Aletté-Johanni Winckler blog: "Dis nou gramme voor ek deur die 2de klankgrens breek..."
Foto’s: verskaf Galery
My beste vriendin van die afgelope 15 jaar bel my gister: "Zet, (ons noem mekaar Zet) jy is op die cover van Lig!"
"Mmm ek weet" sê ek.
"Wees bly jy is nie op die cover van Swaar nie!" reken sy en sy hou aan vertel hoe ek nie swaarmoedig moet raak nie, en als eerder ligtelik moet opneem en en en...
En dis waarom sy al vir 15 jaar my lewe verfraai. Zet is die een wat deur die dokter gevra is om eerder ander (groener) weivelde te gaan soek want hy kan haar nie meer help nie. Sy is óók die een wat in die afgelope twee weke, twee verjaarsdagpartytjies vir haar 30ste gehad het. En seker gemaak het die dokter kyk my óók met sulke groot oë aan. (En ek het nié lig daarvan afgekom nie!)
Maar anders as vorige kere (soos 31 Oktober), het ek soos Danie Botha se song "as jy val, dan moet jy gou weer opstaan, uithou, aanhou, altyd voort gaan", opgestaan en voortgegaan. En vir die van julle wat jonger as 28 is, die liedjie se naam is Wenners wenners wenners en dit was BAIE groot hier in die laat-80's.
Dis regtig nou gramme voor ek deur die 2de klankgrens breek en dan weet julle dis oop neusgate al die pad wenpaal toe. Alhoewel die getalle op die skaal stadig minder word, voel ek al 'n drastiese verskil aan my lyf. En gister na my konsultasie met ons nuwe Idol se vrou, Chiréze, het sy my herhinner dat ek eintlik nie moét oefen tydens my verhouding met die dokter nie (Doctor's orders). En ek aan die anderkant oefen of my lewe (en my boude) daarvan afhang.
Dit voel werklik onwerklik dat ek weer iets soos 'n maagspier kan uitmaak en weer in my somersrokkies kan pas. Nou moet ek en die son (nie die koerant nie) ook net eers weer vriende maak sodat hierdie skugter velletjie bietjie kleur kan kry.
Julle kan met my verskil maar dit is nou maar een maal 'n baie bevredigende gevoel om soos 'n regte mamma met haar baba rond te loop, maar ook terselfdertyd goed te kan voel oor jouself en oor die harde werk wat uiteindelik vrugte (en vette) afwerp.
Ek kan aan my gesindheid hierdie week agterkom dat die vakansieluim besig is om stadig maar seker deur my are te begin sypel en kort voor lank gaan ek hierdie rekenaartjie toemaak en op die strand baljaar. 64 is tog nie só ver van 70 af nie of hoe het ek dit? Daar is verseker lig aan die einde van hiérdie tonnel...
Groete,
Ekke.
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Croissants van Bettysbaai"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 15
Vriendinne, ek skryf vir julle vandag vanuit die mooiste dorpie in die suide van Suid-Afrika: Bettysbaai.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Die oorlog is aan soos hy nog nooit was nie!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
"Dames en here, die oorlog is aan soos hy nog nooit vantevore aan was nie. Daar is gewere en kanonne, pyle en boë en soos hulle in Engels sou sê: "I'm pulling out the big guns now!" (Daar is mos so sê-ding, nê?)"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Feeskos, roosterkoeke, terte... ek't staande gebly!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Liewe vriendinne, kom ek begin sommer deur te sê dat indien hierdie die eerste keer is dat jy my Projek 64-blog lees, wil ek jou asseblief sommer net daar en dan in jou leesspore stuit.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 22
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: En daai dag het gekom...
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ek het julle gewaarsku daai dag gaan kom dat ek als oorboord gooi en my verlustig en vergryp aan elke verkeerde ding wat voorkom. En daai dag het gekom… Gister.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Op die rooi tapyt: Aletté-Johanni Winckler by Vonk-toekennings
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
"Die opwinding in die Winckler is huis is tasbaar, vandag kan daar weer vir 'n slag ge "dress" word en dit is net krultange en knippies, grimering en swierige klere waar jy kyk. Dis tyd vir die Vonk-toekennings"
















Kommentaar
Zanta het gesê:
Hierdie is uiters inspirerend en baie kreatief geskryf, wow ek het laat ingeskakel maar gaan dadelik als inhaal! Wel gedaan Alette!
23ste Nov. 2010, 21:50Marna het gesê:
Ek volg jou blog al vanaf die begin en ek is verbaas oor hoe maklik jy alles laat lyk. Ekself oorweeg dit om die Dr te ontmoet... vroeg in die nuwe jaar. Ek is amper hartseer om te sien dat jou doelpunt nou nader kom, want dan is jou blog seker ook klaar... en ek het al elke Donderdag spesiaal gesit en wag daarvoor! Sterkte met die laaste stappies en geniet dan daardie wel-verdiende vakansie saam met jou gesin en familie! Geseende kersfees en voorspoedige nuwe jaar! (Dalk bietjie vroeg, maar eerder vroeg as wat ek vergeet!)
19de Nov. 2010, 12:13Mel het gesê:
Alette ek volg nog die hele tyd jou vordering en wil net se ek dink jy is amazing om te doen wat jy al gedoen het. Waar kry jy al die selfbeheersing en die wilskrag?! Sjoe jys regtig 'n inspirasie!
19de Nov. 2010, 10:19Nadia het gesê:
Aletti jy lyk great - die Dr het weer gewerk!!!! Sterkte
19de Nov. 2010, 09:24Arlien Enslin het gesê:
Ek dink dit is genade om te kan "practice what you preach" en om dit dan nog in die publieke oog te doen, soveel te meer. Meeste van ons sukkel maar met die skaal dit is egter die wat volstoom moed hou wat die wenstreep bereik. Dit is wat ek UITHOUVERMOË noem!!!! Jy kan trots wees "girl". Die laaste bietjie gaan jy sommer NOG makliker verloor want van "quit" ken jy nie. Dit het ek sommer al gesien die eerste keer wat ons ontmoet het. Hoop dit laat jou bietjie beter voel om te weet jy is beslis nie alleen nie. My dogtertjie is 30 Junie gebore en ek en die dokter is ook nou al 3 weke beste maatjies en dit gaan voorwaar goed. Dankie vir die "blog" dit is nou volstoom na die einde vir jou!!! Sterkte,
19de Nov. 2010, 09:03Amore het gesê:
Wonderlik! Wonderlik! Wonderlik!
18de Nov. 2010, 22:18Rachelle het gesê:
Jy lyk baie goed! Well Done!!! Lian is pragtig :)
18de Nov. 2010, 18:24Gizelle Jonker het gesê:
Ek dink dit is wonderlik wat jy kon bereik het en dat jy deur druk! Dit is nie maklik om te dieet nie. Vra my! Ek het al vele kere probeer en ek sukkel vandag nog. Deur medikasie wat ek drink is dit nie 'n opsie op die oomblik nie omdat dit groot bydrae het tot die optel van gewig wat ek nou het.Ek wens ek kon 'n totale "make-over" wen of iets waar iemand my vir 'n maand of twee vat en my oefen en laat reg eet sodat ek in 'n roetine kan kom. As ek maar net 65 kon weeg sal ek die gelukkigste vrou op aarde wees. Ek haal my hoed af vir jou Alette en baie geluk met jou mylpaal wat om die draai is! "You can do it!"
18de Nov. 2010, 17:58Sophia het gesê:
Jy lyk wonderlik. Lian lyk so trots op sy pragtige Mamma. Lief jou skrywe.
18de Nov. 2010, 16:33Tootles het gesê:
Jy lyk goed hoor! As jy nie vir Lian vasgehou het nie sou ek gewonder het of hierdie foto nie voor jou swangerskap geneem is nie! Well done, dit wil gedoen word!
18de Nov. 2010, 15:46