Mood petrol
Nuus Nou

Spaar brandstof só

Motoriste kry behoorlik bloedneus met die brandstofpryse wat vanoggend gestyg het. In Gauteng het 95-oktaan met 88c gestyg en diesel met 95c per liter. En dis net die begin! In Februarie het die minister van finansies, Pravin Gordhan, met sy begrotingsrede gewaarsku dat jy dit aan jou bas gaan voel

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

5 wenke om brandstof te spaar

1. Sit die lugreëling af. As dit aan is, gebruik jy meer brandstof.

2. Maak seker die banddruk is korrek.

3. Haal jou dakrakke af, dit sal die gewig van jou voertuig verminder en daarmee saam die brandstofverbruik.

4. Haal onnodige goed uit jou kattebak uit. Meer goed in jou kattebak beteken ‘n hoër brandstofverbruik.

5. Probeer om jou spoed by 100 km/h te hou. Jy spaar brandstof as jy dié spoed en stadiger ry.

Bronne: AA, The Telegraph

Lees ook