Dave Pepler blog: Die geur van groen
Hoe ruik groen?
As 'n wind kan bitter wees, en 'n uur blou, is daar is geen rede waarom groen nie 'n geur kan hê nie. Maar net hier kom die dilemma van geurbeskrywing na vore, want dis nie beperk tot die woordeskat van die beskrywer nie maar tot jou neus, en veral, jou verstand. Ruik mens aan varsgebakte brood of aan 'n appel, stem meeste van ons saam oor die beskrywing daarvan, maar, soos Luca Turin tereg uitwys, raak dinge duister met komplekse aromas. Hier speel voorkeure en geheue 'n groot rol, en, daarby, maak ons eiesoortige samestellings van laasgenoemde en kom so by persoonlike en unieke woord-komplekse uit.
Ek onthou alte goed die eerste keer toe ek Fat Electrician van Etat libre d'Orange(beskikbaar by metropolitaincosmetics.com) geruik het. Op 'n haar na Jan "Boland" Coetzee se pesoonlike wynkelder - koel en muf en "rooiwyn-propperig" - tot ek later uitgevind het dat die hart van die parfuum uit kuskusgras bestaan. Ek was verstom oor die skakels en spronge in my kop want eers by nadenke het ek besef dat die grondkarakter van kuskusgras dié van Pinot Noir is. Vandag nog, as ek Fat Electrician ruik, bly ek verskeur tussen kennis en verstand.
Tot onlangs was dit moeilik vir die amateur parfumista om toegang te hê tot die boustene van parfuum, die beroemde note* en akkoorde**, maar toe kom Osmoz verlede jaar met hul verbluffende versamelings "Collection Les coulisses du parfum". Hemels verpak, kom elke versameling met twaalf bottletjies geure, toets-stroke en 'n bondige handleiding. Waar op aarde kan jy suiwer "Lily of the Valley" of oliban onder die neus kry? Of, nog beter, as jy lees in Hooglied van "Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel" kan jy nou nardus en saffraan en kalmoes laat realiseer, reg onder jou neus.
Om beter te kan verstaan hoekom 'n geur dalk kleur of kleure kan suggereer, moet mens eers gaan kyk na 'n besondere neurologiese verskynsel genaamd sinestesia (Eng. synesthesia). Sinestesia is 'n neurologiese kondisie waar die stimulering van een sensoriese of bewussynsbaan lei tot 'n automatiese en onwillekeurige ondervinding in 'n tweede sensoriese of bewussynsbaan. Alhoewel kruis-sensoriese metafore soos knalrooi en bitter mooi algemeen bekend is, is ware sinestesia natuurlik onwillekeurig. Lyers, of dalk die geseëndes wat aan hierdie kondisie ly, proe en sien kleur en ruik klanke, iets waarmee die hippies van die 1960's alombekend was, aangehelp deur duister middels. The Beatles het mos in 1967 gesing van:
Picture yourself in a boat on a river
With tangerine trees and marmalade skies
Somebody calls you, you answer quite slowly
A girl with kaleidoscope eyes
"Lucy in the sky with diamonds".
Opperman se Sproeireën is 'n voorbeeld in Afrikaanse, of soos Alexandra Oliver skryf ná die aanval op New York in 2001, uit The smell of trouble:
This is how a normal person feels
Tilts their nose to scents of eastern trouble.
Maar hoe ruik groen, oftewel, waarna ruik groen? Na peper en vye natuurlik, vir dié wat alchemisties in die kombuis omgaan (aficionados van kitskos sal geen idee hê nie), of tuiniers sal dit ook ken want om plante te stimuleer tot uitbundigheid moet jy hul somtyds snoei, sny en kneus. Groen ruik dus plantaardig. Meeste parfuums ruik egter na blomme, hars en vreemde afskeidings van diere, of kombinasies hiervan, maar suiwer "groen" parfuums is by verre in die minderheid. Hoekom? Want groen geure is die eksentrieke aristokrate van die parfuum-ryk.
As jy 'n groen parfuum wil dra, moet jy iets van parfuum weet, of iets van jouself. Soos met leer-basis parfuums, (Bandit van Robert Piguet (http://www.robertpiguetparfums.com en Rien van Etat Libre d'Orange) is die groenes meëdoonloos en skel, maar hul skoonheid lê in die suiwerheid van die komponente. 'n Goeie groen parfuum is soos handskoene van Napa of 'n skoen uit Firenze - styl op sy suiwerste.
En waar sal jy begin verken aan hierdie moeilike komposisies? Begin by die mees elegante groene, Chanel se hemelse No 19. Galbanum, daardie oer-bitter kruid tref jou eerste, gevolg deur bergamot, en later jasmyn, sandelhout en kuskusgras. Alle groen parfuums moet gemeet word aan No 19, want dis perfek gebalanseer tussen brutaliteit en verlyding.
Bly sommer by Chanel en probeer ook Bel Respiro volgende. Nie naastenby so helder soos No 19 nie, maar eerder 'n sagte akkoord, 'n parfuum vir die skemer. Die laaste Chanel is Cristalle au Verte, 'n randfiguur, want hier kom klassieke geure by, sitrus eerste, en dan die soet-suur van magnolia.
'n Onlangse herskepping, Futur van Robert Piguet, is nog 'n klassieke "groen" parfuum. Piguet was bekend vir sy brilante en dapper skeppings soos Fracas, Bandit en Visa. Futur begin met bo-note van neroli en skerp bergamot, met middelnote van jasmyn en ylang-ylang wat rus op kuskusgras en seder. Naas No19 is dit my tweede keuse.
Ander interessante groen parfuums is Balmain se Vent Vert (absoluut windvas, selfs teen 'n Kaapse suidooste wind en miskien 'n bietjie te suur na my smaak; ek verstaan dat die oorspronklike uit 1947 briljant was), Bulgari se Cologne Au Thé Vert (so sag dat 'n jongmens dit kan probeer) en laastens, La Prairie se soliede Life Threads Emerald, wat later vanjaar vrygestel gaan word.
Groen geure is moeilike geure want, soos met styl, vra dit om dissipline by die draer. 'n Lang vrou, met Virginia Woolf se lyf, kort silwer hare styf na agter gebind, bleek grimering, 'n swart langromp-uitrusting en plat skoene, dra groen parfuum.
* noot - 'n geïsoleerde reuk in 'n parfuum, byvoorbeeld 'n roos-noot
** akkoord - 'n kombinasie van note om 'n effek te vorm, byna soos by musikale note
Besoek ook : davepepler.co.za
Verwante artikels
-
'n Eksklusiewe uittreksel uit Dave Pepler se boek, Immergroen
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Lees die eksklusiewe uittreksel uit sy nuwe boek: Klein katedrale van die veld
-
60 sekondes met Dave Pepler
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Dié stories fokus grootliks op inheemse plante en elkeen word met 'n nostalgiese anekdote ingelei en in pragtige, liriese Afrikaans beskryf.
-
Dave Pelpler Blog: Looopneus in Londen
SARIE - Maart 2011
Die dag na Kersfees stap ek en Sarah die Tate Britain binne, op pad na haar eerste ontmoeting met Francis Bacon se oorrompelende “Three studies for figures at the base of a crucifiction”.
-
Dave Pepler blog, Snuf in die neus: Sewe doodsondes
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 3
Van die sewe doodsondes weet ek slegs hoe wellus ruik. My neus vertel my dit het 'n effe olierige reuk, byna soos vars botter, met ‘n ondertoon van gekneusde gras.
-
Dave Pepler blog: Die blondine in die kryt-wit Austin Healey
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nee, hulle vra om ’n vrou wat ’n soliede sin van self het, en wat haar nie steur aan wat die mode voorskryf nie.
-
Dave Pepler blog: Die donker skaduwee van parfuum - Verbode vrugte
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Op ‘n hoogsomer-aand, na ‘n lang bad, het jy ‘n uur voor jou metgesel opdaag. Daar wag ‘n ete, miskien ‘n fliek en dan - wie-weet?
-
Dave Pepler blog: Die nuwe landskap van parfuum
SARIE Augustus 2010
"Van die laaste "oud-wêreldse" skeppings was Yves Saint Laurent se Opium, en kort daarna Estee Lauder se Cinnabar."
-
Dave Pepler blog: Esteé Lauder – so Amerikaans soos pampoentert
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Tolbosse het oor die pad gewaai, êrens suid van Laramy. Ver, ver teen die westerse horison kon ek die sneeubedekte Rockies sien en ek verbeel my dat die Grand Tetons deur sliert mis sigbaar was.
-
Dave Pepler blog: Hermès - draagbare Franse kultuur
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Seville op ‘n somermiddag en die kwik staan op 48 grade Celcius - die stad is doods want die siesta het almal platgetrek.
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Dave Pepler blog: Kaprisieus en dapper - État libre d’Orange
SARIE - November 2010
Kamp is nie noodwendig tentopslaan langs die Vaalrivier nie, of om jou karavaan na Keetmanshoop te sleep nie.
-
Dave Pepler blog: Tydloos soos Babe Paley
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Só het die uitnodiging gelees na ‘n geleentheid wat New York in 1966 tot stilstand gedwing het. Die gasheer, ‘n besope en giftige skrywer, was een van die sosiale katalisators van sy tyd.
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Snuf in die neus is ‘n nuwe weeklikse bydrae oor die wêreld van parfuum. Maar dis ook méér – dit gaan oor die finale produk, maar ook oor die magdom komponente - van kosbare olies en gom tot algemene tuinplante
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Katjiepiering
SARIE - Mei 2010
Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje.
-
Dave Pepler-blog: Die huis van Chanel het vele kamers
SARIE - Junie 2010
Die twee sit net buite bereik van die wit lig van die loopplank. Daardie wit lig wat plooie, rimpels en lewervlekke so meedoënloos uitlig.
















Kommentaar