Aletté-Johanni Winckler blog: En daai dag het gekom...
Ek het julle gewaarsku daai dag gaan kom dat ek als oorboord gooi en my verlustig en vergryp aan elke verkeerde ding wat voorkom. En daai dag het gekom… Gister.
Net duskant 12 kg het ek genoeg gehad. Genoeg van té min verloor. Genoeg van té min eet en genoeg van té veel uithou. Maar eintlik het ek die hele proses beplan. Dit was nie impulsief nie. Dit was nie emosioneel nie. Dit was goed deurdink en goed betrag en glo dit of julle wil of nie, ek is nie een oomblik spyt nie. Denell was saam met my terwyl ons manne gewerk het, en alhoewel sy seker amper 4 weke ná my met die dokter kennis gemaak het (nadat sy aan Kobus se gat geknibbel het), blaas sy hier in my nek met meer as 9 kg verlies. Ek wou haar nie saam met my onder toe vat nie, maar sy was in, deur dik en dun!
Aletté-Johanni Winckler se (steeds) vol lyf moes vir 'n slag lekker geskok word, en daar was eintlik geen beter dag as gister nie. Heinz en Petru (Denell se man) het net 'n SMS gekry wat lees: "As julle van die lughawe af kom, bring pizza en sjokolade!" Geen asseblief nie, geen subteks wat eintlik sê dat hy dit nié moet doen nie. Net dit. En hy het geweet die dag het gekom.
Ek dink eintlik my verstand was meer geskok as my lyf (alhoewel????) Daar was Luigi pizza (S), en Jak se Sally Williams Nougat, peperment EN gewone Aero, wit EN bruin Lindt-sjokolade en amper die lekkerste van dit als was my glasie(s) wyn!
Kyk, toe die reën toe nou ook nog losbars, was ek reguit in die hemel. Flip, na 9 weke dink ek dat ek maar EEN middag losbandig kon raak en my dokter se inhibisies buite los saam met die reën. Nie waar nie?
Vandag is Maandag én die 1ste November én daar is 'n besonderse reënboog om die son, so vandag is ek weer terug en getrou en ge-train. Ja, ja ek weet die 15de November was dalk "wishful thinking", maar ek gaan steeds probeer om te kyk wat ek kan vermag in 3 weke. En as dit eers aan die einde van November is, is dit ook goed, solank ek nie met hierdie ekstra bagasie met vakansie gaan nie sal ons petrolverbruik ook baie beter wees.
Daar is nog 8,6 kg oor, (wel na gister mag dit dalk 'n ander getalletjie wees, maar ek stel nie belang om uit te vind nie) en ek glo werklik na al die suiker en stysel is my lyf vandag weer ge-supercharge en reg om sommer vinnig-vinnig aan die gang te kom. (Ag asb. tog, sê my julle stem saam?)
Die een goeie ding is dat ek darem in my nommer 36-broeke pas! Uiteindelik, uit met die swangerskaprekke en welkom-terug-ritsluiters en knope. Gelukkig het ek na my aanvanklike gewigsverlies vóór Lian se verskyning 'n paar 36's gehou en het ek darem nou iets om aan te trek. Daai 34's lê egter met verlange na my en kyk in die laai, en ek moet hulle gereeld gerusstel: "Dit is nie meer (te) lank nie."
Maar as ENIGE iemand raad het oor hierdie swanger maag sal ek dit ontsaglik waardeer. Nie eers die Nazi (wat duidelik geen kinders van haar eie het nie) kan hierdie outjie wegkry nie... What's up with that? Ek vertrou dit gaan maar so saam met die kilos wegsmelt, maar iets hier binne my dink dit gaan meer vat as dit, HELP MY!!
Goed, vriendinne, ek wil ook graag bietjie hierdie week hoor hoe dit met julle gaan wat saam met my hierdie (laaaangggg) reis aangevat het. Komaan, ons is hier om mekaar te inspireer en te bemoedig, laat ons bietjie hoor wat in julle harte aangaan en of julle ook al 31 Oktobers gehad het!
Sterkte met die week, ek weet my kop is weer reg, ek weet net nie van die RES van my lyf nie...
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Croissants van Bettysbaai"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 15
Vriendinne, ek skryf vir julle vandag vanuit die mooiste dorpie in die suide van Suid-Afrika: Bettysbaai.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Die oorlog is aan soos hy nog nooit was nie!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
"Dames en here, die oorlog is aan soos hy nog nooit vantevore aan was nie. Daar is gewere en kanonne, pyle en boë en soos hulle in Engels sou sê: "I'm pulling out the big guns now!" (Daar is mos so sê-ding, nê?)"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Dis nou gramme voor ek deur die 2de klankgrens breek..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
My beste vriendin van die afgelope 15 jaar bel my gister: "Zet, (ons noem mekaar Zet) jy is op die cover van Lig!"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Ek kon al heelwat nader aan 64 kilogram gewees het..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 76
Ek het van die begin af oop-oë en (semi) toe mond in hierdie ding in geloop. Ek het verklaar ek gaan eerlik wees en al my sondes na die lig toe bring.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "My oomblik van waarheid"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en sanger Heinz se vrou, blog oor haar stryd om die ekstra kilogramme af te skud ná haar baba se geboorte. Klein Lian se koms was ’n draaipunt in 2010.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 22
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se Projek 64: Dít moet ek eet en só moet ek oefen
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 21
Aletté-Johanni Winckler, Heinz Winckler se vrou, het 'oorlog' verklaar teen die 20 kg wat sy tydens haar swangerskap opgetel het. Stap die pad saam met haar.
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 35
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?
-
Aletté-Johanni Winckler: "I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and...MOTIVATED!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 13
En nou, 'n week en 'n half later sit die Dokter steeds pens en pooitjies in ons huis en vra ons (met 'n smile) af: "So presies hoé verloor mens 20kg...? Eén kilogram op 'n slag..."
-
Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Lian Theo Winckler het om 7:25 vm op Sondag 23 Mei 2010 sy verskyning gemaak - 'n bielietjie van 'n volle 4,12 kg!
-
Op die rooi tapyt: Aletté-Johanni Winckler by Vonk-toekennings
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
"Die opwinding in die Winckler is huis is tasbaar, vandag kan daar weer vir 'n slag ge "dress" word en dit is net krultange en knippies, grimering en swierige klere waar jy kyk. Dis tyd vir die Vonk-toekennings"
-
Rooi tapyt-blogger Aletté-Johanni Winckler oor Heat Hot 100
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Aletté-Johanni Winckler hou jou van nou af op hoogte van alles wat op die rooi tapyt gebeur. Kry 'n eksklusiewe agter-die-skerms-kykie na al die glansgeleenthede in SA!



















Kommentaar
Nicolene het gesê:
Hi Alette. Ek weet nie of jy dit self sien nie maar jou stryd is regtig besig om te vorder. As jy net bietjie na jou "before" foto's kyk sal jy sien. Vir jou magie sal ek regtig 'n Pilates klassie twee keer 'n week aanbeveel. Niks werk beter as dit vir daai magie nie.
18de Nov. 2010, 09:26Lynette het gesê:
Aah! Dis lekker snaaks! Ek le nou juis op my bed en oorweeg of ek moet Adventure Boot Camp toe gaan, of moet ek maar net by die huis bly en wyn drink. Ek het meer na die wyn drink kant toe geleun, mar oor jy nou weer aktief in die ding is, moet ek seker ook mar my luiheid laat staan. En wat dit erger maak, is dat vandag fitness test dag is! So ons gaan suffer! So ek sal aan jou dink terwyl ek my 100 squats en lunges doen! If I survive
12de Nov. 2010, 17:10Marianne het gesê:
More Julle almal, Dit gaan nie altyd soos ons dit wil hê nie - maar ek het geleer Wees posetief, glo in God en glo ook in jouself. Ek het 'n gastehuis in Moreletapark (East View) en dit ry al jare lank wip-plank, op en af. Een maand is ek propvol en die volgende maand staan al die kamers oop. Dit is net soos julle sukkel net op 'n ander manier. Maar dit wat ek daaruit geleer is is soos 'n boek van die lewe. Enige iets is moontlik as jy net glo en daarna streef, en onthou daar is altyd ander mense wat slegter af as ek is, en dalk minder mooi is as ek, is en ook vetter is as ek is, en dalk nie 'n huis soos myne het nie. So ek is dankbaar. As julle die gaste sien wat soms inboek en dan die dokters by die Pretoria ooos Hospitaal gaan sien - julle dit is nie altyd mooi nie. Ek het geleer dat ons Pappa daar Bo gee wanneer dit reg is en nie wanneer ons dit wil nie. Aan elke persoon op die blog maak nie saak hoe klein die probleem is nie - jy is uniek God het net een van jou gemaak. Hy het ons almal lief net soos jy is - ons vroumense is die gom van alle gomme. Ons hou ons gesinne aanmekaar, ons verhoudings met ons ouers, broers en susters. Ons gom ons kinders se vriende aan mekaar vir ons kinder. Ons gom die huishouding styf vas, ons gom ons werkers om ons vas en so gaan ons aan. Doen wat jy dink is goed vir jou en weet al is jy 'n kilogram of 2 oorgewig, jy sal nog steeds uniek wees. Kyk na julle self maar kyk op na God. Lekker daggie vir almal
11de Nov. 2010, 08:45Annemarie het gesê:
Core oefeninge is wat nodig is -- na my 2de het ek weer my magie plat gehad met draf en core oefeninge. (en ek het ook 27kg opgetel met my 2de...~) dis moontlik -- hou moed!!!
6de Nov. 2010, 21:29Retha het gesê:
Na drie keisersnitte weet ek nie of dit moontlik is om van die swangerskapsboepie ontslae te raak nie!! Volgens my man wat by was in al drie gevalle, lyk dit of die gynie sy selfoon in 'n oorvol handsak soek en word jy geruk en gepluk tot wie weet waar. Hoeveel sit-ups sal genoeg wees? Oorweeg dit self om 'n draai by Die Dokter te maak en is besig om al my moed bymekaar te skraap. Sterkte, 12kg is nie te versmaai nie!
3de Nov. 2010, 00:25Yvette het gesê:
Nou weer: voorwaarts mars! Baby steps, one at a time. Jy KAN en SAL!!
2de Nov. 2010, 16:20Carli het gesê:
Ek glo natuurlik dat jy jou lyf meer skade doen as jy die cravings vir sjokolade en pizza en al daai lekker dinge ignoreer! Dis goed om soms in te gee, jy doen dit darem nie elke dag nie, so doen jou 'ge-crave'de' lyf 'n guns en laat bietjie gaan. Een dag op 'n slag. Dit vat al die wilskrag in die heelal om so gedissiplineerd te wees. So welgedaan met die 12kg! Dit kon minder gewees het, maar daaraan wil ons nie dink nie. Ek sukkel juis ook so om in 'n roetine van net min of meer gesond eet te kom. Dis 'n nagmerrie op die stadium! Sterkte.
2de Nov. 2010, 14:36Yolanda het gesê:
Natzi se you can do it!!!! Maybe nie weer cheat nie skatebol!! lol Hou jou chin op dit word al hoe moeiliker nou!
2de Nov. 2010, 11:19Viki het gesê:
Ai Alette - ek het ook op 31 Oktober by die wagon afgeval! Het so goed gedoen en toe is 'n familie lid oor die naweek in onverwagte omstandighede oorlede op Saterdag...Mense het na ons huis toe gekom met all sorts of amazing comfort food... En ek het ge-indulge tot op 'n punt dat ek eintlik siek geword het!! Maar ek's weer op die wagon... 1kg at a time. Let's do it! Sterkte!x
2de Nov. 2010, 11:15Karin het gesê:
Ek het darem 4 kilo's in 4 weke verloor = 'n druppel in die emmer! Ek het ook Donderdag so oomblik gehad. Was in Clicks, en terwyl ek my beurt afwag om te betaal, hoor ek hoe roep die chocolates my. Dat dit SULKE tyd was, het natuurlik ook nie gehelp om die versoeking te weerstaan nie. 'n Areo gekoop en tussen Clicks en Woolies opgevreet. Nou is ek weer ok vir 'n rukkie. PS Annique verkoop 'n 'Tummy Tuck' - ek het vandag vir my 'n voorraad gaan koop. Gaan dit try en laat weet dan of dit werk!
1ste Nov. 2010, 16:46