Ons nooi jou!

JOU BEDERF-RESEP

Ystervarkiekoek (FOTO: Donna Lewis)

Ystervarkiekoek (FOTO: Donna Lewis)

Elke maand deel ons ’n wonderlike koekresep. Kosredakteur Herman Lensing skop dié maand af met ’n sjokoladekoek met ganache (sien bl. 130 van ons Januarie-uitgawe). Maar jý het ook ’n resep wat hoort onder ons 12 van die bestes. Stuur dit dadelik, sê waar die resep vandaan kom en verklap so ’n bietjie van die storie agter die koek. Haal jou resep ons top-12, sal Herman die koek bak, professioneel laat fotografeer en dit (én jou foto) deel van sy kos-artikel maak. En jý wen ’n jaar se intekening op SARIE. MAAK SÓ: Stuur jou resep na herman.lensing@sarie.com

JOU STORIE

Jou storie

Lesers se eie stories raak ons almal. Of dit nou verhale van vreugde, deursettingsvermoë, persoonlike groei of hartseer is, of net iets doodgewoon snaaks, deel dit met ons. MAAK SÓ: Stuur jou woorde na suzette.truter@sarie.com

JOU HOEKIE

sr1001dekor_2_

Hoekies maak huise. Spog met die mooiste hoekie in jou huis, vertel hoe dit geskep is en waarom dit so spesiaal is. MAAK SÓ: Stuur ’n foto en jou woorde na lfourie@sarie.com, of gaan na sarie.com, klik op julle hoekies onder WOON. Maksimum 4 MB per foto.

JOU PRODUKTE

parfuumskersfees_home Wie geniet nie die luukse van skoonheidsprodukte nie? Laat weet wat is die 3 produkte waarsonder jy nie kan nie en sê net kortliks waarom. MAAK SÓ: Stuur jou lys en woorde aan liesl.dutoit@sarie.com

JOU TROUE

bruidspaar_home Is julle ons wen-bruidspaar vir 2013/2014? Skryf nou in vir ons Bruidspaar van die Jaar-wedstryd. Julle kan R82 576 se pryse wen! INSKRYWINGS MAAK 11 SEPTEMBER OOP! MAAK SÓ: Gaan na SARIE.COM en klik op BRUID

JOU TYDSKRIF

Karlien van Jaarsveld (FOTO: Leana Clunies-Ross)

Karlien van Jaarsveld (FOTO: Leana Clunies-Ross)

Kies hoe jy SARIE lees. Skryf in op SARIE en kry elke uitgawe in jou posbus, of lees SARIE maandeliks op jou rekenaar of e-leser. MAAK SÓ: Gaan na sarie.com en klik op teken in op die tuisblad.

IETS VIR JOU KLEREKAS

sr1212_modenuus_3_ Met ons aanlynwinkel is koop veilig, maklik en vinnig. Maklik te koop by sarie.com

KUIER SAAM OP SARIE.COM

Op ons Facebook-, Twitter- en Pinterest-blaaie gaan dit oor mense en hul dinge. Kom loer in en gesels saam!

ONTHOU OM AL JOU SARIES TE KRY

SARIE kosSARIE Bruid Behalwe vir die Januarie-uitgawe van SARIE is die volgende ook nou op die rak: SARIE KOS (Des/Jan 2013-uitgawe), SARIE BRUID en SARIE WOON, ons dekortydskrif. Lekker lees!