FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Nuus Nou

Tierbevolking styg eerste keer in 100 jaar

Vir die eerste keer in ’n eeu het die bevolkingsyfer van wilde tiere begin styg. En nou is daar 3 900 wilde tiere in Asië, berig Scientific American.

Ontbossing, ontwikkeling en stroping is van die oorsake van die dalende tierbevolking. Maar danksy strenger regulasies en bewaringpogings het die getalle stadig begin toeneem.

In die 1900’s was daar 100 000 wilde tiere oor die hele Asië. Maar in 2010 was daar net sowat 3 200, berig die World Wildlife Fund (WFF).

Verlede week het Kambodja aangekondig dat die land se wilde tiere uitgesterf het.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Bronne: Scientific American, WWF, The Guardian

Lees nou