mood
Nuus Nou

6 vreemde feite oor skrikkeldag

29 Februarie, die dag wanneer meisies hul kêrels kan vra om te trou en waarop snaakse weerverskynsels plaasvind. 

Hier is ’n paar vreemde feite oor skrikkeljaar wat jy dalk nie geweet het nie:

1) Die moontlikheid dat jou verjaardag op 29 Februarie val, is 1 uit 1 461 – dis hoeveel mense wêreldwyd op dié dag verjaar.

via GIPHY

2) Astroloë glo as jy op 29 Februarie gebore is, beskik jy oor ongewone talente.

via GIPHY

3) Op dié dag is daar in Ierland ’n tradisie waar vroue die groot vraag vra. Sou ‘n kêrel “nee” sê, word hy beboet met ’n soen.

via GIPHY

4) In Griekeland trou paartjies nie in skrikkeljaar nie, want hulle glo die huwelik sal dan verdoem wees.

5) Hugh Hefner het sy eerste Playboy-nagklub op 29 Februarie 1960 oopgemaak.

via GIPHY

6) In Rusland glo die mense dat meer fratsongelukke en erge weerstoestande op dié dag voorkom.

via GIPHY

 

Bronne: The Telegraph , International Business Times

Lees nou: