Aletté-Johanni Winckler blog: "Croissants van Bettysbaai"
Foto’s: Verskaf Galery
Vriendinne, ek skryf vir julle vandag vanuit die mooiste dorpie in die suide van Suid-Afrika: Bettysbaai.
Wie Betty was en wat sy gedoen het om só mooi plek na haar vernoem te kry weet g'n mens nie, maar sy’s nou alombekend. Met die blouste see voor my en die groenste berg agter my, kan ons gesinnetjie vir ‘n slag net bietjie by ouma en oupa Winckler ontspan.
Maar nou kan julle seker net dink wat gebeur in so ‘n ontspanne atmosfeer... Dit was juis my skoonma se skuld dat ek oor laas Desember sommer in een maand 5 kg opgetel en die tannie by die ginekoloog se spreekkamer amper ‘n hartaanval gegee het. Daar is tuisgemaakte nagereg ná elke aandete, en dan was die aandete nog iets om oor huis toe te skryf óók.
Hierdie keer is die belewenis egter vir my héél anders. Gisteraand se malvapoeding is vervang met Crackerbread met versoeter en vanaand se vanilla-roomys, bessie-coulisen meringues gaan vervang word met papaja met versoeter... Maar, my mede-mammas en ander mede-moedeloses, ek moet bieg, dis nie eers my skoonma wat die verblyf vir my en die dokter besonders moeilik maak nie.
Hier op Betty's is daar ‘n deli genaamd De-Nice met die beste croissants. En dit nie net in die suidelike hemisfeer nie, maar ook die noordelike, want ek het nog nóóit sulke croissants, selfs in Parys (Frankryk), geëet nie! Elke besoek aan Betty's word beloon met De-Nice-croissants met De-heuning en De-kaas en ek belowe julle... De-Kobus se GAT!
As daar nou iets is om die dokter oor huis toe te stuur, is dit dit. Heinz het reeds vanoggend sy eerste kwota in. Ek het sommer in die kar gespring en Kleinmond toe gery vir Canderel-sjokolade. Okay, daar het julle dit! EEN HELE SLAB CANDEREL-SJOKOLADE. Gelukkig is die skade nie só erg nie?
Ek kon net nie meer nie! Na 6 weke en 10kg doen blomkool en hoender dit net nie meer vir my nie! Ek voel amper ek moet op ‘n binge-sessie gaan en vir een aand alles eet wat voorkom, net om weer die volgende oggend Maandag te maak en my opnuut aan die Dokter voor te stel en dan hierdie lyf skokterapie te gee en daai laaste 10 kilos sommer so 3 weke te skud.
Hahaha! As dit maar net so maklik was! Nou dat ek so naby aan die einde kom moet ek rêrig al my wilskrag inspan om eindelik Projek 64 klaar te maak. Julle beter bid. Ek is besig om laks te raak en die bitter blomkool en krakerige Crackerbread help nie. Ek het al die inspirasie, kommentaar en bemoediging nodig wat ek kan kry.
4 weke vriendinne. Dis 4 weke tot 15 November en hier gaan een GROOT wonderwerk moet gebeur.
*** (1 uur tydsverloop)
Goed, nou nadat ek vir 30 minute in die vars lug langs die see op en af gehardloop het, is my gemoed in meer van ‘n gemoedelike toestand. My hart het vinniger geklop en bloed deur my are gepomp en hopelik is die Canderel-sonde ook by my sweetgaatjies uit! (Dit was glad nie vars nie en dus nie eers die belydenis werd nie.) I AM BACK WITH A VENGEANCE!
Nou gaan ek kliphard saam met Wikus van der Merwe sing: “Hier kom ‘n ding ah-ah!”
(Wie't gesê ek kan dit nie in 4 weke doen nie????)
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Die oorlog is aan soos hy nog nooit was nie!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
"Dames en here, die oorlog is aan soos hy nog nooit vantevore aan was nie. Daar is gewere en kanonne, pyle en boë en soos hulle in Engels sou sê: "I'm pulling out the big guns now!" (Daar is mos so sê-ding, nê?)"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Dis nou gramme voor ek deur die 2de klankgrens breek..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
My beste vriendin van die afgelope 15 jaar bel my gister: "Zet, (ons noem mekaar Zet) jy is op die cover van Lig!"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Ek kon al heelwat nader aan 64 kilogram gewees het..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 76
Ek het van die begin af oop-oë en (semi) toe mond in hierdie ding in geloop. Ek het verklaar ek gaan eerlik wees en al my sondes na die lig toe bring.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Feeskos, roosterkoeke, terte... ek't staande gebly!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Liewe vriendinne, kom ek begin sommer deur te sê dat indien hierdie die eerste keer is dat jy my Projek 64-blog lees, wil ek jou asseblief sommer net daar en dan in jou leesspore stuit.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 22
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: En daai dag het gekom...
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ek het julle gewaarsku daai dag gaan kom dat ek als oorboord gooi en my verlustig en vergryp aan elke verkeerde ding wat voorkom. En daai dag het gekom… Gister.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se blog: "Saam met die lente kom nuwe dissipline."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
“Dis heerlike lente die winter’s verby. Alles wat grys was het kleur begin kry. En dis amper so beautiful, amper so beautiful soos jy.”
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 35
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
-
Aletté-Johanni Winckler: "I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and...MOTIVATED!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 13
En nou, 'n week en 'n half later sit die Dokter steeds pens en pooitjies in ons huis en vra ons (met 'n smile) af: "So presies hoé verloor mens 20kg...? Eén kilogram op 'n slag..."
-
Op die rooi tapyt: Aletté-Johanni Winckler by Vonk-toekennings
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
"Die opwinding in die Winckler is huis is tasbaar, vandag kan daar weer vir 'n slag ge "dress" word en dit is net krultange en knippies, grimering en swierige klere waar jy kyk. Dis tyd vir die Vonk-toekennings"
















Kommentaar
helene vandermerwe het gesê:
heinz is so 'n gawe man! dis nou jammer oor die vonk aand....
27ste Okt. 2010, 11:28Rulene het gesê:
Hi Aletté-Johanni, ek sien elke week vreeslik uit om jou blog te lees, en giggel heeltyd, want daar is soveel van myself wat raaksien. Ek het ook 'n vreeslike soet-tand, dis seker maar my grootste probleem. Jou deursettingsvermoe is fantasties, ek glo nie ek sou so lank kon uithou nie! Jy moes al soveel versoekings trotseer, en steeds kry jy dit reg om nee te sê- dis voorwaar 'n prestasie! Ek dink dis wonderlik dat jy nie net terugsit en aanvaar dat omdat jy 'n baba gehad het, jy nou maar kan "let go" nie. Hou so aan, jy is 'n voorbeeld vir ons almal. P.S. Lian is die pragtigste babatjie, en ek is mal oor die naam, my boetie is ook Lian.
23ste Okt. 2010, 21:31FELANSIA het gesê:
Ek sou graag op weigh less wou gaan maar het nie geld om by n groep aan te sluit nie. As ek net n idee kan kry hoe hul plan lyk, sal ek my oortollige kg's kan afskut! HELP, EK SOEK NET N DIEET PLAN!
22ste Okt. 2010, 07:32Viki Rapelas Ferreira het gesê:
Hi Alette! After last week's blog, I decided to join you - one kg at a time! It's not possible that anything can taste as good as thin feels! And weighing up eating things that must be left out when eating healthily and the freaking terror of not fitting into my summer clothes, the diet won hands down. Didn't even cheat once this week! Have 10kg's to lose. After week one, I have 7.7 to go! Thanks for the inspiration! Let's knock this sh*t on the head together!
21ste Okt. 2010, 17:54Lida het gesê:
Byt tog maar liewer vas, want jy gaan jouself nooit vergewe as jy weer gewig optel nie. Ek stem saam met Santie - Weigh-less is nie so vervelig nie. Sterkte
21ste Okt. 2010, 17:00Sue het gesê:
Hello Aletté-Johanni, jy het al my simpatie. Dis baie erg ek weet. Ek het ook 'n hele paar kilo's om af te skud en ek gaan ook die Dr se dieet begin (hopenlik volgende maand) dan is ek ook in jou bootjie seker met die blomkool en hoender hehehe. Jy is darem al heelwat verder met jou doelwit so moenie nou moed opgee nie - jy vorder great. Ek kan net hoop ek doen ook so goed! Ek geniet jou weeklikse blog baie!
21ste Okt. 2010, 15:53Santie het gesê:
Hi Alleté-Joanni. Hoekom gaan jy nie eerder op iets soos Weigh-less nie? Die dokter se dieet klink vir my maar baie borring en smaakloos. Het jy al Weigh-less se eetplanne gesien? Dit bevat ongelooflike lekker goed, van Ultramell Lite en ingelegte perskes, tot biltong! Dis ongelooflik gesond en geballanseerd en vat jou craving vir soetigheid heeltemal weg. Ek het jou weeklikse blog begin lees en dit klink vir my of jy vreeslik sukkel. Sterkte man!
21ste Okt. 2010, 10:27Natascha het gesê:
Jy doen so goed Alette! Moenie moed verloor nie! En ja, partykeer is dit goed om bietjie in te gee vir 'n lekkerte en die volgende dag harder te werk om dit te af. Solank jy net nie oorboord gaan en 10 lekkernye op een slag eet nie. Maar ons ou liggame het partykeer 'n verandering nodig om weer te kan verloor. En het altesaam 21 kilos om te verloor. Ek is omtrent halfpad daar (wissel tussen 9-11 kgs af), maar ek sukkel om verder te kom, en dit het baie te doen met blasé raak daaroor. Ek wil so graag weer sterk gemotiveer wees en nog verder verloor. Het darem nou die oefening roetine weer aan die gang, maar ek sukkel om die rooi vleis en stysel goed te vermy. (Daardie De-Nice croissants roep my omtrent nou met groot verlange!) En dan het ek nog nie eens gepraat oor die sjokolade nie! Wel, ten minste weet jy daar is ander wat soos jy stry aan dieselfde stryd en ons almal hou duimvas vir jou! Sterkte!
21ste Okt. 2010, 10:21nella het gesê:
As jou kop reg aangeskroef is en jou doelwit lê voor jou kan jy enigeiets regkry!!! My doelwit is om in die weeksdae ELKE oggend 3:30 op te staan. (Ek moet vroeg by die werk wees en voor dit, gym ek en ek hou stilte tyd.) En glo my dit was seker een van my (en nogsteed) my moeilikste doelwitte ooit. Elke oggend moet ek KIES om op te staan, en teen al die EUWELS in my kop baklei!! MAAR my doelgerigtheid en vasberandenheid en GENADE dra my deur. Ek weet hierdie "oefening" gaan my eendag help as ek dalk in die toekoms 'n moeilike taak moet aanpak!! En dieselfde geld vir jou! Dit wat jy nou leer, hou vas daaraan, want jy gaan 'n SLEUTEL he vir die toekoms!! Julle seuntjie is te dierbaar!!!!! groete
21ste Okt. 2010, 10:04Lomine Brynard het gesê:
Ai jy klink nou soos ek oor croissante! Ek love enige vorm van brood en dit was vir my die ergste om NEE voor te se, maar elke keer as jy dink aan iets verbode wat jy so graag wil eet of smag voor, dink aan hoe mooi en sexy jy gaan lyk as jy nie NOU dit eet nie. Sterkte hou moed nog net 4 weke! Jy sal dit maak!
21ste Okt. 2010, 09:15A het gesê:
Hi daar Ek bewonder jou deursettings vermoë!!! Ek was eenkeer op dieët seker 13 jaar terug by 'n dokter Botha, het voor ek my doelwit gewig bereik het 'n galblaas operasie gehad (gedink ek gaan dood - my eerste operasie). Kon daarna nog nooit weer vastrap en by 'n dieët bly nie. Daar is soveel dinge wat my moet motiveer, maar ek kan nie langer as 'n dag dan voel dit of ek gaan mal word. My seuntjie was so drie jaar oud toe sê hy eendag vir my mamma is vet. Ek probeer toe aan hom verduidelik dat mens nie dit vir iemand sê nie, (mens kan in 'n verleentheid beland). Hy het my baie ernstig aangekyk en toe met die eerlikheid van 'n kind vir my gesê: "Maar mamma, ek kan mos nie vir mamma jok nie." Gelukkig gaan jy daardie eerlikheid gespaar bly as jy nou deur druk. Sterkte!!! Met my hele hart....
21ste Okt. 2010, 08:52Vlam het gesê:
Ja nee kyk ek en my vriendin het ok besluit dis nou so. Ek het al 3kg afgeskud en moet nog 4 afskud! My arme man moet maar die dietkossies net so saam met my eet!!! Ha-ha!!! Sterkte!!! Ek geniet die blog so...as al die kilos af is moet jy nos maar besig hou met 'n mawees een!!!!
21ste Okt. 2010, 08:44Anadia van der Mescht het gesê:
Aletté, my vriendin. Ten minste het jy al 10kg verloor. My dieet begin eers vandag en ek moet 20kg verloor! Jy KEN die op-en-af van my gewig. Nou is dit klaar - ek gaan ook 20kg verloor, en blomkool en crackerbread afwurg. Onthou net - jy is al halfpad daar, en as projek 64 nie op die 'regte' datum afgehandel is nie, is dit ook ok....want dit sal wel afgehandel word. Love you Anadia
20ste Okt. 2010, 18:37Heinz Winckler het gesê:
Hehe! Ek is so trots op jou my liefie! Jy doen so goed!
20ste Okt. 2010, 16:48Liz het gesê:
Ek LOVE jou nuusbrief, en BAIE geluk met al die gewig wat jy reeeds afgeskud het, jy moet baie trots voel op jouself! Ek is nou maar eers 3 weke op n dieet, en naweke is vir my die ergste, dan cheat ek so af en toe, maandag voel ek weer ongelooflik skuldig! Hou net moed, nog net 4 weke om te gaan, dink net hoe trots gaan jy voel op jouself! Jy lyk stunning!
20ste Okt. 2010, 15:51