André le Roux skryf: Die telkaart in haar kop
Dis nie iets wat 'n man maklik verstaan nie, maar 'n vrou hou telling in haar kop. Van wat die man doen, of nie doen nie.
Dít verstaan jy. Wat jy nie verstaan nie is hoe 'n vrou punte toeken.
Want enigiets wat 'n man doen, tel een punt. Net een punt. Enigiets wat jy nié doen nie tel ook net een punt: Een-minus. Plus of minus. Nul of volpunte. Slaag of druip. Positief of negatief. Als een punt.
'n Man kan nie score nie ...
Enigiets gratis tel 'n punt. Dus enigiets wat jy vir haar gekoop het en present gee sonder dat sy die geld hoef terug te gee. Een punt.
Bemarkers verstaan dit. 'n Gratis sepie of handeroom-sampletjie saam met 'n tydskrif of advertensie binne-in tel 'n punt. 'n Vrou sal 'n hoop geld uitgee om iets verniet te kry ... al is die waarde van die geskenk net 'n rand of twee. Sy sal R20 se petrol uitry om R10 te spaar.
Net so werk die buy one, get on free-faktor.
Jy verstaan dit ook nie.
Jy dink hoe duurder die geskenk, hoe meer punte. Maar 'n vrou heg nie monetêre waarde aan die punte wat sy toeken nie. 'n Duur string pêrels behoort baie punte te tel (dink jy), terwyl sy jou vir al daardie moeite en geld net mooi nul gee: Jy't nou nog nie agtergekom sy hou niks van pêrels nie! 'n Gesteelde roos uit iemand se tuin sou meer punte getel het ...
Hulle sê almal wil iets verniet hê. Alle vroue, ja, nie alle mans nie.
Mans laat hulle nie heeltemal so maklik flous nie. Koop vier nuwe motorbande en kry 'n GPS gratis. Hy sal net daarvoor val as hy werklik vier nuwe motorbande nodig het.
Vir 'n vrou is die gratis-faktor belangriker as die waarde-faktor. Dis wat dit so onverstaanbaar maak vir 'n man: Groot of klein, duur of goedkoop, solank dit verniet is. As jy vir haar 'n motor koop, tel dit ewe veel punte as sjokolade of blomme.
Net een punt!
"Ek koop vir jou 'n kar, en net 'n dag later kla jy omdat ek per ongeluk jou beste blompot gebreek het. Jy's blêrrie ondankbaar!" (Jy wou die blomme self rangskik, toe werk dit nie. Toe trek sy onmiddellik een punt af vir die gebreekte blompot en die blomme tel niks.)
Nee, sy's nie ondankbaar nie, en vir lank gaan sy nog die motor waardeer. Maar die negatiewe (blompot) het die positiewe (motor) eenvoudig uitgewis op die telkaart. Dis 'n chronologiese ding: Die pluspunt word uitgewis deur die minus, en die huidige minus sal uitgewis word deur die volgende plus, maak nie saak wat die waarde is nie.
As jy dink dit sal help as jy net stilsit en niks doen nie, gaan dit jou ook nêrens bring nie. Stilsit en niks doen, verskyn as 'n minus op 'n vrou se telkaart ... sy kry niks daaruit nie. Veral as sy jou gevra het om die vuilgoed uit te sit en jy het nie.
'n Man self hou nie 'n telkaart by nie. Hy vat elke plus of minus soos dit kom, maar onbewustelik heg hy punte-waarde aan wat jy op jou beurt vir hom doen. As jy vir hom 'n kaastoebroodjie maak, tel dit byvoorbeeld 10 punte. As jy vir hom sy gunsteling-boontjiebredie maak, tel dit onmiddellik 100 punte. Vir die kaastoebroodjie sal hy sê dankie, vir die boontjiebredie sal hy sê: "Dit was jou beste boontjiebredie nóg."
Dis soos dit behoort te werk. Dink jy.
"Wat jy nie verstaan nie," verduidelik sy. "Jy kry nie 1 uit 10 nie, jy kry 1 uit 1."
En?
"En 1 uit 1 is 100%."
Sowaar ...
Verwante artikels
-
'In die slaghuis' - André le Roux
'Dis toe dat die vies vrou haar plastieksak met die skaaptjops hier van onder af opbring, en sy slaan die vriendelike man...'
-
5 Boekminute met André le Roux oor sy nuutste boek: Kan ek maar aan jou selluliet vat? + VIDEO-ONDERHOUD
SARIE - Oktober 2010
Kyk net wat raak hy kwyt!
-
André le Roux in sy nuutste rubriek
"Daar's g'n keer aan 'n vrou met rooi lippe nie . . ." – André le Roux in sy nuutste SARIE-rubriek, Op die vrou af. Lees verder oor "Die lipstiek-faktor" in ons Junie-uitgawe, vanaf 4 Mei te koop. * Nog Op die vrou af-rubrieke deur André le Roux *...
-
André le Roux oor haar alewige om-te-doen-lysies
SARIE - Oktober 2010
-
André le Roux oor lang hare...
SARIE Julie 2010
-
André le Roux Op die vrou af: Dodelike passiedoders (vir haar)
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 3
Jy staan in die deur en maak ’n beweging. Jou sokkies gly op die vloer, maar jy behou jou balans. Baie behendig, dit lyk asof jy so pas van êrens uit die lug geland het.
-
André Le Roux: "Vrouens shop in groepe"
SARIE - November 2010
-
André Le Roux: 10 dinge gelyk
SARIE Augustus 2010
"Jy knyp net die bakkie jogurt tussen jou bene vas. Maklik!"
-
André le Roux: Die ding met lysies
Sy hou die lysie op een van twee plekke in die huis waar sy gereeld kom
-
Op die vrou af: Los jou hare uit!
SARIE Julie 2010
Mans het nie ’n probleem met Die pixie, Die Marilyn, Die Farrah, Die Rachel of Die Kate nie. Hulle weet nie eens wat dit is nie . . .
















Kry jou SARIE oral, enige tyd