sanatyional_parks
Nuus Nou

Droogte begin Kruger se seekoeie eis

Ondanks die afgelope week se goeie reënval kry die buffels en seekoeie in die Kruger Nasionale Park steeds swaar, sê William Mabasa, wildtuinwoordvoerder.

Die walle van die Sabie-rivier het oorstroom en sommige paaie moes weens die reën gesluit word.

Maar Mabasa sê daar het reeds seekoeie begin sterf.

“Seekoeie kry veral swaar. Die watergate raak al hoe kleiner en forseer seekoeie om uit die water te beweeg,” het Mabasa aan SARIE.com vertel.

Dis ’n kombinasie van min weidingsgebiede en hitte wat die sterftes onder seekoeie veroorsaak.

Daar is sowat 8 000 seekoeie in dié park. En met die watergate wat al hoe kleiner word, begin die seekoeie se urine en ontlasting die water besoedel en vergiftig. Volgens wetenskaplikes kan die droogte sowat 5 000 seekoeie eis, berig The Citizen.

Daar is ook nie genoeg gras vir weiding nie. Maar renosters en olifante word nie so erg aangetas nie, sê Mabasa.

“Die droogte het veral ’n impak op die sentrale gedeelte van ons park. Maar ons moet onthou droogte is ’n natuurlike verskynsel. Diere leer om aan te pas. Al lyk dit hoe sleg.”

In 1991 en 1992 het die Kruger Nasionale Park ’n soortgelyke droogte beleef.

Kyk ook ’n insetsel op eNuus:

Lees nou