FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Nuus Nou

Droogte – só kan jy help!

Slapelose nagte, hulpeloosheid en onbeantwoorde gebede. Vir baie boere, oor die hele Suid-Afrika, is dié drie woorde ’n harde werklikheid.

“Ek het verlede week besluit om nie meer vir die skape kos te gee nie, want daar is nie meer geld nie. Finansieel is dit die swaarste wat ons al gekry het,” het Piet Botha, ’n skaapboer van die Groot-Karoo, gister aan Carte Blanche vertel.

“Breek dit jou hart om jou diere te sien swaarkry?” het John Webb, joernalis en aanbieder van Carte Blanche, hom toe gevra.

“Ja,” het Piet geantwoord terwyl hy die trane probeer inhou.

SKERMGREEP: Carte Blanche

SKERMGREEP: Carte Blanche

In dele van ons land vrek skape, beeste en bokke nou soos vlieë. En die droogte dwing boere om te kies: “Wie gaan leef?”

Met die droë grond wat kraak onder hul voete, kan boere net hoop vir reën – en gou ook!

Só kan jy help

#SOS100

SOS 100

 

Adri Williams se pleidooi op die radiostasie Tygerberg 104 FM het Suid-Afrikaners aangemoedig om boere te help. In die eerste week van Februarie is meer as R2,2 miljoen op dié manier ingesamel. SOS 100 het reeds 134 boere met voer gehelp. Tot nou toe is reeds R2,4 miljoen ingesamel.

Jy kan ook help! E-pos vir Adri met enige navrae admin@kcco.co.za.