fashionbreed.co.za lees.

Sarie-10

 

Siyaam Ally

Siyaam se styl en oog vir detail verklap haar eintlike beroep: Sy is ’n prokureurt. Jy kan dié netjiese en elegante blogger by simplysiyaam.com volg.

Sarie-4

Sheri-Lee Greenwood

Sheri-Lee noem haarself ’n “internetfoendie met ’n modeblog” en beskryf haar styl as “girlie-grunge”. Sien meer van hierdie jong ontwerper en skrywer by safashiongirl.com.

Sarie-2

Carlinn Meyer

Carlinn Meyer het pas teruggetrek Kaapstad toe en haar styl is so ontspanne en kleurvol soos die Moederstad. Kyk hoe sy dit doen by superficialgirls.com

Sarie-5

Jeuk jy nou om te wys wat jou klere vir jou doen? Ons wil graag weet watter bui jy vandag aan het. Jy kan ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree wen!

KLIK by skip.co.za om in te skryf.