FOTO: Instagram @anna_dello_russo

FOTO: Instagram @anna_dello_russo

Three word wardrobe

Vind jou unieke styl

Elke keer wat die eksentrieke Iris Apfel of Vogue Japan se Anna Dello Russo (hooffoto) by die voordeur uitstap, gryp almal na hulle kameras. Maar is dit nodig om soos ’n uitspattige tropiese paradysvoël te lyk om jou eie styl te hê?

Iris Apfel by Fashion Group International’s se 30ste Night Of Stars-toekenningsaand  FOTO: Evan Agostini/Invision/AP

Iris Apfel by Fashion Group International’s se 30ste Night Of Stars-toekenningsaand
FOTO: Evan Agostini/Invision/AP

As jou dae ook die een doller as die ander is, is die bykans daaglikse mode-voorspellings en aankondigings van die nuutste moet-hê mode dikwels ’n bestiering, want dit maak klere koop darem baie makliker. Ongelukkig beteken dit ook dat almal dikwels dieselfde ding by dieselfde winkel koop. Wat word dan van ’n eie styl?

Iemand wat ongetwyfeld nie daardie probleem het nie, is Iris Apfel. Dié 92-jarige New Yorker het beroemd geword danksy haar eiesoortige manier van aantrek. Sy verskyn gereeld in modetydskrifte en op blogs, en het selfs haar eie reeks bykomstighede bekendgestel. Die naam? Rara Avis.

Toemaar, dit beteken glad nie dat jy van al jou staatmaker swart en grys klere moet ontslae raak nie.

Trouens, die goeie nuus is dat elkeen reeds ’n eie styl het. Dalk is joune juis dit: dat jy altyd swart dra of dat jy altyd deur ’n ring getrek kan word, of die feit dat jy nooit sonder ’n vintage-handsak of -serp gesien word nie. Kyk gerus na almal in jou kantoor (of in die koffiewinkel of op die bus). Jy sal nie twee mense sien wat presies eenders aantrek nie.

Gaan kyk gerus na ander vroue se uiteenlopende styl en wat hulle laat goed voel op skip.co.za onder die Three Word Wardrobe. Die groot verskeidenheid sal jou nuwe inspiriasie gee!

Sheri Lee Greenwood

Sheri Lee Greenwood

Leanne van Breda

Leanne van Breda

Siyaam Ally

Siyaam Ally

Laai gerus jou foto’s daar op om jou Three Word Wardrobe-styl te wys. Jy kan ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree wen! Klik hier!

Bronne: smartcreativewomen.com, up4discussion.org