Aletté-Johanni Winckler se blog: "Saam met die lente kom nuwe dissipline."
Foto’s: Aletté-Johanni Winckler Galery
“Dis heerlike lente die winter’s verby. Alles wat grys was het kleur begin kry. En dis amper so beautiful, amper so beautiful soos jy.”
Ek haal sommer vandag my man se liedjie se woorde aan (wel ek het dit gedeeltelik uitgedink so saam met die F.A.K, so ek mag dit sekerlik gebruik?) Vriendinne, die lente is hier en ek is in my element, dik of de-'not'! Wie kan nou kla met die voëltjies se getjirp in die agtergrond, so vandag gaan ek my gedagtes “spring clean.”
As ek in die middag gaan stap en ek ruik die jasmyn voel ek sommer hoe die endorfiene vrygestel word en laat dit my terugdink aan my kinderjare toe ons nog met gemak buite kon speel en elke dag in September gewag het vir die eerste reëns om te val voor ons kon swem.
Saam met die nuwe bloeisels en die vars ge-chloorde swembaddens, het ek nuwe inspirasie EN dissipline. Ek kan nou nie meer dik swart tights en jasse aantrek om alles te bedek nie. Ek kan ook nie meer dik wol serpe dra om my trippel-ken te verdoesel nie.Hierdie arms gaan nou moet uitsteek en ek praat nie eens van my bene nie.
Maar ek moet darem sê ek kon Vrydag 3 stelle van 12 push-ups klaarmaak en DIS nie te versmaai nie. So eintlik, êrens onder hierdie 16 of 17 kilogram is daar ‘n paar spiere wat besig is om lekker te ontwikkel en sodra die kilos val gaan ek vir Caster Simenya ‘n go kan gee. (Raai wie het Sondagaand Carte Blanche gekyk?)
En om my opgewondenheid te versterk het my baba gisteraand vir die eerste keer deurgeslaap: van 7 tot 7, so miskien, net miskien kan ek van nou af op ‘n bietjie meer slaap staatmaak wat ook tot verdere gewigsverlies mag lei.Dit lyk asof my gebede toe wel beantwoord word...
Die boek wat ek gekoop het, aan die ander kant, het nie sulke positiewe resultate te weeggebring nie. Daar is kossoorte in daardie dieët wat ek nie eens kan spel nie, en daar moet baie moeite ingaan in kos voorberei en dis tyd wat hierdie werkende mamma nie nou het nie.(Kan iemand dalk vir my sê wat is arugula slaai of gebraaide Halibut???)
Saterdagaand het Heinz in Pretoria gesing en ek was genooi na ‘n vriendin se 32ste (25ste) verjaarsdagpartytjie ook in Pretoria en so het ons besluit om ons hart se punt by my sus af te laai en (klaarblyklik) daarmee tesame my dieët. Die aand was gevul met romerige smaaklike kos,wyn, kaaskoek, sjokolade-brownies, Dom Pedro’s, baie gelag en min selfbeheersing.
Sondag, sou hulle wragtag so gemeen wees om sjokolade-croissants by die kerk te verkoop en sondig ek net daar en danop die spot. Om nie te praat van die Sondagmiddag braai en Woollies se malvapoeding nie. Soos my 32 (25)-jarige vriendin sou sê: “ ‘n Grap is ‘n grap, maar jy sit nie ‘n hospitaal se krag af nie.”En my loskopgeid oor naweke moet ook nou end kry.
Dus, vriendinne, dis Maandag, dis bykans ‘n nuwe maand en ek het (ook) gisteraand my somer- en winterkaste omgeruil so dis tyd vir ‘n nuwe (kleiner) b(l)aadjie. Die skaal is (vir eers), op julle aandrang, weggepak en my nuwe maatstaf sal my broek se knope wees...(hopelik het hulle almal knope.) Ek gaan hierdie stryd stry tot die einde en die einde is nou net 3 maande ver. Geen verskonings meer nie. Geen grappies meer nie. Van nou af is dit oop neusgate al die pad wenpaal toe: “Projek 64 here I come! ...(Again)!”
Mwa
P.S
Sjoe, maar daar is ‘n paar tannies wat my lekker oor my vet vingers tik met die kommentaar? Dis reg, en dis nodig want hoe méér ek weet hoe minder gaan ek weeg. Ek moet darem by sê dis lekker om te weet ek is nie alleen in hierdie stryd nie, en dat daar al vele was wat hierdie paadjie gym toe moes stap (draf) voor my.
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Croissants van Bettysbaai"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 15
Vriendinne, ek skryf vir julle vandag vanuit die mooiste dorpie in die suide van Suid-Afrika: Bettysbaai.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Die oorlog is aan soos hy nog nooit was nie!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
"Dames en here, die oorlog is aan soos hy nog nooit vantevore aan was nie. Daar is gewere en kanonne, pyle en boë en soos hulle in Engels sou sê: "I'm pulling out the big guns now!" (Daar is mos so sê-ding, nê?)"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Feeskos, roosterkoeke, terte... ek't staande gebly!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Liewe vriendinne, kom ek begin sommer deur te sê dat indien hierdie die eerste keer is dat jy my Projek 64-blog lees, wil ek jou asseblief sommer net daar en dan in jou leesspore stuit.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 20
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se Projek 64: Dít moet ek eet en só moet ek oefen
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 21
Aletté-Johanni Winckler, Heinz Winckler se vrou, het 'oorlog' verklaar teen die 20 kg wat sy tydens haar swangerskap opgetel het. Stap die pad saam met haar.
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 35
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Aletté-Johanni Winckler: "I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and...MOTIVATED!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 13
En nou, 'n week en 'n half later sit die Dokter steeds pens en pooitjies in ons huis en vra ons (met 'n smile) af: "So presies hoé verloor mens 20kg...? Eén kilogram op 'n slag..."














Kommentaar
Valerie de Ponte het gesê:
Hi daar soos hulle in Engels se: "I can identify with all the above!!!" Kon ons nie maar heeljaar Lente en Somer gehad het nie? Seker ons almal sal dit waardeer indien jy daai vrugte-regeet met ons deel!! Ons almal hou van vrugte, en is so desperaat om in al die pragtige somer-nommertjies te kan pas, dat ons dit beslis sal toepas!! So wees so gaaf en deel dit met ons girl!! Ons sal jou ewig dankbaar wees! Ek verjaar ook in Oktober, so die tyd is min! Boonop is ek die ma van 3 kinders, tweeling dogters van 11, so klein en petiet!! Wil nou nie afsteek by hul, want op die oomblik kan niemand herken dat hul pragtige figuurtjies van hul ma kom nie!! Dis aaaklig verby!! Een van die dae is hul tieners, wil nie dat hul, hul vir my skaam nie!! So H-E-L-P!!!
15de Sep. 2010, 17:06Sanet het gesê:
Ek het so ruk terug op 'n juweel van 'n boekie in 'n 2de handse boekwinkeltjie afgekom, genaamd Protein Power. Die eetplan is soortgelyk aan die Dr Atkins program, net nie so streng nie. Dit werk soos 'n bom, en jy kan nog bietjie stysel ook inwerk. Vir die wat sukkel om die ekstra gewiggies af te skud, gee dit gerus 'n kans!!
9de Sep. 2010, 17:59Christie-Anne Wolmarans het gesê:
Ek dink werklik om mens se gedagtes te "spring clean" is 'n GREAT idee en saam met dit re-newing of the mind, sodat ons meer soos Christus kan wees! Jong, daar is 'n cd van Joyce Meyer "12 Reasons why people over-eat" en dit was basically my motto van my "kick-start" van my proses. Ek het wonderlike beginsels geleer en mens moet mens self elke nou en dan herinner en daarna luister, dit is SUPER motiverend, en as mens op die treadmill is of oefen dan luister ek dit altyd op my IPOD. Argula is 'n tipe blaar, slaai soort en Halibut 'n vis (het dit in my 3jaar working holiday in die UK geleer), maar mense het dit seker al vir jou genoem. Ek het ook jou voorkoms aanbieding by new Life Church baie geniet 'n paar maande gelede saam met al die dames! Ek dink werklik in 'n manier is 30 die magic ouderdom waar mens besef jou ma was reg! Sunscreen is die antwoord vir anti-ageing, en mens wil jou liggaam eerder voed as vol stop met dinge net vir die oomblik en hoe ek nou voel. Ek het nou 'n "survivor" bag by my met dinge wat ek wel kan eet incase ek honger word, met neute (af gemeet in die regte hoeveelhede), popcorn, biltong, droe vrugte, emergency blikkie tuna ens - so as ek rasend honger is, ek dadelik kan gryp na die dinge wat ek mag/kan eet. Geniet elke oomblik van jou blog en die pad wat jy stap! Jy SAL bo uitkom! P.s Ek LOVE Heinz se nuwe cd dit is soos 'n briesie van vars lug, dit is sy BESTE cd EVER! Die harmonie en die klanke en die energie agter die songs is amazing...
9de Sep. 2010, 14:20Rike Wedderburn het gesê:
Alette, my baba is 9 maande oud en iewers het ek geglo dat as ek borsvoed en niks anders doen gaan dit sommer vanself gebeur dat ek 13kg minder gaan verloor!! Dankie vir jou eerlikheid, wat my inspireer is dat dit maar vir almal 'n stryd is al lyk dit partykeer so maklik vir ander. Het laasweek aangesluit by die gym, vat vir baba saam en gaan hierdie kilo's een vir een aanpak!! sterkte
8ste Sep. 2010, 23:41nella het gesê:
Hi Girl!! Jy moet verseker 'n joernalis word!! Jou manier van skryf is so lekker om te lees ek leef my totaal uit in jou storie!! (sarie stel vir haar aan as joernalis!! notch - notch - wink - wink !!
7de Sep. 2010, 15:33Sandra Moller het gesê:
Alette, dis nie maklik nie, maar 'n mens voel sommer stukke beter. Ek sukkel maar ook om vriende te bly met die skaal. Dankie vir jou inspirasie. Ons kan as ons wil. Groete. Sandra Moller.
3de Sep. 2010, 11:27Mia het gesê:
sussa! ek is net bly kleintjie slaap deur. Jy is nie verniet my "skoon"sus nie. Julle lyk pragtig!
2de Sep. 2010, 10:15Jolien F het gesê:
Ek het jou blog gate uit geniet..en die...eet storie,wel ek is ook op die slaai wa,maar ek val aanhoudend af!!46 years of age,laatlammetjie van 3,groot seuns van 21 en 25 en 18 kg later??Elke Maandag letterlik 'n nuwe dieet,maar kom niks verder....been there,done it all,mar maandag probeer ek maar weer!!geniet die baba en ..wel..ek sien ons almal het maar min of meer dieselfde probleme,party s'n weeg net meer as ander s'n!!!Geniet die somer,dis 'n jol,dik of te not!!!!Ons vrouens is daar vir mekaar-deur dik en dun!!
2de Sep. 2010, 00:34Casper Niemann het gesê:
Ek besef die artikel is seker eintlik net vir vrouens bedoel, maar wil tog net dankie sê want my gees is bietjie swart vandag en die artikel het ñ breë glimlag op my gesig gesit! Dankie!
1ste Sep. 2010, 18:02Ronelle het gesê:
Aggggg, Alette, ek voel jou pyn! Die winter was soooo heerlik met al die lekker baatjies en jasse, om nie eers van die gemaklikke tights te praat nie. (Ek is 'n 80's "joller" so thighs het 'n baie spesiale plekkie in my (hart)kas) Ek was mal oor die winter modes en dit het mens so goed laat voel, dat die kilos ongemerk (by)gegroei het. Nou kom die ontnugtering wat die somer bring! Ek is baie dankbaar vir jou, en die ander mammas se bieginge wat net so sukkel, die 3 maande na baba het 6 maande geword, toe 1 jaar, en nou, na 2 jaar raak die verskonings net al hoe minder. Nouja dames, sal ons maar elke oggend met (nuwe)voorneme opstaan, en deurdruk? Sterkte!
1ste Sep. 2010, 16:34Marlese het gesê:
Ai, Alette ek is so eintlik so bly jy vat langer want dit beteken jy gaan langer skryf en ek sweer ek is jou grootste fan! Nie geweet jy het soveel talente nie, hemel, sing, skryf, image consultant, ma, vrou en nou nog gym bunny ook! Ek haal my hoed af. Ek weet jy kan dit doen en ek weet jy gaan weer daai nommer 34's dra en ek kan nie WAG om dit te sien nie. dit gee almal van ons weer hoop! Sterkte met die week se NO CHEATING! Marlese S
31ste Aug. 2010, 22:32Delia het gesê:
Soos Charlene gese het Halibut is 'n vis en om een of ander rede het almal op die Noord-Amerikaanse kontinent besluit om als nuwe name te gee. Met dit gese is Arugula niks anders as rocket/roquette (spelling?) wat populer is in Italiaanse disse nie.Staatmaker Woolies hou dit aan. Sterkte! Heerlik om jou Blog te lees hier van Kanada af!
31ste Aug. 2010, 18:44Antoinette het gesê:
Ai julle, hoekom is dit dat ons vroue die helfde van ons dag wy aan wat ons gaan eet en hoeveel ons weeg en wat ons gaan doen om minder te weeg en wat ons gaan inboet om ons doelwitte te bereik? Ek is 32, 'n ma van 2 wat ook op 'n tyd 'n 32/34 broek gedra het, en was vir die helfde van my lewe sover net behep gewees met wat ek weeg, en hoe ek lyk. Ek is nie oorgewig in my eie oë nie, my BMI is 25, maar ek het aanbeweeg na 'n 36, soms selfs 38 tops, het bietjie boobies oorgehou na my 2de baba. Ek het net een dag besef dat my lewe om die verkeerde goed wentel, en dat jy die enigste een is wat weet wat die nommer binne in jou bloes is. Ek fokus deesdae glad nie op kos nie, ek eet wat ek wil maar ek ooreet nooit, en ek is soveel gelukkiger. Uiteet is nie meer vir my 'n struikelblok nie, partytjies en die baie koek en goed laat nie meer my hare op ent staan nie, ek eet wat ek wil en as dit net poeding is dan is dit maar so, want of jy nou dik is aan poeding of dik is aan kos, dik is jy dik. Ek het my fokus verskuif na goeie velversorging, netjiese hare, ek spandeer meer tyd aan my hande en voete, en ek trek klere aan wat my sexy laat lyk en voel al is ek groter as die droomnommer 34, en ironies genoeg kry ek nou baie meer komplimente as toe ek maer was. Baie sterkte aan jou Alette, en ook al jul ander.
31ste Aug. 2010, 18:02Ronel het gesê:
Onthou net almal: "Round is a shape too!"
31ste Aug. 2010, 18:00Mariette het gesê:
Ek het 30kg opgetel met my eerste swangerskap, waarvan ek sowat nog 10kg moet verloor. My seuntjie word 4 en dis 'n alewige stryd om van die ekstra gewig ontslae te raak. Dis geweldig frustrerend. Alle sterkte vir jou, Alet! Weet net jy's nie alleen nie!
31ste Aug. 2010, 16:09Charlene het gesê:
Halibut kry ons hier in Kanada - dis 'n soort vis en Arugula is ook 'n tipe blaarslaai hier by ons. Is vertel dit smaak nie so lekker nie. Eet maar liewers baba spinasie as slaai.
31ste Aug. 2010, 15:03Tinia het gesê:
My seun is nou 3. As werkende ma en ook soos jy, baie alleen met kleinding met manlief wat weg werk, is dit werlik moeilik om regtig na jouself te kyk. Daar is nie tyd in die week vir gym toe gaan nie en ook nie 'n oppasser nie. So gym sessies word ingeprop Saterdae en Sondae. Teen Maandag is mens weer seer en lam!! Gesonde maaltye is wel moontlik, maar as mens by 6 uur tuiskom en dis wasgoed en kosbakkies inpak, peusel mens maar tussen-in. Ek sal saam met jou die week probeer. Ek moet minstens 15Kg afskud!! So kom ons kyk wie verloor eerste, sal jou op hoogte hou.
31ste Aug. 2010, 11:18Ilona het gesê:
Jou baby is nou die heel belangrikste - sodra jy minder fokus op die gewig, dan val dit vanself af - hoe minder aandag die rolletjies kry, hoe gouer gaan hulle weg !!!!
31ste Aug. 2010, 10:49Rooies het gesê:
Ek geniet dit so...ek het 'n hele vier weke gevat om 2kg te verloor, maar kyk dis nou af...hopenlik...dan sit ek nog met siek kind (vandag is pappa met die spruite by die huis) so vanaand kry ek baie oefening om al die speelgoed op te tel...hie-hie....sterkte...ek het nog 4 om te verloor.
31ste Aug. 2010, 10:34Rachelle het gesê:
Ek pes die winter! Daar is geen manier om warm te bly behalwe dik soppe, tuis gebakte brood en bredies met ryk souse nie. En dan, net om dit in te vryf, kom die lente... Staan sterk, bly werk en onthou jy is nie alleen nie. Hierdie is ook n ronde lyfie wat moet terug in maer somer kleertjies!
31ste Aug. 2010, 10:31Annalize het gesê:
Dit klink kompleet soos ek wat daar tik. ek het ook begin met 'n nuwe blaadjie en ja hopelik een van die dae 'n kleiner baadjie. Met my eerste seuntjie (nou amper 4 jaar) het ek 27kg opgetel met my swangerskap maar gelukkig na 'n ruk kon ek darem weer al my klere dra. Wel dis 'n ander storie na my tweede seuntjie pas ek net in niks en hy word November al 2jaar oud. Ek raak benoud as ek na die winter na al die klein no 34s in die kas kyk. Maar kom ons kyk hoe dit gaan, maar ja naweke is moeilik en ek kon nog nooit dieet!!!!
31ste Aug. 2010, 09:10