Buurtwag-Poster-698x1024
Nuus Nou

Mediaveertjies 2016

Die ATKV-Mediaveertjies se finaliste vir 2016 is vandag bekend gemaak en verskeie SARIE-gunstelinge is benoem. Martelize Brink, Johan Rademan en Ivor Price, almal vir werk op RSG. Hannes van Wyk vir Kwêla en ook gunsteling-reekse soos Buurtwag, Vlug na Egipte, Terug na Egipte en verskeie ander.

Uitblinkers in die Afrikaanse media word bekroon vir hul bydraes in die voorafgaande jaar. Die kategorieë waarin daar meegeding word, is: lees, luister en kyk. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë. Die Mediaveertjies is ook ’n viering van die belangrike rol wat die media in die samelewing speel.

Hier is die volledige lys

LUISTER

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

Martelize Brink – Oggend op RSG: dr. Dan Sleigh – RSG
Ettienne Ludick & Sue Pyler – Middag op RSG: Tannie Evita word 80 – RSG
Su-an Marais – Su-an en so aan: Verskeidenheid – GROOTfm 90.5

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

Krisjan Fourie & Suna Venter – Monitor: Sweepslag – RSG
Anna-Marie Jansen van Vuuren – Naweek-aktueel: Skepper van verskeie Afrikaanse kinderliedjies, Betty Misheiker, oorlede – RSG
Johan van Lill – RSG Kuns: Die braille-musiekproefleser – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

Lynette Francis – Praat Saam: Vakbonde – RSG
Suzanne Paxton – Spektrum: Randall Wicomb se laaste woorde – RSG
Ivor Price & Anita Visser: Monitor: Versoeningsdag met eerw. Frank Chikane & Adriaan Vlok – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

Izak du Plessis – Monitor: Gekaapte geboue – RSG
Izak du Plessis – Monitor: Namakwaland – RSG
Anita Visser – Monitor: Hirosjima: 70 jaar later – RSG

Beste joernaalprogram

Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG
Ilse Salzwedel – Die woordketting – RSG
Veronique van Heyningen – Middag op RSG – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

Lynette Francis – Praat Saam: Omar al-Basjir – RSG
Suzanne Paxton & Melissa Tighy – Spektrum: President Jacob Zuma se staatsrede – RSG
Ivor Price & Anita Visser – Monitor: Kairos – 30 jaar later – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

André Liebenberg – T.T. Cloete: Woordsmid – Pretoria FM
Johan Rademan – Klara Majola – RSG
Johan van Lill – Christopher Kindo: Voete soos vlerke – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

Marianne Breytenbach – Alternatiewe kommunikasie – Pretoria FM
Johan van Lill – Ons en die onderwys: Beginneronderwysers – RSG
Johan van Lill – Ons en die onderwys: Robotte in die klaskamer – RSG

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater

Martyn le Roux – Bloedlyn – RSG
Ingrid Penzhorn – Ontnugter – RSG
Perdita van Dijk du Bois – Wat sal die mense sê – RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater

Renske Jacobs – Bloedlyn – RSG
Bettie Kemp – Sonate – RSG
Johan Rademan – Van die vlees – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

Su-an Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5
Anton Treurnich – Vuurvas – Tygerberg 104FM
Johrné van Huyssteen – Die groot ontbyt – GROOTfm 90.5

LEES

Beste indiepte-artikel

Maygene de Wee – Reeks van opvolgartikels: George “Geweld” Thomas – Die Burger
Murray La Vita – Pyn, potta-potta en protes – Die Burger
Gerrit Rautenbach – Die eerste standbeeld het al lank terug geval – Die Burger

Beste ondersoekende joernalistiek

Pieter-Louis Myburgh – R600 miljoen-optelfout – Ingevoerde lokomotiewe te hoog vir SA spoorlyne – Rapport
Marelize Potgieter – ’n Ander vrou het Zephany vir my gegee – Huisgenoot
Susan Purén – Weggesluit vir 40 jaar oor verbode liefde – Huisgenoot

Beste persoonlikheidsprofiel

Vicus Bürger – Bokspring van student tot Groen-en-Goud-held – Volksblad
Anika Marais – Die leier van die Bybelstudie-bendes – By: Die Burger
Hanlie Retief – SaamgeZOID – Rapport

Beste kunste-artikel

Marida Fitzpatrick – Wit en gatvol ja, maar nie ’n rassis, sê Willem Boshoff – Beeld
Herman Lategan – Jani Confidential: Briljante joernaal van ontheemding – Beeld, Die Burger & Volksblad Boeke
Danie Marais – Saam met Coenraad de Buys terug na die geroofde land – By: Die Burger

Beste leefstyl-storie

Danie Marais – Hoe groot is “mooi”? - By: Die Burger
Pieter Steyn – Die kat kom weer – Huisgenoot
Sandra Troskie – ’n Toer met skoppensboer – Vrouekeur

Beste essay, rubriek of opiniestuk

Maygene de Wee – Die ouma wat geweet het van respek kweek – Die Burger
Marida Fitzpatrick – “Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is” – Netwerk24
Herman Lategan – Kerkklokke of klinkende metaal? – Rapport

Beste sportartikel

Eduan Roos – Melbourne verander in Moembai ná sege – Beeld
Egmont Sippel – Stuur groete aan Johan Walters – Rapport
Sophia van Taak – Vanaand gaan die poppe dans! – Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

Bloemnuus – Redakteur: Ruan Bruwer
Die Pos – Redakteur: Keina Swart
Vrystaat – Redakteur: Susan Maré

KYK

VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

Beer Adriaanse – Buurtwag
Paul C. Venter – Terug na Egipte
Paul C. Venter – Vlug na Egipte

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

Beer Adriaanse – Buurtwag
Human Stark – Terug na Egipte
Human Stark – Vlug na Egipte

Beste dramareeks of enkeldrama

Johan Cronje – Buurtwag
Human Stark – Terug na Egipte
Human Stark – Vlug na Egipte

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

Eric Nobbs – Vlug na Egipte
Frank Opperman – Terug na Egipte
Frank Opperman – Vlug na Egipte

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

Marion Holm – Terug na Egipte
Marion Holm – Vlug na Egipte
Rolanda Marais – Terug na Egipte

AKTUELE GENRES

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

Coenie de Villiers – ’n Ander wêreld met Coenie – kykNET
Sandra Prinsloo – Sandra op ’n drafstap – kykNET
Hannes van Wyk – Kwêla – kykNET

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

Hanné Koster – Kwêla: Nuwe boek oor Ingrid Jonker – kykNET
Jaco Smit – Kwêla: 25 jaar na FW de Klerk – kykNET
Jaco Smit – Kwêla: Jans Rautenbach – kykNET

Beste joernaalprogram

André Calitz & Ronel Moodie – Reis na Gister – kykNET
Susan Scott – 50/50: Kruger se wildehonde – SABC 3
Paul Venter – Kwêla – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

Lynette Francis – Fokus: Helen Zille – SABC 3
Freek Robinson – Robinson – kykNET
Elma Smit – Topstories: Oscar Pistorius appèlverhoor – Netwerk24

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

Renée de Villiers – kykNET Verslag: Roodepoortskool – kykNET
Karin d’Orville – Fokus: Lig vir Luke – SABC 3
Maryna Lamprecht & Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal – Netwerk24

Beste nuusinsetsel

Adriaan Basson & Pieter du Toit – Sittende Zuma en EFF-lede – Netwerk24
Maryna Lamprecht & Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal – Netwerk24
Le Roux Schoeman – Topstories: Busongeluk – Netwerk24

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

Loftus Marais – Insig – kykNET
Wim Steyn – kykNET Verslag – kykNET
Alet van Rensburg Wright – Fokus: Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by Universiteite – SABC 3

Beste dokumentêre program of programreeks

Marike Bekker – Sing Kaaps – kykNET
Linda de Jager & Coenie de Villiers – ’n Ander wêreld met Coenie – kykNET
Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Formidabele vroue: Petronella van Heerden – kykNET

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

Bonné de Bod & Susan Scott – 50/50: Padreëls – SABC 3
Phillip Lennon – 50/50: Bio Blitz – Omgewingsgesondheid – SABC 3

Beste vermaaklikheidsprogram

Ben Heyns – Jou show – kykNET
Alizia Linden – Maak my nuut – VIA
Paul Venter – Koekedoor – kykNET

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

Emo Adams – Jou show – kykNET
Brandon October – Jam – kykNET
Johrné van Huyssteen – Die groot ontbyt – kykNET

Wenners sal tydens ’n glansgeleentheid op 13 Mei by Vodacom World in Midrand bekend gemaak word.

Gesels gerus op Twitter saam en gebruik #Veertjies2016.