Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
Verlede Vrydag het in al sy glorie aangebreek en ek was banger as bang om my voete deur die deure van daardie gimnasium te sit. Daar wag sy vir my in haar Adidas geborgde pakkie kompleet met clipboard in die een hand en stop horlosie in die ander. Ons begin met 10-minute op die treadmill (of dread-mill)l. Die geheim is (bykbaar) verskillende intervalle. Met ander woorde 1 minuut op vlak 3 en dan 2 minute op vlak 7 en dan weer 2 minute op vlak 4 en naand is ek so deurmekaar ek voel soos 'n perd en iemand trek een oomblik die teuels in en die volgende oomblik skop hulle my in die heupe om te laat waai.
Volgens die masjien was dit NET 10 minute, maar volgens my asemhaling en hardklop het ek die Comrades gedoen! Die volgende bevel word deurgegee: "Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!) Die taak is soos volg: Ek moet vir 30 sekondes op my maag lê met my arms en bene in die lug (soos 'n bootjie) en my maag styftrek. Daarna moet ek vir 30 minute die befaamde push-ups doen en DAARNA vir 30 sekondes so belaglike uit-die-blokke-wegspring oefening uitvoer en terwyl ek so bokspring is ek bly ek het daai borspompie gebruik voor ek by die huis gery het...
Na dit kon ek nie veel onthou nie. Manlief was die hele naweek weg en ek en Lian moes op alle vlakke bond. Elke spier in my lyf het uitgeskree presies HOE baie hulle my haat en ek was veral bewus daarvan as ek langs die bababad hurk en net soos GLAD nie kan opkom nie! Maar, ek het my besluit geneem en ek gaan daarby bly!
Dit was ook die eerste naweek in 'n baie lang tyd dat ek nié die spens aangeval het en met elke moontlike koekerige, sjokeladerige, chips-erige verskynsel kennis gemaak het nie. Al moet ek dit nou self sê ek dink ek eet steeds baie, maar ek eet net meer gesond. Groot was my verbasing toe ek Dinsdagoggend op die skaal klim en 3.3kg het sy tassies gepak en gewaai. (Dis wel 'n mirkroskopiese verskil op die groot skaal en mens kan dit nie met die blote oog sien nie.)
Nou moet ek BAIE eerlik wees en my sondes na die lig bring. Met die geboorte van my baba was ek 'n week later 12 van die 28kg ligter. Maw as my (juffrou Bull) wiskunde my nie in die steek laat nie sou ek net 16 oorgehad het en met die 3.3kg aan die negatiewe (POSITIEWE) kant van die skaal het ons met 'n skamele 12.7kg gesit. Maar NEE! Ek het toe mos ERENS gehoor dat sjampanje BAIE goed is vir borsmelk en die salige gevoel wat dit my aan die einde van 'n rowwe baba-dag gegee het was nie te versmaai nie. (Let wel rowwe dag nie rowwe baba nie). En SIEDAAR daar's ek 4 kg swaerder as vroeër, dié dat ek die 20 moes aanvat om by 64 uit te kom. Gelukkig het die hele Suid-Afrika nie by juffrou Bull wiskunde gehad nie...anders sou julle almal kon uitfigure hoeveel ek tans weeg...
My tweede sessie met die nazi was eerlikwaar makliker, alhoewel steeds buitensporig ongemaklik vir hierdie lyf. Ons is egter daardeur en ek hou my kop omhoog. Gistermiddag het ek vir my 'n paar oordentelike large en extra large gym uitrustings aangeskaf dat ek darem my medemens in die oë kan kyk in die oggende. Ek kon nie meer myself in daai small lycra outjies in forseer nie.
Kan julle glo dat my dissipelskap groepie gisteraand (wragtig) met cupcakes by my huis aankom. (Jammer vir die Engels maar koppiekoekies klink net nie dieselfde nie) .Terwyl ons bid maak die duiwel my een oog so oop en ek sien Woolworths het weer sy BESTE gebak aan my vriendin verkoop. Ek trap egter op sy kop en verlustig my aan die koppie koffie met vanilje versoeter in. Ek teug so aan daai koppie mens sal sweer dis die laaste koppie koffie in die geskiedenis van ons tyd.
Vandag was dit sessie nommer 3... Ek sal môre vir julle kan sê hoe dit gegaan het...
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Croissants van Bettysbaai"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 15
Vriendinne, ek skryf vir julle vandag vanuit die mooiste dorpie in die suide van Suid-Afrika: Bettysbaai.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Dis nou gramme voor ek deur die 2de klankgrens breek..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
My beste vriendin van die afgelope 15 jaar bel my gister: "Zet, (ons noem mekaar Zet) jy is op die cover van Lig!"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Feeskos, roosterkoeke, terte... ek't staande gebly!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Liewe vriendinne, kom ek begin sommer deur te sê dat indien hierdie die eerste keer is dat jy my Projek 64-blog lees, wil ek jou asseblief sommer net daar en dan in jou leesspore stuit.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 22
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: En daai dag het gekom...
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ek het julle gewaarsku daai dag gaan kom dat ek als oorboord gooi en my verlustig en vergryp aan elke verkeerde ding wat voorkom. En daai dag het gekom… Gister.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se blog: "Saam met die lente kom nuwe dissipline."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
“Dis heerlike lente die winter’s verby. Alles wat grys was het kleur begin kry. En dis amper so beautiful, amper so beautiful soos jy.”
-
Aletté-Johanni Winckler se Projek 64: Dít moet ek eet en só moet ek oefen
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 21
Aletté-Johanni Winckler, Heinz Winckler se vrou, het 'oorlog' verklaar teen die 20 kg wat sy tydens haar swangerskap opgetel het. Stap die pad saam met haar.
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 35
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Aletté-Johanni Winckler: "I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and...MOTIVATED!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 13
En nou, 'n week en 'n half later sit die Dokter steeds pens en pooitjies in ons huis en vra ons (met 'n smile) af: "So presies hoé verloor mens 20kg...? Eén kilogram op 'n slag..."
-
Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Lian Theo Winckler het om 7:25 vm op Sondag 23 Mei 2010 sy verskyning gemaak - 'n bielietjie van 'n volle 4,12 kg!
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-gemmerkaaskoek
SARIE - Augustus 2009
Natuurlik kan 'n mens nie vergeet van nagereg nie! Die aarbei en gemmer is 'n interessante kombinasie, maar dit is vingerlek-lekker!
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-spinasieslaai
SARIE - Augustus 2009
Volgens dié twee is die sous heerlik. Dit word voor die tyd verkoel sodat al die geure kan meng
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se hoenderdye
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 2
Nie 'n gewone hoendergereg nie! Dit word ekstra-spesiaal gemaak deur die bokmelkkaas-vulsel. Heerlik...


















Kommentaar
Poker Ohne Einzahlung het gesê:
Hallo , lesen jetzt dieses web work hier und Liebe genießen Sie Beitrag mit großes Wissen! Good Work , Good Night und auch frohe Weihnachten und einen guten Rutsch ins neue Jahr 2011! Sorry bad Deutsch!
29ste Des. 2010, 18:29Christie-Anne het gesê:
Hoe weet mens wanneer die nuutste bloggie van jou uitkom?
16de Sep. 2010, 12:53Carla het gesê:
halo Alette. ek voel saam jou,eks swanger met no3 en het 4 wekies oor-wat eerder soos 4 jaar vir my voel.ek het so 2 maande terug begin swem.dit doen defintief niks aan die figuur nie ,maar wel aan my gemoed,en natuurlik die poffertjies wat gewone mense voete noem. ek het klaar n joernaal aangeskaf waarin ek myself motiveer en regkry vir oktober maand.ek sal defintief ook 20kg moet verloor en wil huil as ek daaraan dink!ek weet als wat ek moet doen,maar waar die grootste toets kom is daai konstante dieet en honger wat jou weer in n no 10 gaan laat inglip.my 10 e wag bo in die kas. baie sterkte.ek sal elke wekie inloer vir inspirasie en hoop.my troos vir vandag is-ek is nie alleen in hierdie bobeen sindroom en vol maan gesig epidemie nie
30ste Aug. 2010, 16:53Lindi het gesê:
Wat maak jy met Lian terwyl jy gym toe gaan? My seuntjie is 6 maande oud en ek moet nou self begin om daai 20 extra kilo's te verloor. Ek kan nie die geboorte vir ewig gebruik as 'n verskoning nie.
24ste Aug. 2010, 09:48Annelize het gesê:
Alette,geniet jou blog so! Jong, het jou op Top Billing gesien, en ek moet sê jy het pragtig gelyk. Jy lyk altyd pragtig en jy is 'n sprankelend persoon. Hou moed, jy kan dit doen. Baie seën vir jou en jou klein mensie.
16de Aug. 2010, 14:02Marli het gesê:
Alette-Johanni, Mentor, Mamma & DramaQueen! Jy het ons mos reeds in die verlede gewys hoe jy dit doen, so ek sal nie verbaas wees as jy binne die volgende paar weke weereens die mooiste vrou (fisies, want innerlik is jy 'Legend')in die land is nie! You GO Girl! Dissipel Nommer 7 :-)
11de Aug. 2010, 22:36Marlese het gesê:
Alette, jou blog is briljant! Ek wens so Sarie stel jou aan dat jy maandeliks n blog het in hulle tydskrif! Het jou rubrieke in die Rooi Rose net so geniet toe julle gereis het, maar Sarie is nou maar net die BESTE! SO GOEIE KEUSE om vir hulle te skryf! Jou humor is uit die boonste rakke en jou skryfstyl so uniek en natuurlik. Ek geniet al jou storietjies en moet nie bekommer nie jy is gorgeous jy gaan so vinnig weer terugkom in jou lyf in. Jy en Heinz is besonderse rolmodelle en nou is dit ook so lekker om te sien hoe julle ouerskap aanvat. Wens ons kan MEER van julle te sien kry. Sterkte met die week se uitdagings, weet sommer jy gaan ROCK
11de Aug. 2010, 21:59Aspoestertjie het gesê:
So oulik!! Geniet jou blog baie! Sterkte, jy sal verseker daar uitkom!
11de Aug. 2010, 17:27Reina het gesê:
Ek en jy weeg nou om en by dieselfde, so ek gaan jou blog dophou om te sien hoe jy vorder en van vandag af oefen ek saam en eet ek gesond. Ek wil ook desember 64kg weeg. Kom ons kyk wie wen, ek sal ook weekliks comment op jou blog sodat jy kan sien hoe vorder ek, ek wens net ek het iemand gehad wat my vertel wat is gesond eet sonder om R1 000 'n week net op jou gesonde kossies te spandeer.
11de Aug. 2010, 12:46Rinda het gesê:
Ek verstaan helemal! Moes vir 10 min fiets trap by die dok vir EKG. Die kamer het so ingezoem na my toe maar ek het my gesig perfek gehou vir die suster wat my so aangekyk het. Kon sy nie maar instrumente reggepak het nie? Ek het so saggies as moontlik probeer blaas soos 'n os. Geluk met jou 3.3kg! Ek het sover 3 kg verloor...en as ek nou koppiekoekies in my keel kon afdruk, het ek! Ek crook te veel sien, anders het ek ook die 300g saam met jou verloor... Geniet jou baba en oefening en dieet, jy sal die vrugte daarvan pluk. x
10de Aug. 2010, 16:45Natasha het gesê:
Ek is bly om te sien di soette verly ni net my in di steek nie.. Op die beste van dae wat my uithou vermoe moet deur druk , sal 'n ongelooflike woollies cupcake die beter van my kry. 2dae daarna is die skaal natuurlik nie so beindruk met dit nie. 3.3kilos in een week is uitsteekend. Ek gaan voel stoom en dan verloor ek maar 1.8kg of 1kg en dan wonder mens is dit die moeite werd. Ek geniet jou blok , sterkte !!
6de Aug. 2010, 21:24Lizere het gesê:
Baie geluk met die gewig wat jy sover afgeskud het, ons almal support jou, want as vrou weet ek hoe moeilik dit is om met gewig te sit wat jy net nie daar wil he nie ;-)Ek dink jy lyk baie goed en Lian is PRAGTIG!
6de Aug. 2010, 11:28Reinette het gesê:
O Alette ek het nou so lekker gelag. Jy is 'n treat!! Baie mooi meisie.....jy gaan wen!!!
6de Aug. 2010, 11:09