FOTO: Lamborghini-embleem

FOTO: Lamborghini-embleem

Nuus Nou

$1,9 miljoen vir Lamborghini se superkar Centenario

Dis vanjaar die 100ste herdenking van die geboorte van Ferruccio Lamborghini, die man wat die gelyknamige luukse motormaatskappy gestig het. En om dit te vier het Lamborghini die superkar Centenario die afgelope week by die Geneefse motorskou in Switserland bekendg estel. Net 40 Centenario’s is vervaardig en al veertig is elk vir $1,9 miljoen (sowat R24 miljoen) verkoop.

Hoe vinnig is dit?

Blitsvinnig! Die Centenario kan in 2,8 sekondes van 0 na 99 km versnel.

So lyk dié superkar

Stephan Winkelmann, hoof van Lamborghini, het aan Al Jazeera gesê die 40 voertuie is veral in Amerika, Europa en Brittanje gekoop.

Ons wonder net: hoeveel kos die versekering op so ‘n ryding?

Bronne: Al Jazeera, CAR

Lees nou