FOTO: Ketevan Kardava

FOTO: Ketevan Kardava

Nuus Nou

SARIE-leser uit België: “Dank vader dit het maar nou gebeur”

Die terreuraanvalle Dinsdag in Brussel het die wêreld geruk. Skok, woede en afgryse word wêreldwyd op sosiale media uitgespreek.

Ons gesels met Maynie Malan, SARIE-leser, wat in België woon.

“Dit is ’n vreeslike gevoel van onmag en onnodige chaos . . . mense is geskok ja, maar ná die aanval in Parys ens ens . . . En dan met die inhegtenisneming van die terroris is dit so bietjie in ’n mens se agterkop dat daar iets gaande is, daar word gesê dat daar aanvalle beplan is, net niemand het gedink dit is [die week] nie.

Die hele stad is stilgelê, geen publieke vervoer, treine of busse nie; die lughawe is gedeeltelik in puin gelê en gesluit en die hele stad is afgesluit en almal moet binne bly. 

’n Paar dae voor die paasvakansie – dank vader dit het maar nou gebeur en nie nog later waar daar meer mense op en uit was nie. 

Almal praat daaroor en daarvan, dis so naby ’n mens.

Ekself het 4 weke gelede by dieselfde toonbank gestaan waar die bom klaarblyklik afgegaan het, wat ’n gevoel van onveiligheid. . .

Maar dit is seker maar soos die lewe nou is. 

Maar deur dit alles is daar tog ’n gevoel van samehorigheid onder mense, almal is op een of ander manier betrokke, ver of nouliks. 

(’n Skoolvriend uit Kanada het aan my ’n beriggie gestuur om te sê hy dink aan my en gevra of ek okei is.) 

Daar is ’n bewustheid van mense en dit vind ek dan weer (in ons druk tye) ’n positiewe gevoel

xx

(verkort)


SARIE-leser Leonie Meiring en haar man, Gert, besoek gereeld België. Hulle het voorheen in Gent gewoon. Gert het Saterdag, net ’n paar dae voor die aanvalle van Zaventem-lughawe terug na SA gereis. 

Dit is op dié lughawe waar die twee bomme Dinsdag afgegaan het. (Lees meer hieroor op Netwerk24.)

Leonie vertel: “Ons vriende daar is absoluut geskok en in angs! Hulle bekommer hulle oor hierdie situasie, België die pragtige land waar daar nooit sulke gebeure was nie. Ons is self geskok en dankbaar dat Gert veilig terug is ná 2 weke se werk in Gent. Die land en sy mense is in skok en lewe in vrees ná hierdie aanvalle.”

Lees nou