FOTO: Facebook / Bernie Sanders

FOTO: Facebook / Bernie Sanders

Nuus Nou

Time 100 – voorlopers

Elke jaar kies die tydskrif Time ’n lys van die 100 invloedrykste individue, van kunstenaars tot politici. Verlede jaar was onder andere die rapper Kanye West en die sanger Taylor Swift op dié lys. En vanjaar is die voorlopers die politikus Bernie Sanders en die Koreaanse popgroep Big Bang.

Time se redakteurs het die finale keuse, maar elke jaar word ’n leserpeiling gehou waar Jan Alleman self kan stem. Jy lees reg, lesers het ook ’n sê! Vanjaar se peiling het 13 April om middernag gesluit.

Hier’s die voorlopers ná die leserpeiling

1. Bernie Sanders - politikus en ’n Demokratiese presidensiële kandidaat

2. Big Bang – Koreaanse popgroep

3. Aung San Suu Kyi – Mianmese (Birmaanse) president

4. Barack Obama - Amerikaanse president

5. Malala Yousafzai – Nobel-vredespryswenner

6. Lady Gaga - sanger

7. Taylor Swift – popsanger

8. Michelle Obama - Amerikaanse presidentsvrou

9. Pous Francis - pous van die Rooms-Katolieke Kerk

10. Leonardo DiCaprio - Oscar-wenner en aktivis

 

Suid-Afrika ook deel van lys!

Op die lys van benoemings is ook die Oscar-wenner en Benoni-boorling Charlize Theron, en die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur Elon Musk. 43% van die lesers is ten gunste van Elon om die lys te haal. En Charlize, wat nie bang is om haar donker kant te verken nie, het 27% van die ja-stemme ontvang.

Charlize Theron - aktrise en aktivis

Elon Musk - entrepreneur

Hoe het die Time 100 begin?

Die eerste 100 is gekies in 1999 ná ’n debat tussen Amerikaanse akademici, politici en joernaliste ontstaan het. Die lys bevat ook dikwels kontroversiële figure, juis oor hulle die wêreld verander het.

Dis Barack Obama wat dié 100-lys al die meeste gehaal het. Hy was al 10 keer daarop.

– Die volledige lys word op 21 April bekend gemaak. Besoek Time vir die volledige lys.

Lees nou