Screen Shot 2016-04-25 at 3.05.43 PM
Nuus Nou

Jy kan Mona Lisa se villa vir R333 miljoen koop!

Die Italiaanse villa waar die kunstenaar Leonardo da Vinci die bekende Mona Lisa-skildery geskep het, is nou te koop vir $23 miljoen (sowat R333 miljoen).

500 jaar gelede het die Villa Antinori aan die Del Giocondo-familie behoort. En hoewel daar bespiegel word oor wie presies die model vir dié bekende skildery was, glo sommige wetenskaplikes dit was Lisa Gherardini, die vrou van Francesco Del Giocondo, berig The Telegraph. Die Del Giocondo-familie het die villa tussen 1498 en 1517 besit, en die Mona Lisa is vermoedelik tussen 1503 en 1506 geskilder.

Francesco, toe die eienaar van Villa Antinori, het glo vir Leonardo versoek om sy vrou te skilder, berig National Post. En nou, eeue later, is dié eiendom, wat byna 5 km buitedie stad Florence lê, te koop. Of dit nou waar is of nie, die idee dat jy Mona Lisa se villa kan koop is glo aanloklik vir talle kopers, berig The Telegraph.

So lyk Mona Lisa se beweerde villa

Screen Shot 2016-04-25 at 3.06.41 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.06.50 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.07.03 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.07.12 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.07.38 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.08.42 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.08.08 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.08.49 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.08.57 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.09.06 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.06.10 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Screen Shot 2016-04-25 at 3.06.27 PM

FOTO: Lionard Luxury Real Estate

Vir die volledige storie, lees The Telegraph.

Lees nou