FOTO: Regering -treasury.gov.za

FOTO: Regering -treasury.gov.za

Nuus Nou

Jan Taks 2016: Wat jy als moet weet

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het vandag sy begrotingsrede in die parlement gelewer. Dis duidelik dat Gordhan nie net die syfers wil laat klop nie, maar ook Suid-Afrika se ekonomie wil regruk. Die regering se gordel gaan styf getrek word, belasting op suikerdrankies gaan ingestel word en jy gaan dit aan jou bas voel. 

“Wat nou in die mark gebeur is ’n waarskuwing. Ons moet dringend die regte stappe neem of ons omstandighede gaan drasties vererger.”

- Minister van finansies, Pravin Gordhan

Dís hoe dit jou sak raak

Belastingbetalers sal hoër koerse vir inkomstebelasting vryspring. Maar hulle gaan minder belastingverligting kry.

1) Hoër belasting op brandstof: Algehele verhoging van 30 sent. R2,85 per liter vir petrol en R2,70 per liter vir diesel

2) Hoër belasting op drank

4) Hoër belasting op plastieksakke: Van 6 sent na 8 sent

5) Nuwe belasting op buitebande vanaf 1 Oktober 2016

6) Bekendstelling van belasting op suikerdrankies soos gaskoeldrank vanaf 1 April 2017

Toelaes vir bejaardes en kinders styg

1) Ouderdomspensioen styg van R1 415 tot R1 505 per maand.

2) Ongeskiktheidstoelaes styg van R1 415 tot R 1 505.

3) Pleegsorgtoelaes styg van R860 tot R890.

4) Afhanklikheidsorgtoelaes styg van R1 415 tot R1 505.

5) Kindertoelaes styg van R330 tot R350.

Lees nou