Zephany-Nurse
Nuus Nou

Zephany Nurse se steelma skuldig

Dis die storie wat Suid-Afrikaners aan die praat gehad het: Zephany Nurse, die baba wat in 1997 drie dae ná haar geboorte uit die Groote Schuur-hospitaal gesteel is en uiteindelik in 2015 opgespoor is, het die land geruk. Die beskuldigde, wat Zephany as haar eie grootgemaak het, is vandag deur regter John Hlope in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind.

“Jou storie is soos ‘n sprokie en die hof aanvaar dit nie,” het Hlope aan die beskuldigde gesê.

Sy sal op 30 Mei gevonnis word.

Vir meer oor dié saak lees Netwerk24