Aletté-Johanni Winckler: "I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and...MOTIVATED!"
Foto’s: verskaf Galery
En nou, 'n week en 'n half later sit die Dokter steeds pens en pooitjies in ons huis en vra ons (met 'n smile) af: "So presies hoé verloor mens 20kg...? Eén kilogram op 'n slag..."
Na net viér dae op die dieët was 3.3kg skoonveld en het ek soos 'n fighter pilot deur die klankgrens breek, deur die 80's grensdraad gebreek (uiteindelik!). Ja, ek wéét dis seker nie die gesondste manier nie, maar dis uitstekende motivering en die wetenskap daar agter is 'n gewigtige saak vir 'n ander dag.
Vrydagoggend was dit súlke tyd en die Nazi het my by haar kantoortjie in geboender. "Klim op die skaal!" "Maar ek het my vanoggend geweeg nadat ek 'n draai gaan stap het, sonder 'n draad klere aan en met nie eens 'n rêkkie in my hare nie en glo my, die uitslag is...X" (Gelukkig vir my, aanvaar sy my woord) "Goed, staan so, lig op jou hemp, trek op jou broekspyp..." En sy knyp-knyp-knyp met daai metertjie en vroetel en vat kompleet aan my rolle asof ek 'n os ter slagte is. "33, en dit was laas 38. 24 en dit was 27... 12 en laaskeer was dit 15."
Na die afmetings opskuddings veroorsaak het, is die resultate verwerk - kompleet soos deur 'n onafhanklike ouditeur van P.W.C. vir 'n Mej Suid-Afrika-kompetisie: Hoera! Ek het 5% vetpersentasie verloor! Blykbaar is dit na 12 sessies by die Nazi nie te versmaai nie en ek dog sy gee my die res van die sessie af as beloning. Maar Dog het baie dinge gedoen...(soos baie gevreet tydens swangerskap en geDOG als gaan verlore gaan met borsvoeding.)
Na 'n G.I. Jane hindernis baan in die (gevreesde) studio, is ek bloedrooi en doodhonger maar méér gedetermineerd, huis toe.
Ek en Heinz het laas Vrydagaand in Bloemfontein opgetree en moet vandag in Kuruman wees en het net daar en dan besluit ons om sommer die week by oupa en ouma de Klerk te kom kuier in Kimberley. En wat beteken dit? Die Dokter se tassie word ingepak en hy moet al die pad saam met ons reis. So, daar staan ek in OFM se studio-kombuis met my blomkool en hoendertjie terwyl Heinz sy heerlike hamburger hap.
Dinsdagoggend kom ek in my ma se kombuis met Lian op my arm. My ma se bediende, Rose, se aandag is dadelik op my seun en sy gaan aan en aan oor hoe mooi, groot en sterk hy is. Sy sien my skielik agter hom raak (ek weet nie wat het haar so lank gevat nie) en ek haal aan: (in haar tipiese Noord-Kaapse aksent) "Jimmel sus, maar djy't opgetel?" Nou wonder ek wat sy sou sê as ek en die Dokter nie versoen het nie?
Ek reageer nie eers meer daarop nie, maar wonder wat is dit met hierdie ander nasies wat so kinderlik eerlik is en geen asem op diplomasie wil mors nie? Die Afrikaners aan die ander kant, volg 'n tipiese Hitler- paai-beleid en wil net nooit iemand se gevoelens seer maak nie: "Nee man, jy lyk pragtig" maar hulle kan jou nie in die oë kyk terwyl hulle met jou praat nie. Ek gaan werklik met ander oë na die Waarheids- en Versoeningskommissie begin kyk...
Maar my susters, dis nou al amper 2 weke en ek en die Dokter is nog boesem vriende. Ek sê nie ons baklei nooit nie. O, jinnetjie tog! Daar is tye dat ek baie dikbek en dikvellig my skaaltjie moet uitruk terwyl die mans in die huis die bure se lemon meringue-tert bespring. (Ek het my ma aan die Dokter voorgestel, en sy is verlief). Ek het my nog nie weer geweeg nie want ek wag tot ek weer in my eie badkamer kan staan, en dit maak die opwinding om by die huis te kom net groter.
Projek 64 is weer op dreef en as ek weer vir julle skryf gaan ek nóg nader daaraan wees. Desember vakansie, hier kom ons! (En DAN los ek die Dokter by die huis!)
Vir meer inligting oor Dr Cohen se plan besoek gerus www.1stpersonaldiet.com
Baie liefies,
'n Ligter ek.
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Croissants van Bettysbaai"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 15
Vriendinne, ek skryf vir julle vandag vanuit die mooiste dorpie in die suide van Suid-Afrika: Bettysbaai.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Feeskos, roosterkoeke, terte... ek't staande gebly!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Liewe vriendinne, kom ek begin sommer deur te sê dat indien hierdie die eerste keer is dat jy my Projek 64-blog lees, wil ek jou asseblief sommer net daar en dan in jou leesspore stuit.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 22
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: En daai dag het gekom...
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ek het julle gewaarsku daai dag gaan kom dat ek als oorboord gooi en my verlustig en vergryp aan elke verkeerde ding wat voorkom. En daai dag het gekom… Gister.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se blog: "Saam met die lente kom nuwe dissipline."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
“Dis heerlike lente die winter’s verby. Alles wat grys was het kleur begin kry. En dis amper so beautiful, amper so beautiful soos jy.”
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 35
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Lian Theo Winckler het om 7:25 vm op Sondag 23 Mei 2010 sy verskyning gemaak - 'n bielietjie van 'n volle 4,12 kg!
















Kommentaar
Louise het gesê:
Alette, ek het vandag eers jou blog begin lees aangesien ek ook in dieselfde boot is. Al verskil tussen my en jou is dat jou seun nog klein is en my seun (Luan) al amper 2 is!!! Ek het n maand gelede begin gym en volg ook n eetplan maar dit gaan maar moeilik!! Dit is lekker om te weet dat selfs die "bekendes" sukkel met die rolletjies!! Gaan daarvan n punt maak om jou "stryd" te volg sodat ek hopelik ook so gemotiveerd sal bly!!! PS: Borsvoed het my ook net mooi nerens gebring nie!!
28ste Okt. 2010, 08:42Anneke het gesê:
Stem saam met Christy, dit is immers waaroor die blog gaan. Dis wonderlik om iemand te he wat so openlik kan praat oor gewig. Meeste nuwe ma's is te trots om te erken hulle sukkel ook deur die "stryd". Alette, as voedingskundige, wil ek vir jou se, jy's op die regte pad. Jy is nie op 'n dieet nie, dis 'n gesonde eetplan. Dieet is(aka angelina in huisgenoot)'n piesang en handvol muesli 'n dag. Versigtig om te veel carbs uit te sluit, jy't energie nodig daarvan om vir Hitler makliker aan te durf. Dalk net 'n aartappel per dag of so. O, ja as reel, behoort jy 1% van jou gewig per week te verloor om seker te maak dit bly af. Baie Sterkte!!!
28ste Sep. 2010, 20:15C-A het gesê:
Is die "DR" die dieet of Dr Cowen? Ek het al jou stukke gelees, weet nie of ek dalk iewers een gemis het nie, die dat ek vra dat hul vir mens 'n link kan stuur as jou nuutste blog uitkom?
28ste Sep. 2010, 16:27Christie-Anne Wolmarans het gesê:
Hi, kan mens iewers join om jou blog te kry wanneer dit uitkop en 'n message na jou email of so iets? Ek soek my die hele tyd dood na jou nuutste blog...sterkte met aardklop! Ons gaan juis Vrydag en Saterdag!
28ste Sep. 2010, 16:17Annamarie het gesê:
Ek stem saam met Christy en ek laat my nie vertel Liezl het nog nooit 'n probleem met haar gewig gehad nie. Alette, "you go girl", jy inspireer baie vrouens en mans daar buite. Ek "love" jou blog en jy laat my lag.
28ste Sep. 2010, 13:56Rene het gesê:
Ek 'love' jou blog, Alette!! Jy skryf so lekker op die vrou af. Ek kan nie help om te lag vir die lekker sê-goed waarmee jy uitkom nie. Ek sien altyd baie uit na jou volgende inskrywing. Jy is vir ons almal wat met die vetjies 'fight' 'n inspirasie. En ek is darem self nou aan die gang om so paar onnodige kilogramme af te skud ... reg vir Desember! Hou so vol, en baie geluk met jou goeie vordering.
28ste Sep. 2010, 13:12Helena het gesê:
Alette - jy het die wonderlikste humorsin! Ek wens jou alle voorspoed toe vir die stryd teen die skaal voorentoe! Die blog is 'n uitstekende idee!
28ste Sep. 2010, 09:24Camille het gesê:
ander nasies??? tipies....
23ste Sep. 2010, 13:19Christy het gesê:
Liezl, dit is waaroor projek 64 gaan- as jy n probleem het daarmee moet dit dan nie lees nie! Ek dink Alette omhels haar kind en man en ook gesondheid, maar daar is niks fout met n bietjie inspirasie vir ander deur hierdie projek nie!
21ste Sep. 2010, 11:32Natascha het gesê:
Baie geluk Alette!
21ste Sep. 2010, 10:03Liezl het gesê:
Kan jy asb. oor jou baba gesels en die vreugde van VROU wees. Die gewig gewig gewig maak ons almal moeg hier buite. Dis al waaroor celebs altyd praat.....ai tog die Here het jou 'n man en kind gegee en jy is 'n gesonde VROU so omhels dit tog!
21ste Sep. 2010, 09:32Anne-Marie het gesê:
Alette, jy is werklik net 'n inspirasie! Ek hoop werklik SARIE doen 'n HELE SHOOT met jou na die tyd sodat ons kan sien hoe Projek 64 uitgedraai het! Dalk moet jy sommer die betrokke maand se modes vertoon (jy het mos al modelwerk gedoen?) Kan werklik nie wag om te sien hoe jy oor die wenpaal gaan nie. Hierdie blog is 'n wonderlike idee en dis sommer soos 'n vars briesie om te weet julle celebrities sukkel ook soos ons. Jys wonderlik!
20ste Sep. 2010, 21:38Sonel het gesê:
Het jy iemand gan sien oor die dieet of het jy net die boek gekoop?
17de Sep. 2010, 14:13