10
Three word wardrobe

Blomme, patrone of swart-en-wit? Hoe lyk jóú Three Word Wardrobe?

Ons het Marieke Merts van Spree gevra na die lente se grootste modes en toe Skip se Three Word Wardrobe daarop toegepas

Dis blomseisoen
Dink aan enige blomme waarvan jy hou, van sagte Engelse rose tot knalhelder tropiese blomme, selfs groot grafiese motiewe op ’n neonhelder agtergrond. Dié lente se blomme is as’t ware ’n bontspul en niks is te groot of te helder of te klein of te subtiel nie. Kyk hieronder hoe Siyaam Ally, een van die bloggers op Skip se Three Word Wardrobe, met blomme speel.

8 5

Raak kunstig
Hoewel die debat oor die verband tussen die kunste en die mode net nie wil gaan lê nie, is dit moeilik om te ontken dat die een wel die ander beïnvloed. Hierdie keer is dit die mode wat kunstig is met skilderagtige effekte, kleurblok-patrone à la Mark Rothko en material wat soos ’n waterverfdoek lyk.

9 10

Sag en sterk
Verlede somer se pastelkleure gaan weereens sorg vir ’n tikkie vroulikheid, maar die manier om dit nou te dra, is heelwat meer volwassie. Kombineer poeierblou met swart vir ’n meer gesofistikeerde voorkoms of verruil hemelsblou en ligpienk vir ’n skakering met meer selfversekerde oemf soos helderturkoois en kersierooi. As jou pastelle boonop ’n metaalglans het, gaan jy beslis voor in die modekoor wees.

6 2

Swart en wit
Swart en wit bly die staatmakers in menige klerekas. Meng en pas verskillende teksture of sagter afwerkings om dié klassieke duo minder strak en meer speels te maak vir die somer.

7

4

Besoek www.skip.co.za en vertel ons watter lentemode jy gaan dra om by jou bui te pas. Dalk wen jy ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree! Klik hier www.skip.co.za