Turkye vlag
Nuus Nou

Motorbom eis minstens 34

Drie weke nadat ’n motorbom 29 lewens in Ankara geëis het, het nóg ‘n motorbom in die Turkse hoofstad ontplof. Minstens 34 mense het Sondag gesterf en meer as 125 is beseer.

Die harde slag is tot 2,5 km van die toneel gehoor.

Niemand het al verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, maar daar word vermoed ’n selfmoordaanvaller het die ontploffing veroorsaak.

Bronne: Al Jazeera

Lees nou