SARIE Januarie 2015 uitgawe. 
FOTO Justin Badenhorst van Supernova

SARIE Januarie 2015 uitgawe. FOTO Justin Badenhorst van Supernova

Nuus Nou

Petrolpryse styg wéér

Motoriste het tot voor middernag kans om hul motortenks vol te maak, want Woensdag styg die brandstofprys! Die departement van energie het die verhoging aangekondig.

Só styg brandstof

Petrol: Styg met 45 sent

– Gauteng: 95-oktaan styg na R13,05 per liter.

93-oktaan styg na R12,79 per liter.

– Kus: 95-oktaan styg na R12,57 per liter.

93-oktaan styg na R12,41 per liter.

Diesel: Styg met 63 sent

– Gauteng: Styg na R11,39 per liter.

– Kus: Styg na R11,01 per liter.

Mood petrol

Om te weet: Petrol se pryse is gewoontlik vas. Maar diesel se pryse is nie gereguleer nie, kan dus goedkoper of duurder vra.

Hoewel brandstofverbruikers nie hierdie prysverhogings kan keer nie, is daar tog maniere om jou brandstofgebruik tot die minimum te beperk.

1. Skakel jou enjin af as jy vir meer as 30 sekondes stilstaan.

2. Maak seker dat die druk in jou bande korrek is – jy kan tot 6% meer brandstof gebruik as jou bande nie styf genoeg gepomp is nie.

3. Gaan so vinnig as moontlik deur jou ratte tot by die hoogste een. Hoe laer die rat, hoe meer petrol gebruik jy.

4. Het jy werklik daardie lugversorger nodig? Jy kan tot 10% meer petrol gebruik in swaar verkeer as jou lugversorger aangeskakel is.

5. Laat diens jou motor gereeld, want ’n enjin wat nie goed ingestel is nie, gebruik tot 50% meer brandstof.

BRONNE: AA, 10 000 Tips: How to Do Almost Everything deur Katherine Sorrell, Quercus, 2012.

Lees nou

Jan Taks 2016: Wat jy als moet weet

’n Spaarplan vir jou – spaar só R13 780 in ’n jaar