Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
Maar die Bybel (of my ma?) sê mos jy kan nie net niks doen nie, jy moet jou kant ook bring. Ok, ek dink dit was my ma. Sy het my altyd voor 'n eksamen op skool herhinner, ons kan nie net bid dat Liewe Jesus ons moet help nie, ons moet swot ook. Ek gaan nou begin bid dat Liewe Jesus my moet begin help!
Ek probeer rêrig hard: Geen stysel, geen suiker (goed soms is daar 'n geleentheid soos ' n ooievaarstee waar al wat jou voorgesit word suiker bevat, dan het jy nie 'n keuse nie). Ek oefen, oefen, oefen, oefen, oefen en ek drink shakes dat ek al die shakes kry. Maar daai syfertjies op daai skaal is soos die woorde op 'n grafsteen ingegraveer. Dit wil nie move nie. Ek is eerlikwaar bly dit word ook nie meer nie, maar 'n deurbraak sal verseker op hierdie stadium van die wedstryd waardeer word, so ENIGE RAAD is WELKOM!
Ek het gisteraand in my desperaatheid na 'n oplossing "breastfeeding and weightloss" ge-google en op 'n e-boek afgekom: "Breastfeed your way thin." Ek het sonder om te skroom my beste (Pay) pal nader getrek en daai $9.97 betaal om te lees wat vir hierdie vrou gewerk het. Sy het oor die 40kg opgetel met haar eerste baba en toe het sy geleer hoe om dinge reg te doen met die volgendes EN hoe om gewig te verloor terwyl sy borsvoed. Maar ek het nou nog nie kans gehad om dit te lees nie, so ek sal vir julle volgende keer meer daarvan kan vertel.
So, dis nou my plan van aksie: Lees die boek, leer wat om te doen, hou aan oefen (want die Nazi gaan my inelkgeval nie so vinnig laat gaan nie) hou op cheat, en bid BAIE hard!
Vandag het 'n pragtige vriendin van my by my gekuier en vir my gesê mens moet eintik GLAD NIE die skaal dophou as jy so hard oefen nie, want mens raak net neerslagtig en dikvellig (eintlik heeltemaal te laat vir dit) omdat mens eintlik spiere bou! So nou weet ek nie meer lekker wat om te doen nie. Ek sal maar bietjie minder op daai vierkant klim en eerder kyk hoe my klere (watse klere?) aan my lyf pas!
Yolanda het vir my geWERK hierdie week. Daar was baie uitlatings soos: "Girl jy's mal man!", "ek kan DIT nie doen nie!", "hoevéél nog?" en "dit brand!" geuiter, en dan praat sy ook nog met terwyl ek probeer konsentreer om net asem te haal om aan die lewe te bly. Ons is nou al klaar met 7 sessies. More is die 8ste een en na die 12de een gaan sy weer daai vet-metertjie uitruk en kyk of sy Nazi-genoeg is vir my.
Maar nou moet ek eers klaar tik, daar is 'n boek wat gelees moet word en 'n gebed wat gebid moet word.
Ekke
P.S Só baie dankie vir al die kommentaar. Julle bemoedig my. Keep it coming!
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Croissants van Bettysbaai"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 15
Vriendinne, ek skryf vir julle vandag vanuit die mooiste dorpie in die suide van Suid-Afrika: Bettysbaai.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Feeskos, roosterkoeke, terte... ek't staande gebly!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Liewe vriendinne, kom ek begin sommer deur te sê dat indien hierdie die eerste keer is dat jy my Projek 64-blog lees, wil ek jou asseblief sommer net daar en dan in jou leesspore stuit.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 22
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: En daai dag het gekom...
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ek het julle gewaarsku daai dag gaan kom dat ek als oorboord gooi en my verlustig en vergryp aan elke verkeerde ding wat voorkom. En daai dag het gekom… Gister.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se blog: "Saam met die lente kom nuwe dissipline."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
“Dis heerlike lente die winter’s verby. Alles wat grys was het kleur begin kry. En dis amper so beautiful, amper so beautiful soos jy.”
-
Aletté-Johanni Winckler se Projek 64: Dít moet ek eet en só moet ek oefen
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 21
Aletté-Johanni Winckler, Heinz Winckler se vrou, het 'oorlog' verklaar teen die 20 kg wat sy tydens haar swangerskap opgetel het. Stap die pad saam met haar.
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Aletté-Johanni Winckler: "I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and...MOTIVATED!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 13
En nou, 'n week en 'n half later sit die Dokter steeds pens en pooitjies in ons huis en vra ons (met 'n smile) af: "So presies hoé verloor mens 20kg...? Eén kilogram op 'n slag..."
-
Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Lian Theo Winckler het om 7:25 vm op Sondag 23 Mei 2010 sy verskyning gemaak - 'n bielietjie van 'n volle 4,12 kg!
-
Op die rooi tapyt: Aletté-Johanni Winckler by Vonk-toekennings
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
"Die opwinding in die Winckler is huis is tasbaar, vandag kan daar weer vir 'n slag ge "dress" word en dit is net krultange en knippies, grimering en swierige klere waar jy kyk. Dis tyd vir die Vonk-toekennings"
-
Zanne Stapelberg deel haar oorsese dagboek - Deel 1
SARIE September 2010
Die SA sopraan Zanne Stapelberg was onlangs oorsee vir sang-meestersklasse in Lugano, Switserland. Sy deel haar (skreeusnaakse) dagboek met sarie.com.
-
Zanne Stapelberg deel haar oorsese dagboek - Deel 1
SARIE September 2010
Die SA sopraan Zanne Stapelberg was onlangs oorsee vir sang-meestersklasse in Lugano, Switzerland. Sy deel haar (skreeusnaakse) dagboek met sarie.com. "Ek verlang nou erg huistoe - na my kind, my man, my hond, my ma, my pa en Pien."
















Kommentaar
Casper Niemann het gesê:
Dit is so dat spiere meer weeg as vet, so ek weet nie op wat se oefen program jy is nie, maar kardio is ideaal om vet te verbrand, en dan natuurlik om seker te maak jy verbrand meer kj as wat jy inneem. Het vandag ñ baie lekker kardio program gevolg! 5min fiets vir opwarming, dan 4 sets van 40 crunches en ñ stel trappe. 12 minute fiets, 10 minute crosstrainer en 10 minute roei. Dis ook belangrik om die intensiteit elke minuut te wissel om optimaal vet te verbrand. Moet niks anders as water drink terwyl jy oefen nie, anders neem jy weer net so die kj op wat jy besig is om te verbrand. Koue water is nog beter, dan verbrand jou liggaam nog vet om die water warm te maak!
2de Sep. 2010, 21:18Doreen het gesê:
Dis alles in jou gene. Miskien is jy gelukkig dat een of alby van jou voor- ouers uit n maer poel kom en jy het dit ge-erf. Kyk na jou voor ouers en jy sal weet of jy elke dag elke happie kos moet oorweeg voordat jy sluk of kan jy maar mal gaan. Jy moet net aktief wees soos dans, stap en speel met jou baba, dra hom in jou arms dis goeie verbranding van energie. EN VERMY SUIKER EN BROOD!!
31ste Aug. 2010, 08:41Karien Botha het gesê:
Maar geniet jou skryf-vernuf vreeslik baie en kan nie wag vir elke volgende storie wat jy opsit nie.
30ste Aug. 2010, 10:33Karien Botha het gesê:
Hou moed, jy's amper daar. Die eerste paar weke is inelkgeval die ergste en dan eweskielik skud mens die kilo's af. Geniet die kjindertjie, hy is te pragtig!
30ste Aug. 2010, 10:31Ilze het gesê:
My 2de babatjie is nou 6 weke oud & ek het al 16kg afgeskud! Voel 'super' trots op myself! Maar ek moet bieg, die feit dat ek nie koring & suiwel kan eet nie a.g.v al die maagkrampies wat my prinses gekry het help BAIE! 'Cheat' bestaan daar nie vir my nie, want dan sal dit vreeeeeslike gevolge hê!!!! Maar ek 'crave' 'n heeerlike vet stuk gebakte kaaskoek met roomys! Alette, ons is saam met jou in die ding! Weet jy kan dit doen, ons klomp sal saamstaan! :) Sterkte daar!
29ste Aug. 2010, 14:37Lida Pieterse het gesê:
Hidaar, probeer die Edenlife clinic - kyk in die nuutste Sarie hoe baie gewig Franci Swanepoel verloor het. Onthou die gewig het 9 maande geneem om aan te sit, dit kan nie oornag verdwyn nie. Sterkte
29ste Aug. 2010, 13:38Suze het gesê:
Vrou, jy moet bietjie relax! Geniet liewer elke oomblik saam met daai bondeltjie vreugde, hulle word so vinnig groot. Eet gesond en oefen, ja, maar moenie dat dit jou lewe oorneem nie. Hierdie is 'n baie spesiale tyd in julle gesin se lewens, geniet dit! Terloops, ek het albei my kinders geborsvoed en niks gewig verloor daarvan. Ek dink nie dit help vir almal. Baie sterkte!
27ste Aug. 2010, 14:10Jeanette het gesê:
Hello Alette. Ek self is 'n mamma van 'n 4 jarige en het sowat 13kg opgetel met my meisiekind.So maand na die swangerskap het ek sowat 10 verloor en het borsvoed as my wonder dieet beskou.Maar daarna het daai kilos maar gesukkel om af te skud. Ek dink dis net 'n voortdurende stryd wat ons vrouens het en dit voel hoe meer jy wil afskud hoe meer suig die vet vas. So na dit het ek net besluit ek gaan nie meer so sit en fuss oor dit nie en ek het wraggies my gewig verloor en tot minder geweeg as voor my swangerskap. My raad aan jou is sien die oefen en gesonder eet meer as 'n lewenskeuse om gesond te wees as om gewig te verloor en ek kan jou amper verseker die kilos gaan makliker afval.Moet ok nie so hard op jouself wees nie.Jys pragtig en ek glo in jou man en baba se oe is jy die mooiste. Die gewig sal hom vanself uitsort.
27ste Aug. 2010, 13:45Vlinder het gesê:
Probeer gerus Weigh-Less se eetplan, dit werk vir my. Almal dink ek's mal omdat ek in die winter begin het met die eetplan, maar noudat die somer amper hier is, is ek al klaar ñ hele 6kg ligter as voor die winter. Die kos is heerlik en BAIE. Jy voel nooit uitgehonger nie en eet gereeld. Sterkte!!
27ste Aug. 2010, 12:45Elizabeth het gesê:
Este en vettie,count me in. dis ek ook. my kids is al groot en ek is nou 33 maar van kinderjare af is kos my drug of choice. ja mense sê ek lyk goed maar ek ken my liggaam en weet ek kan beter doen. vir my gaan dit nou oor om gesond te wees en nie so te binge op tye nie. ek was by sielkundige en sy het my baie geleer oor myself en my kos-ding.verder bid bid en bid. en sover gaan dit goed. sterkte julle.
27ste Aug. 2010, 10:29Este het gesê:
@Vettie....dit kon net sowel ek gewees het wat daar skryf ! Die alewige sielkundige stryd met myself, met die skaal, en die treadmill. Ai vrou so bly dis nie net ek nie ! Sterkte vir ons 2 ! @Alette, ek geniet jou blog baie en sien uit na die res.
27ste Aug. 2010, 06:30Adele Grant het gesê:
Hi daar, sterkte man, dit help om te lees van nog iemand wat soos ek voel en om te weet ek is nie alleen nie, ons sal maar aanhou min eet, baie oefen en baie, baie bid!
26ste Aug. 2010, 16:47Alta van Rooyen het gesê:
Gaan liewer op jou kniee en dank die Hemelse Vader dat jy die voorreg het om 'n baba te he voor jy begin bid oor jou gewig! Weet jy hoeveel vroue smag na 'n eie baba?
26ste Aug. 2010, 16:04Trix het gesê:
Ai, raak tog net rustig en geniet jou baba. Die res sal vanself kom, al vat dit 'n jaar. Ek herhinner (néé, herinner) jou net dat "Liewe Jesus" in die kinderbybel hoort en die gekruisigde veel meer van jou verwag as 'n vetrolletjie. Terloops, met elk van my 3 kinders was ek 5 maande later weer my ou self met die skaal op 49kg, soos toe ek in matriek was.
26ste Aug. 2010, 15:11Tracey Roux het gesê:
I think you look great anyway - dont stress too much about the weight...just enjoy yourself.
26ste Aug. 2010, 14:38Anell het gesê:
Allette, my aanbeveling vir enige iemand is: The Natural Way! Dit is 'n fantastiese oplossing! Jou lewe gaan vir die beter verander as jy hierdie boek lees! Jou fokus gaan verander van gewig na gesondheid, jou liggaam gaan vanself herstel en in plek kom en die vet gaan verdwyn sonder dat jy daarop foukus! Die boek se naam is "Perfect Health, The Natural Way", Mary-Ann Shearer! Mary-Ann is 'n wedergebore kind van die Here en is 'n voedingkundige wat al jare lank navorsing doen! Sy het 'n amazing ander boek ook genaamd "Healthy kids" wat vir jou baie raad gee oor borsvoeding en kinder voeding op die korrekte, gesonde, natuurlike manier! Dit het my lewe verander! Sterkte en moenie moed verloor nie!
26ste Aug. 2010, 12:42Heila het gesê:
Waarom stres jy so?? Jou baba is nog maar net n paar maandjies oud - geniet hom en vergeet van dieet.... eet waarvan jy hou en gaan stap met jou baba... jou 'grote' is slegs n nommer en who cares?? Wees gelukkig met die feit dat jy gesond is en jy n pragtige seuntjie en man het... Juis wanneer mens op n sogenaamde dieet is, dink jy heeldag aan kos en so misluk mens dan en dit maak jou teneergedruk en ek is seker jy het dit nie nodig in jou lewe nie... lekker dag.
26ste Aug. 2010, 11:03Leodine het gesê:
Hi Allette, ek het nie self 'n baba nie maar het my hele skool lewe lank met my gewig gesukkel! EK het ELKE LIEWE DIEET op die mark probeer en duisende rande spandeer! Ek hou van eet (veral stysel) en sodra ek dit opgegee het op al my pogings het ek energieloos en moeg gevoel en moes altyd verskonings uitdink om nie by mense te gaan eet nie! EK het my finale poging aangewend en by weigh-less gaan aansluit! DIt was die beste besluit van my lewe ek kan enige iets eet van stysel, melk, proteiene, vrugte, groente, vette alles!!! Dit is wonderlik omdat jy nie jou gesin hoef te ontwrig om die dieet te kan volg nie en jy kan byna alles eet. Ek het 11kg verloor en van 'n grote 36 na 30 (soms 32 , hang af van die winkel) verskuif. Ek het my verloofde ook gehelp om op die weigh-less te gaan en hy kon nie glo wat hy alles mag eet nie hy het 16 kg in 4 maande verloor. Dit is regtig die beste manier omdat dit 'n leefstyl is en nie 'n dieet nie. Dis net 'n gedagte wat ek het omdat ek weet 'n shake nie soos 'n lekker aartappel met 'n stukkie braaivleis proe nie! Liefies
25ste Aug. 2010, 22:20Karin het gesê:
Hi ek dink jy lyk al klaar baie skraler op die foto as wat jy op vorige foto'sgelyk het.Gee kans ek dink as jy gaan begin verloor gaan dit vinnig gaan,n mens verloor eers vog en cm voor die kilo's begin smelt STERKTE
25ste Aug. 2010, 16:36Monique het gesê:
Jou vriendin is reg, spiere weeg meer as vet, so jou liggaam behoort van vorm te verander al kom die kilos nie altyd af nie. Weet nie hoe jou oefen program lyk nie, maar die beste vet verbandings oefeninge is matige oefeninge, soos vinnig stap, vir 30 minute elke dag. Die ideaal is om kardio en 'strength training' te kombineer. Baie sterkte, ek weet dat met sulke determinasie SAL daar binnekort resultate wees!
25ste Aug. 2010, 13:51Sam het gesê:
Ek weet presies hoe jy voel. Ek het met my eerste swangerskap skaars 8kg opgetel en na my seun se geboorte minder geweeg as voor ek swanger geraak het. toe my seun 3 maande oud is, vind ons uit nommer 2 is oppad, "lucky Packet" se moses. Dis toe 'n dogtertjie en met haar het ek 15 kg opgetel. ek het als probeer en kon net nie daai gewig verloor nie. eers na 2 jaar se "reg eet" en als probeer het ek uindelik dit reggekry om gelydelik 10 kg te verloor, maar het nog so 7 om te gaan, maar vrek dis asof jou liggaan net se, genoeg, ek verloor nou nie 'n gram verder nie.
25ste Aug. 2010, 12:59Janine Malan het gesê:
hallo Alette, ek het onlangs 'n boek gelees "You are what you eat"... Dis basies sekere voedselgroepe gesorteer vir sekere bloedgroepe. Ek weet 'n vriendin van my het gegaan vir bloedtoetse en sy en haar mediese dokter het met die boek in hand, saam besluit op 'n dieet vir haar... en dit het gewerk! Haar suikervlakke was ook heeltemal te hoog en haar liggaam het te min insulien vervaardig. Ek het dit nie so letterlik opgeneem nie mar die volgende toegpas en ek verloor gewig op die oomblik!!!! (laasweek 1,3 kg!!!): SNY ALLE suiker selfs VRUGTEsuiker uit (verdun 100% vrugtesap met een deel sap een deel WATER) en ALLE vorm van stysels, selfs groente soos butternut ens. wat styselagtig is. 'n handvol neute vir snack en neute in plaas van vleis en een gekookte eier per dag is toelaatbaar. (Onthou: Vetvrye melk en versoeter vir tee en koffie) Ek wil ook net noem dat baie strawwe oefening jou spiere kan ontwikkel en spiere WEEG BAIE, daar is 'n fyn lyn tussen vet verbranding en spierbou. UIT persoonlike ondervinding: Oefening maak HONGER , so stap (met gewigte) so 3km per dag op die treadmill vir die eerste maand en dan elke maand bietjie verder, en vergeet eers van sit-ups, lunges en high impact exercise. Die 'toning' kan mos later gebeur... Sterkte en groete
25ste Aug. 2010, 12:50Louise het gesê:
Julle maak by bang. Ek het 5kg verloor en dit het my 'n hele jaar geneem. Ek het nog 5 om te gaan. Wat my bang maak is ek was nie eers swanger nie, raak net ouer.... Wat gaan met my gebeur as ek swanger raak? Help!!! Sterkte aan julle almal.
25ste Aug. 2010, 12:47dollie het gesê:
Hello daar, Ja vrou ek voel jou pyn, ek is iemand wat in die eerste plek glad nie kan dieet nie, omdat ek nie wildskrag het om dit deur te voer nie, maar kom ek vertel jou wat het ek toe gedoen. Ek het net een oggend besluit en gaan op Weight-less uitgeving waar kry ek hulle. En 2de het ek op my knie gegaan en vir die Vader gevra hy moet my deursettings vermoe gee en krag om dit te doen. Wel dis nou ingang 3de week en gaan weer weeg vannaand en is al 4.9kg ligter, en moet se vir my is dit 'n GROOT prestasie. Kan dit aabeveel jy eet baie maar reg. Groete Dollie
25ste Aug. 2010, 12:28Vettie het gesê:
Ek het self nou die DRASTIESE begin!! Eet net een keer 'n dag en looi daardie treadmill dat hy nie sy eie naam ken nie! Ek weet: GLAD NIE DIE MANIER hoe mens dit moet benader nie - maar ek dink die stryd met my gewig beinvloed my hele lewe! Dis so sielkundig en als in my kop! En dit voel dit maak nie saak hoe ek die saak benader nie ek eindig elke liewe keer op die selfde punt!
25ste Aug. 2010, 10:59Elizabeth het gesê:
aspoestertjie ek stem saam met jou: ons is so geneig om aan oefening te dink om gewig te verloor maar eintlik moet mens vasklou aan hoe goed jy voel en hoeveel meer energie jy het...en dit moet jou dryfkrag wees. jou selluliet gaan beter word,,glo my. ek sien duidelike verskil in myne vandat ek gym. en onthou om te scrub en goed te moisturise. dit help ook. sterkte julle almal.
25ste Aug. 2010, 10:19Marli Grindlay het gesê:
Hello, ek geniet jou stukkies wat jy skryf - ek dink dis oor ons almal so kan saamstem en "relate" met wat jy voel :) Byt net vas en "hang in there" jy sal weer jou ou lyfie terug kry. Ek onthou, ek het net so gesukkel, en die oomblik toe ek die fokus bietjie skuif en NIE so baie hard op myself is nie, toe val die skaal!!! So rustig skat!!!! Onthou jy het 9maande die gewig opgetel, en mens se lyfie verander baie!!! Speel jou gate uit met jou cutie baby, jy is amazing en 'n groot inspirasie vir almal!!! ek bid vir jou!!!! Baie liefde xxxx
25ste Aug. 2010, 08:57Snoeks het gesê:
My seuntjie is nou amper 6 maande oud, ek het +-30kg opgetel in my swangerskap en sukkel ook om die gewig te verloor, ek gym elke aand maar sien geen verbetering nie. Maak mens moedeloos. Ek het Maandag aand n klas gedoen en ek het op my rug gan lê en huil...Ek kon die oefeninge net nie doen nie en met soveel spieels om my, kon ek al die vet rolle, flabby arms en dik bene mooi bekyk...My hart so bietjie bietjie op n slag gebreek. Ek het nog NOOIT so gelyk nie...Dis hartseer, maar ek gan nie opgee nie. Ek gaan ook my gebedjie bid en maar hoop vir beste voor Desember...
25ste Aug. 2010, 08:52Nicci het gesê:
Alette, ek love jou blog! Jy het so 'n fantastiese manier van skryf, hoop om nog baie van jou te sien (lees) in die toekoms!
25ste Aug. 2010, 08:04Liza het gesê:
Hi ek moet se ek was baie gelukig gewees met my eerste kind ek het net 6.5kg op getel maar ek ek moet se ek was baie sport gedoen in my lewe en met die wat ek dit gedoen het sit en ek luister na jou dit word n sielkundige ding jy moet dit verloor en jy wil dit verloor. Hy is net 3 maande en jou ligaam is deur baie. jy moet jouself meet en nie weeg nie maar ook nie elke week nie glo my my kind is amper 4 en dit voel vir my ook nie of my gewig reg is nie maar. Hoe meer mens daar aan dink hoe minder gaan dit gebeur Hou moed jy sal daa uit kom maar dit vat tyd en ongelukkig geduld Sterkte
25ste Aug. 2010, 07:50Sune het gesê:
Sterkte Alette, Ek probeer nou self gewig verloor en dit is maar moelik. Ek wil graag teen Desember op my doelgewig wees want dan wil ek en my man ook begin probeer vir 'n baba. Ek is nou 28 en het agtergekom dat van 25 is dit vreeslik moelik om gewig te verloor, en ek was nog nooit regtig vet nie. Maar jy is regtig pragtig en lyk goed. Sterkte met die skaal. Groete
24ste Aug. 2010, 16:13elizabeth het gesê:
oja en ek moet byvoeg ek sukkel net om 6-7kg te verloor. hoe sukkel ander vrouens nie wat dalk 26kg moet verloor..
24ste Aug. 2010, 15:34adele het gesê:
Hey Alette Baie baie sterkte! Dis 'n ewige stryd. EK het 13kg opgetel met my eerste kind en net 10 verloor met borsvoed. Die 3 ander kg sit nog steeds!!! My hele lyf het verander en sal seker nooit weer dieselfde wees nie. Nou het ek besluit om maar die lyf (boude en pens ingesluit) te aanvaar en die beste te maak daarvan. So 16 weke gelede het ek by 'n dieetkundige aangesluit.... net om na 2 weke uit te vind ek is weer swanger met no 2. Nou ja, ek's nou 14 weke swanger en het darm nog niks opgetel nie. Hopelik bespring die kg's my nie later nie. Baie sterkte vir die pad vorentoe. Geniet ma wees!! Dis regtig heerlik en so 'n groot voorreg! En PS - jy lyk stunning!
24ste Aug. 2010, 15:12Aspoestertjie het gesê:
Mens moet verseker nie die skaal heeltyd dophou nie. Jy moet eerder enigeiets doen wat jou gemotiveerd gaan hou, anders sien jy nie die lug aan die einde van die tonnel nie. Ek gym self my ali af die afgelope 3 maande. 2 tot 3 keer per week en ek het nog nie 'n kilogram verloor nie. Maar ek kan voel dat my spiere baie sterker raak. Ek probeer om my boude (eintlik selluliet) weg te gym, maar ek wonder al of dit hoegenaamd moontlik is. Hou moed suster, jy sal stadig maar seker daai resultate sien. Fokus eerder op hoe goed jy voel en hoe baie energie jy het en vergeet eers van die kilogramme. Weeg jouself net elke 2 weke of iets. Hang in there!!!!
24ste Aug. 2010, 14:49Elizabeth het gesê:
HI. ek voel vir jou. my kids is nou wel al 13 en 8 en ek het geensens my gewig wat ek nou te veel het aan die swangerskappe te dank nie. ek spot altyd en sê hoekom kan mens nie eet wat en soveel jy wil, en erens aan jou lyf net knoppie druk en dan smelt als weg...maar toe leer ek op die harde manier. wat jy insit is wat jy uitkry.niks kom maklik nie. en as mens jouself elke dag herhinner aan "hoe vet jy is" eet mens sommer meer. elke dag is vir my battle(was op skool bulemies(is nou 33))op net 'n gelukkig medium te vind waar ek "happy" kan wees met kos en ek moet eerlikwaar sê: net God kan dit doen. so my nuwe "diete" is bid en dank aan God. Sterkte. you'll get there.
24ste Aug. 2010, 13:32