FOTO olympic.org

FOTO olympic.org

#SARIEsport

5 feite oor Rio se Christusbeeld

Rio se Christusbeeld het die simbool van die 2016 Olimpiese Spele geword. Dit het majestueus oor die stad en die duisende atlete uitgetroon.

1. Cristo Redentor is die standbeeld se amptelike naam, en dis bo-op die Corcovado-berg in die Tijuca-woud Nasionale Park van Brasilië in Rio.

2. Die oorspronklike tekeninge is geskep deur Heitor da Silva Costa, wat die ontwerpkompetisie vir die beeld gewen het. Sy visie was vir ’n standbeeld wat uitkyk oor die opkomende son. Paul Landowski, ’n Fransman, het die beeldhouwerk behartig.

3. Bouwerk het altesaam 9 jaar geduur, vanaf 1922-1931. Die klip is uit Swede ingevoer.

4. Dit is die hoogste godsdienstige beeld in die wêreld op 40,44 meter, voetstuk ingesluit. Die lengte van sy uitgestrekte arms, gemeet van vingerpunt tot vingerpunt, is 28 meter

5. In 2007 is die standbeeld ingelyf by die 7 wonders van die wêreld.

Cristo Redentor_130892