FOTO: Malaysia Airlines

FOTO: Malaysia Airlines

Nuus Nou

Moontlike MH370-wrakstuk in Mosambiek gevind

Twee jaar ná die Maleisiese vlug MH370 op pad van Kuala Lumpur in Maleisië na Beijing in China verdwyn het, het nog ’n wrakstuk uitgespoel. En dié keer aan die kus van Mosambiek, berig CNN

Die afgelope naweek het ’n Amerikaanse toeris, Blaine Gibson, die wrakstuk van ’n vliegtuig op die Mosambiekse strand gevind. Gibson is self besig om die ongeluk in sy persoonlike hoedanigheid te soek.

SKERMGREEP: YouTube / CNN

SKERMGREEP: YouTube / CNN

Daar moet nog bevestig word of dit inderdaad aan die vermiste vliegtuig behoort. Maleisië se minister van vervoer, Liow Tiong Lai, het oor die gerugte getwiet.

In Augustus 2015 het ’n wrakstuk van die vliegtuig op die eiland Réunion uitgespoel.

MH370 het vermoedelik op 8 Maart 2014 tot sy tragiese einde gekom in die suidelike Indiese Oseaan. Daar was 239 passasiers en bemanningslede aan boord van die vlug.

Hier is CNN se storie oor die nuutste ontwikkeling.

Bronne: CNN, NBC News

Lees nou