mood slaap
Nuus Nou

Eerste minister wil middagslapies verban

Gepraat van ’n tameletjie! Spanjaarde is briesend ná hul eerste minister, Mariano Rajoy, voorgestel het die land se siësta met sy ure-lange middagslapies moet wegval. 

Rajoy wil seker maak Spanje se werkdag eindig nie later as 18:00 nie. Op die oomblik begin die Spanjaarde soggens 10:00 werk, om 14:00 begin hul middagpouse van 3 uur lank en dan eindig die werkdag eers teen 20:00.

Die siësta is aanvanklik ingestel om te verhoed dat arbeiders in die hitte van die dag moet werk, berig The Times.

Nou toon data van die Organisation for Economic Co-operation and Development dat Spanje se produktiwiteit die afgelope jare afgeneem het ondanks die lang werksure.

Maar al is dit nog net ’n voorstel om siësta te verbied is die mense van Spanje glad nie gelukkig nie.

Lees die volledige storie op Time.