FOTO: Gov.za

FOTO: Gov.za

Nuus Nou

Zuma verdien R7 876 per dag

President Jacob Zuma se salaris sal vanaf 1 April met 4,4 % verhoog word. Sy verhoging is Donderdagmiddag in die parlement goedgekeur. Met ’n R100 000 verhoging gaan Zuma nou R2 874 851 per jaar verdien. En R7876 per dag.

127 LP’s het ten gunste van sy verhoging gestem en net 81 LP’s het daarteen gestem. Mosies deur die politieke partye DA, EFF en Cope was ook onsuksesvol. Maar die LP’s het almal hul eie salarisverhogings van 4,5 % aanvaar.

Verlede jaar is Zuma aangewys as die vierde hoogsbetaalde staatsleier ter wêreld, berig CNN. Hy was die enigste Afrika-leier onder die top-10.

Hier is 2015 se 5 hoogsbetaalde staatsleiers

1. President Barack Obama van die VSA

2. Stephen Harper, eerste minister van Kanada

3. Angela Merkel, kanselier van Duitsland

4. President Jacob Zuma

5. David Cameron, Britse premier

Bronne: EWN, Netwerk24

Lees nou