Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."

SARIE Augustus 2010

Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?

Vrydagmiddag moes ek gou van daai nuwe oefenpakkies gaan omruil en baba moet natuurlik saam karjakker. Toe ons terug kom by die kar was Lian moeg en geirriteerd en toe ek hom in sy karstoeltjie sit het hy sommer uitgebars in trane en Mamma se mooi woordjies het nie meer lekker gewerk nie. Ek het my handsak en selfoon in die kar gegooi om Lian gemaklik te maak en besluit om net so gou as moontlik by die huis te kom sodat hy in die bed kan kom. Ek het die deur in sy huilende gesiggie toegemaak en omgeloop na my deur net om te vind dat die kar gesluit is met die sleutels aan die binnekant! Ek was dadelik histeries en my geoefende bene het vir ander redes begin bewe.

In my histerie het ek drie sekuriteitswagte nader geroep om die oorkantse klein venstertjie van my kar uit te slaan sodat ons kon inkom. Lian se hart was gebreek en hy kon nie verstaan hoekom sy Mamma hom nie kom help nie. Na (wat gevoel het soos 'n ewigheid) kon die knape die anti smash and grab wys waar Dawid die wortels gegrawe het en kon ek my liefie in my arms vashou.

Nou mag julle wonder: "Wat op dees aarde het dit te doen met Operasie 64?" Alles, maters.

Ek het so sleg gevoel en al die pad huis toe gehuil terwyl karnallie bykans onmiddelik uitgepass het! Na 'n lang en moeilike week was ek lus om my aan enige ding wat voorkom te vergryp, maar gelukkig kon ek myself in toom hou. Saterdag was egter 'n ander storie. (On)gelukkig vir my, behels albei my besighede dat daar gereeld dames koek en tee partytjies gehou word. Wel, Saterdag was een van daardie dae, en alhoewel ek gepantser was met my shake en water kon niks my voorberei vir die chemiese reaksie wat in hierdie blondekoppie plaasgevind het toe ek die gasvrou se versierde tafel sien nie.

En toe ek die berg gestapelde sjokelade "éclairs" sien was dit vir my verby. Elke keer dat iemand OOIT lelik was met my het voor my oë afgespeel en in my gedagtes het ek as klein dogtertjie in die fetus posisie gaan lê en my vergryp! Nie eers juffrou Bull sou kon optel hoeveel van daai balletjies (o ja dit was darem balletjies - nie stafies nie) my lyf binne gegaan het nie. Sondag se Lindt-sjok0lade-nagereg (weereens balletjies) het OOK nie gehelp nie!

My hoop was op Maandag aka VROUEDAG en 'n nuwe begin. Die son was skaars op hier in die hoëveld (ek dink ons bly in die hoëveld) toe was hierdie lyf in haar tekkies op die teer. Loop een minuut, hardloop een minuut, loop een minuut ens. Dit het aangehou vir so 30 minute voor ek die dag as vrou (sonder enige balletjies) moes aanpak .

Dinsdagoggend het Heinz by die Nazi begin (blykbaar het sy vrou hom inspireer) en ek het weer my omgewing verken deur 1 minuut stap, 1 en 'n halfminuut hardloop. Woensdag was dit weer my beurt, maar voor ek haar vierkantig in die oë kon kyk moes ek die vierkantige skaal in die oë kyk en gróót was my verbasing toe daai 3.3 verander het na 4 kg! Dink net wat kon gebeur het as ek nie gecheat het nie?

Die res van die week (en naweek) het hierdie mamma hard gewerk om gefokus te bly en ek is opgewonde om die volgende week met dissipline en ywer aan te pak. Vergewe my asseblief want ek weet (nie) wat ek gedoen het!

En wat is die lessie van die week? Ja, ja, moenie jou kind in die kar toesluit nie, en BLY WEG VAN DIE BALLETJIES!

Ekke XX

Verwante artikels

Kommentaar

  • Ai, Alette...kan net dink hoe jy moes voel! ook al amper met my gebeur, dis rof! Wel gedaan met nog n skitterende stukkie skryfwerk, ek kan behoorlik nie wag vir die volgende een nie! Hierdie is soos my stukkies cheat in die week (want ek is veronderstel om te werk) maar ek MOET net dadelik op die site kyk wanneer is jou blog gelaai! Baie trots op jou, en ek sien nog 'n boek in jou toekoms! M X

    17de Aug. 2010, 21:16
  • Wys nou net jy's ook mens en mamma! Aai die dinge wat 'n mamma moet deurgaan...ons kan boeke vol skryf! Ek is baie trots op jou al het jy gecrook, ons het ook darem plesiertjies nodig. Ek het geweeg vandag en kon nog 2 kg by die res voeg...totaal van 5 kg in 3 weke. En ek het vreeslik gecrook die week! Dalk wys dit volgende week? En ek oefen nie...nog nie... Pas daai outjie van julle mooi op en onthou dit het al met baie mammas gebeur. xxx

    17de Aug. 2010, 09:39
  • Ai vrou shame man...Soos die engels man se i know the feeling.Ek is mamma van 3 en ek weet presies hoe dit gaan as baba huil en mamma wil net by die huis kom jy dink aan niks anders nie.As iemand jou kritieseer was hulle nog nie self in so n posisie nie!Sterkte met die oefen sessies

    16de Aug. 2010, 15:57
  • Nazi is baie trots op jou 4kg na al daai sjokelade "éclairs" en Sondag se Lindt-sjok0lade-nagereg... wys jou net dat dit kan gedoen word, met die regte mindset. Hou so aan en ek praat nie van die sjokelade nie!!

    16de Aug. 2010, 12:42