Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."

Deur Aletté-Johanni Winckler, SARIE September 2010

Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..." Foto’s: verskaf Galery

"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"

Stomgeslaan deur haar observasie verlaat ek die kombuis met my swart koppie koffie, stert tussen die bene... O, nee jammer daar's plek vir niks tussen hierdie bene!

Ek voel dis tyd dat ek dalk my stryd aan julle moet verduidelik. So vandag sit ek my siel op 'n skinkbord... Ek geniet al die kommentaar terdeë, positief en negatief en ek kan dink dat daar mense is wat dink ek is obsessief met my lyf en my gewig.

Wel, al moet ek dit nou self sê op hierdie stadium van die wedstryd word daar 'n groot deel van my energie op hierdie obsessie bestee. Maar vra vir enige nuwe of jong ma watse skok dit op die sisteem is om skielik 'n ma te wees en terselfdertyd nie jouself in die spieël te herken nie. Jy's oormoeg, oorwerk en oorgewig!

Ek was nog nooit in my lewe brandmaer nie, inteendeel ek was grootendeels altyd 'n 36. En as ek 'n paar kilo's opgetel het, het ek baie vinnig 'n plan gemaak om dit te verloor want ek het erg ongemaklik gevoel. En ek weet dit sit nie elkeen se broek om 'n 32 of 34 te wees nie. Iemand baie naby aan my is doodgelukkig met 'n 36 en selfs baie tevrede as 'n 38 lekker los aan haar sit. Elkeen moet uitvind waar hulle tevrede en gelukkig voel.

'n Paar maande voor my swangerskap was ek geinspireer deur Bertha Wahl (7de Laan se Emma) om die Dr Cohen-dieet te volg grootendeels met die gedagte om swanger te raak omdat dit eintlik begin het as 'n fertiliteitsdieët. Ek en Heinz het teen dié tyd al lank probeer het om 'n  broodjie in die oond te kry. 

Ironies genoeg is daar geen toelaatbare broodjies in oondjies met hierdie eetplan nie! Dit was moeilik vir omtrent die eerste week en daarna raak mens in die patroon en ek het binne 4 weke 10kg verloor! Ek het so goed gevoel, my selfvertroue was in volle swang en ek kon enige iets aantrek. My man kon my nie uitlos nie en needless to say was ek 3 maande later swanger! So, ek weet nie of DIT Dr Cohen se intensies was toe hy gereken het dat dit 'n fertiliteitsdieët was nie, maar dit het gewerk!

Julle ken nou al die storie van hoe ek toe nou massas kilo's opgetel het in die 12 maande en nou lê my pragtige voor-swangerskap klere vir my en loer terwyl die kwota klere wat ek wel kan dra daagliks meer onaantreklik raak. 

Wel, in 3 weke is dit my 4de huweliksherdenking (kan julle glo?) en op hierdie stadium wil ek omtrent nie eers in 'n sweetpak voor my Adonis verskyn nie praat nog van ietsie met kant. Hierdie gaan nie net oor my en my lyf nie. Dit gaan daaroor dat ek vir my man op my mooiste wil lyk. En ja, ja hy aanvaar my soos ek is (hy doen regtig) maar ek aanvaar my nie soos ek is nie. Want ek weet nou wat is my potensiaal en ek het nou geproe aan daai size 34-vrugte en ongelukkig proe enige iets groter nou baie bitter in my mond.

Ek weet baie mammas gaan nou appelleer en sê my kind kom eerste en glo my, as dit by tydsbesteding, aandag, soentjies en drukkies, doeke-omruil, kossies voorberei en ander baba-behoeftes kom, kom hy op die oog af eerste. Maar mag ek nóóit my huwelik agter weë laat ten gunste van my kind nie. Mag ek nooit myself verloor te midde van 'n familie nie... En daarom het ek besluit ek weier om te aanvaar dat dit nou maar net so is. Ek sit nou maar met die kilos, maar ek het darem 'n baba om daarvoor te wys?

Aikôna, nie hierdie mamma nie! Ek wil hot wees vir my man en gorgeous wees vir my seun en hope energie hê om ure saam met hulle albei in die tuin of op die strand te speel. Ek wil suksesvol wees in my beroep as 'n voorkomskonsultant (waar voorkoms nogals belangrik is?) en daarom wil ek beoefen wat ek preek! (Dit klink NET nie dieselfde in Afrikaans nie). En juis daarom (ja, daar's nog baie ander redes) was eergister MAANDAG.

Omdat Lian refluks het moes ons baie moeite doen met bottels en gel om sy kossies dikker te maak en hy was al hoe minder en minder aan mamma se bors. En nou amper 4 maande later drink hy net so een keer per dag aan my en dit lyk ook of hierdie fonteintjie ook nou besig is om op te droog. Vir my as mamma is dit ongelooflik hartseer om te dink ek gaan nie meer my kind borsvoed nie en as ek net daaraan dink kry ek 'n knop in my keel. Alhoewel dit die grootste voorreg was om dit te kon doen, het die tyd nou aangebreek vir hierdie mamma om weer bietjie 'n sexy bra aan te trek. En juis daarom is Dr Cohen net gister weer terug in my huis verwelkom. Dus is die kos-skaaltjie uitgeruk, die groente is in massas vooraf gekook en vir die eerste keer in 'n baie lang tyd dink ek oor wat ek in my mond druk.

My maag sit en grom soos ek hier vir julle tik want hy moet net gou eers weer gewoond raak aan baie kleiner porsies want soos my bediende tereg sê: " You love food too much!"

Volgende week vertel ek julle weer van die Nazi en wat die vetmetertjie gesê het...

Liefde

Ekke

PS: Hierdie week se foto word geplaas vir inspirasie...

Verwante artikels

Kommentaar

  • Kan enigeiemand my dalk help. ek is opsoek na die O positeief bloedgroep dieet en wetie waar om dit te kry nie. Het sopas 'n baba gehad en niks anders wil werk nie. indien iemand dit dalk het kan julle dit asb vir my aanstuur emamathee@yahoo.com Baie Dankie

    24ste Feb. 2012, 21:01
  • You got great points there, that's why I always love checking out your blog. My blog: Regroupement de credit puis rachat de credit meilleur taux

    4de Mei. 2011, 23:02
  • Kan iemand asb. vir my Dr C se dieët aanstuur? Het regtig nie geld om dit te doen nie. Baie dankie. sonja@telkomsa.net

    26ste Nov. 2010, 14:54
  • Byt vas - het 23 kg verloor vanaf mid-Jan tot einde Mei. Geheim met Dr C is dat jy nie moet kroek nie - elke kroek sit jou 'n week of twee terug wat nie die moeite werd is nie! Ook belangrik om voluit uit te hou tot na die "re-feeding". Ek hou nog my eind-gewig, kry net komplimente en het nog nooit so goed oor myself gevoel nie. Ek wil nooit weer die "vet" onaantreklike klere dra nie. Het geen newe effekte nie. Moet ook elke dan en wan myself op die vingers tik, want deel van die dieetplan is om jouself te leer om reg te eet en daarby te hou .... en ek is 61 (oor 'n maand), maar elke so nou en dan gun ek myself 'n goeie uithaak. Wag egter met uithaak en kroek tot jy jou doelbereik het. Net die feit dat ek mooi klere kan aantrek en nie meer voortstoom in dieselfde broek en top (want niks anders wou meer pas nie), hou my op koers.

    29ste Okt. 2010, 23:09
  • DR Cohen: www.1stepersonaldiet.com daarop kan jy onder Suid Afrika gaan kyk en dan provinsies. Excellent dieet, voel duisend maal beter na ek dit gevolg het en 20kg afgeskud het. Geen newe effekte vir my nie.

    15de Sep. 2010, 09:46
  • MOOI ZZZZZZZZZ

    14de Sep. 2010, 11:32
  • Hi! Jy is so opreg en eerlik. Baie dankie daarvoor. Ons wat sukkel om weer in daardie klein nommers in te kom het simpatie en empatie met jou. Ek was een van daardie mammas wat gese het, As die kinders uit my hande is gaan ek weer my 32 dra. Ja ek het n 32 gedra. Maar na ek weer mooi daaraan gedink het. Is my doel om n 36 te dra. (Vir eers) Sal as ek daar uit gekom het, weer n doel stel. Ek dra n nommer 40 op die stadium. Ek sukkel my vrek om gewig te verloor. Waar kan ek die dieet kry wat jy volg. Ek is rerig desperaat. Wil nie so lyk nie. Ek verjaar in oktober en wil graag net al teen daardie tyd een nommer kleiner dra. Of twee sal awesome wees. Jy is voorwaar vir my n inspirasie. En ek geniet jou blog!!! dit gee my moed. Sterkte Groete Liana Vorster

    13de Sep. 2010, 13:53
  • Aaaahhh, hierdie onderwerp is so na aan my gewese galblaas (hart)! Februarie 1998 het ek op Dr Rami Cohen se dieet gegaan en in 4 weke het ek 12 kg afgeskud en in die volgende 4 weke nog 3kg! En toe 4 weke later my hele galblaas en helfde my lewer ook afgeskud! Dis was nie maklik nie. Erg pynvol! Eers hongerpyne (waardeur ek kon druk weens my deursettings vermoe en vasberadenheid!) Ek was in ekstase oor die oorsponklike gewigsverlies! Dit was volgens my eintlik verbasend maklik. Maar die latere pyn en mediese onkostes (en impak op my lewe) was dit in "hind sight" nie eintlik die moeite werd nie. Ek kan verstaan hoekom hy deesdae so baie in die media is en dat soveel mense nog na sy dieet vra! Vir my is dit eintlik baie hartseer dat soveel 'bekende' mense sy dieet verkondig. Mens eet regtig min op sy dieet (wat soos in my geval NIE goed is vir jou gesondheid nie). Einde April 1998 is ek inderdaad hospitaal toe gehaas nadat ek in soveel pyn was dat ek gevoel het ek dood gaan (REGTIG!) Die dokter het vasgestel dat ek galstene het ... wat heel moontlik veroorsaak was deur TE VINNIGE gewigsverlies! My galblaas het basies "gevrot" en aan my lewer vasgegroei. Na 'n noodoperasie moes hulle my galblaas en helfde van my lewer verwyder. Needless to say - ek het die volle 15 kg oor tyd weer opgetel. Ek't toe maar gaan sit ek dink wat ek moet doen om PERMANENT my gewig te verloor ... soos ALMAL weet - VERANDER jou lewenstyl PERMANENT! Eet BETER (nie noodwendig minder nie!) en doen meer. Dan oor die LANGduur lyk jy beter. Gaan soek bietjie op die internet hoeveel mense galblaas probleme opgedoen het NA Dr Cohen se dieet .... dink dan twee keer voor julle besluit. Wees ingelig en versigtig. Sonder 'n galblaas bou jou liggaam suur op, wat 'n impak het op jou 'joints' ... vinnige gewigsverlies is nie die moeite werd vir die risiko om met artritis later te sukkel nie. Ek was toe van mening dat net omdat 'n mediese dokter die dieet voorskryf dat dit nie sleg kan wees nie. My "dieet" is nou gebasseer op die "kos-piramiede" ... julle weet - daai plakkaat wat iewers op een of ander skooljuffrou se muur gehang het? Ek eet BAIE kos en het aanvanklik omtrent 1kg 'n week verloor (soms bietjie minder en soms bietjie meer). Sodra mens meer wil verloor, dan vermy mens net die lekkernye en al die "minder goeie" vleis, koolhidrate, groentes. Maar ek is gesond! VOL energie! Love life! As ek weer kon teruggaan na 1998 sal ek VEEL eerder 'n "sustainable" dieet gekies het as iets wat wondere in die kort termyn vir jou doen! Sterkte met wat julle ookal besluit. Daar is soveel suksesvolle profesionele plekke daar buite wat mens help om gewig te verloor ... kies eerder een wat gebasseer is op 'n gesonde en "sustainable" lewenstyl(verandering).

    10de Sep. 2010, 08:28
  • Hi naamgenoot! Jy moet tog nie te hard op jouself wees nie jong...die Mamma tyd met 'n klein baba is kort al voel dit nou soos 'n ewigheid...Na my derde babatjie het ek net besef my lyf het 'n ritme. En ja, ek dink die ritme is 'n bietjie stadiger as wat ek dit verkies, maar "eventually" herken ek myself weer...Al wil ek party foto's ver weg in die kas bere weet ek dit was my tyd, my baba tyd. Geniet elke seisoen..liefde..'n dans juffrou

    9de Sep. 2010, 21:39
  • ek het ook geborsvoed (probeer vir tien maande toe droog ek ook op), en ja dit is seker een van die hartseerste gevoelens om nie meer te borsvoed nie, Ek is toe oor na Cohen, gewerk soos 'n bom, maar my konsultant het my gewaarsku om nie oefeninge te doen met die dieet nie, die bietjie wat jy eet is genoeg om jou aan die gang te hou. Sterkte met cohen en hou maar uit. moenie kroek nie, jy ken die snow ball effect.......

    9de Sep. 2010, 15:42
  • Kan ons GROOT seblief die regte besonderhede kry vir Dr Cohen se dieet? Julle sal nie glo hoeveel web bladsye daar is vir die dieet nie! HELP!

    9de Sep. 2010, 11:36
  • Ek wil ook iets doen aan myself ek moet 10kilos verloor was so maer met my trou 'n jaar terug maar getroude lewe het dit terug gebring!!!!As ek jou artikel lees en die kommentaar dan inspireer dit my en dan gaan ek sommer vandag nog begin!!!!

    9de Sep. 2010, 10:33
  • Ja nee, ek het ook na baba no. 2 begin met Dr Cohen's dit werk soos 'n bom. As 'n mens net eers in die ding kom dan gaan dit goed. Whoaa vir Desember en die size 34 wit linne broek wat in my kas by die maer klere le en loer. My man se vriende dink ek is half grieks omdat ons alles vier met kos, verjaarsdae, nuwe werk, terug van vakansie ete, famielie ete. Susters ons moet maar sterk staan. Sterkte vir almal en dankie AJ dis lekker om jou blogs te lees.

    9de Sep. 2010, 10:11
  • Genade jy vat die gedagtes so uit my kop en sit dit in woorde op papier. Hierdie skatjie sit nog mooi in my maag maar soos die kilos Elke week meer raak en die maag elke week groter raak, wonder ek, hoe gaan ek dit weer alles afskud! Jy inspireer my en JA ons het die verantwoordelikheid om sexy te wees vir ons Hero's en ons kinders verdien al ons energie, so you go! I'm right behind u and kan nie wag om eendag Daai dokter in my huis te nooi nie! Hoera vir sexy mamma's!!!!

    9de Sep. 2010, 08:05
  • Ek admireer jou omdat jy so gou weer op die Dr Cohen gaan, ek het ook voorheen probeer maar na 7 kg verloor is was dit net te moeilik want kuier en diet is nie 'n goeie plan nie. Dit is absoluut waar dat elke mens die gewig moet vind wat vir hom werk. Ek het ook besluit om my gewig drasties af te probeer skud maar ek probeer nou maar om te oefen en net meer bewus te wees oor wat ek eet. Dit sal seker nie so vinnig werk nie maar ek hoop dit bly af en help. Dis net die slaaie raak met tyd bietjie moeilik. Ek dink mens moet jou mind reg he om so streng te dieet. Sterkte en alle sukses, ek hoop jy verloor gou jou gewig, wees net versigtig vir nog 'n broodjie in die oond...lol

    8ste Sep. 2010, 19:36
  • Ek sou ook graag daai nr 34 vrugte wou proe, maar ek is ook 'n nr36 meisie. Dis nou as ek my 12 ekstra baba kilogramme afgeskud het. Ek het innige simpatie met jou!

    8ste Sep. 2010, 19:21
  • sussa jy skryf lekker.... liefde C**

    8ste Sep. 2010, 16:24
  • Alette jy is voorwaar 'n inspirasie vir my terwyl ek nou jou blog gesit en lees het, het ek skaam gekry oor my eie gewig ek pas tans in 'n 38 broek in en is hoogs onttevrede met my gewig en terloops 38 is die grootste broek wat ek al ooit in my kas gehad het en hoop en bid dat ek binnekort in daardie nommer 10 rompie sal inpas te danke aan jou blog op Sarie maar het nog nie genoeg motivering gehad om dit te behaal nie. Baie dankie vir die blog ek gaan sommer more wegval met die bloedgroep dieet. Groete K

    8ste Sep. 2010, 16:01
  • Hi daar Aletté-Johanni Ek is baie beindruk met jou deursettings vermoë.Ek salueer jou want ek het dieselfde beginsels oor my voorkoms.Is reeds 46 jaar oud maar glo daaraan om altyd na jou gewig te kyk en sexy vir jou man te lyk. As daar net nog jongmense is wat daaraan wil glo, vandag se jeug gee net nie om hoe hulle lyk nie. Is daar `n moontlikheid dat ons ook Dr Cohen se dieet in die hande kan kry, want die winter het maar sy tol geeis. Sterkte verder ek hou duimvas vir goeie vordering.

    8ste Sep. 2010, 15:07
  • Dis baie oulik, Yvonne is reg oor die YOU LOVE FOOD TO MUCH, maar dis nie te se dat dit ongesonde kossies is nie. xxxxx Mis jou

    8ste Sep. 2010, 13:24
  • Welgedaan! En voorspoed! Ons wil jou in 'n bikini sien in Desember. (Jy beter maar vir my ook bid - probeer hard om te oefen vir die vetjies.)

    8ste Sep. 2010, 12:02
  • sjoe jy gee my weer nuwe hoop ek hetmy 2 sondae terug geweeg en in trane daar uitgestap want ek kon nie glo ek het so ongelooflik dik geraak vandat ek 1jaar en 6maande terug getroud is nie maar laasweek en sondag het ek my voet neergesit en gese ek gaan ook weet in my no 32-33 broeke pas wat ek altyd in gepas het en ook wat ek altyd ddar agter in die kas gebere het :-) wel ek is vandag amper trots om te sê ek het 3.8kg verloor ek voel bietjie beter oor myself en my man se ek lyk wonderlik maar da is nog baie baie harde werk wat voorle ek moet nog 13.5kg verloor SAAM GAAN EK EN JY MAER WORD EK HOU VIR JOU DUIM VAS STRONGS

    8ste Sep. 2010, 11:32