Dave Pepler blog: Hermès - draagbare Franse kultuur
Seville op ‘n somermiddag en die kwik staan op 48 grade Celcius - die stad is doods want die siesta het almal platgetrek.
Dis net ek op straat op pad na die katedraal “La Giralda” waar klein rooivalkies al swewend roep en hul kuikens voer.Na vele besoeke ken ek Santa Cruz soos my hand; ek loop in ‘n beswyming, al in die skaduwees en draai af in Matteo Gago, die pylvak na die ou kerk.Oorkant die straat, aan die sonkant staan ‘n ry lemoenbome, en in hiérdie son en hiérdie lig brand die vrugte soos lampe. Hul skitter oranje, die hemelse oranje van Hermès.
Eintlik is dit die kleur van leer, die sagste op aarde, deur Hermès omskep na kunswerke. Kyk gerus na hul samerwerking met Leica toe hulle een van fotografie se ikone, die M7, verewig het in ‘n kosbare versamelstuk. Alles wat hierdie ou gevestigde maatskappy aan raak word só omskep in ‘n kunswerk. Sedert die 1930’s (Hermès bestaan al sedert die 1830’s) is hul natuurlik beroemd vir syserpe sonder weerga. Van slegs die allerbeste sy op aarde, handgedruk en omgekap, is hierdie eintlik klein kunswerke, byna te mooi om te dra.
Byna te mooi om te gebruik, kan mens ook sê van die saals, horlosies, skoene handsakke en ander luukses. Maar, redelik onlangs eers, sedert 1951, maak Hermès ook parfuum.Hier is geen verskoning om dit op te gaar nie, want hul parfuum is uiteraard gemaak om gedra te word.
As jongman in die vroeë 1970’s was ek op soek na parfuum vir ‘n vriendin.In daardie dae was Kaapstad beperk tot ‘n klein middestad, en sover ek kan onthou het slegs Stuttafords parfuum verkoop. Asbleek dames met granaatrooi lippe, bevrore hare en te veel goud het die parfuum-toonbanke beman. Toe ek daar instap met my bosbouers-uitrusting het ek gevoel na ‘n pariah, opsigtelik buite my boomwêreld. Sonder om te vra het een van die spookvroue my van ‘n afstand bespuit, miskien om my te verwilder. Maar, sy het my bespuit met iets uit die paradys – dit was Hermès se Equipage.
Sonder om te vra het een van die spookvroue my van ‘n afstand bespuit, miskien om my te verwilder," sê Dave.
Equipage is oer-Frans, ingetoeë en nugter terwyl dit straal van kwaliteit. Dit ruik na ‘n ou leerstoel naby ‘n oop hert en, met ‘n bos lelies op die vensterbank – rokerig en houterig en skoon.
As dit by die dames kom, is die versameling klein maar sterk; daar is 24 Faubourg, Terre D’Hermes, Calèche, Eau des Mervelles, Kelly Calèche, hul kraaknuwe Voyage d”Hermès en ‘n paar ander.
My gunstelinge van Hermès:
24 Faubourg: Alhoewel ‘n relatuwe nuweling tot die Hermès-stal (1995), is hierdie parfuum reeds ‘n klassiek. Suur en soet, blomme en heuning – hierdie parfuum is uiters kompleks en mens vind dit moeilik om ‘n enkele element uit te lig. Een ding bly staan, dis ‘n klassiek, in dieselfde kraal as Guerlain se hemelse Mitsouko.
Voyage d’Hermès: Pas vrygestel (2010) het ek die nuweling onlangs in London ontdek. Suurlemoen en sagte hout domineer, met groen en tee-note diep versteek. Hierdie is ‘n parfuum vir die somer en dit sal ewe goed by ‘n man pas. Aloewel dit die jongste Hermès op die rak is, het dit al die kenmerke van die kwaliteit wat mens van hierdie firma verwag.
Terre d’Hermès: Ook ‘n relatiewe nuweling (2006) is hierdie ook ‘n somerparfuum. Ek hou veral van die pomelo/malva/lemoen bo-note wat later verdroog en versag na gras en gom. Ongelukkig kan ek nie die “terre” hier vind nie.
Caleche 1961: Hoe kan jy aan Hermès dink sonder om Caleche te noem? Op die mark sedert 1961, is hierdie een van die parfuum-wêreld se oorlewers. Gemeet aan die smaak van vandag is Caleche dalk ‘n bietjie outyds met die aldeïde en sitrus met eerste opslag, maar dit kom tot ruste met groot styl. Ek kan nie die oorspronklike geure onthou nie, maar ek vermoed dat Caleche oor die jare herformuleer is. Nieteenstaande bly dit een van die groot oud-wêreldse reuke.
Die lekkerte van Hermès is dat mens dit byna tematies kan beleef. Al hul parfuums het ‘n watermark van kwaliteit, gebou op bekende note van hout, sitrus en ligte basisse. Hermès is véél meer as net parfuum, dis draagbare Franse kultuur.
Dave Pepler
Verwante artikels
-
Dave Pelpler Blog: Looopneus in Londen
SARIE - Maart 2011
Die dag na Kersfees stap ek en Sarah die Tate Britain binne, op pad na haar eerste ontmoeting met Francis Bacon se oorrompelende “Three studies for figures at the base of a crucifiction”.
-
Dave Pepler blog, Snuf in die neus: Sewe doodsondes
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 3
Van die sewe doodsondes weet ek slegs hoe wellus ruik. My neus vertel my dit het 'n effe olierige reuk, byna soos vars botter, met ‘n ondertoon van gekneusde gras.
-
Dave Pepler blog: Die donker skaduwee van parfuum - Verbode vrugte
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Op ‘n hoogsomer-aand, na ‘n lang bad, het jy ‘n uur voor jou metgesel opdaag. Daar wag ‘n ete, miskien ‘n fliek en dan - wie-weet?
-
Dave Pepler blog: Die geur van groen
SARIE Augustus 2010
Hoe ruik groen?
-
Dave Pepler blog: Die nuwe landskap van parfuum
SARIE Augustus 2010
"Van die laaste "oud-wêreldse" skeppings was Yves Saint Laurent se Opium, en kort daarna Estee Lauder se Cinnabar."
-
Dave Pepler blog: Esteé Lauder – so Amerikaans soos pampoentert
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Tolbosse het oor die pad gewaai, êrens suid van Laramy. Ver, ver teen die westerse horison kon ek die sneeubedekte Rockies sien en ek verbeel my dat die Grand Tetons deur sliert mis sigbaar was.
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Dave Pepler blog: Kaprisieus en dapper - État libre d’Orange
SARIE - November 2010
Kamp is nie noodwendig tentopslaan langs die Vaalrivier nie, of om jou karavaan na Keetmanshoop te sleep nie.
-
Dave Pepler blog: Tydloos soos Babe Paley
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Só het die uitnodiging gelees na ‘n geleentheid wat New York in 1966 tot stilstand gedwing het. Die gasheer, ‘n besope en giftige skrywer, was een van die sosiale katalisators van sy tyd.
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Katjiepiering
SARIE - Mei 2010
Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje.
-
Dave Pepler-blog: Die huis van Chanel het vele kamers
SARIE - Junie 2010
Die twee sit net buite bereik van die wit lig van die loopplank. Daardie wit lig wat plooie, rimpels en lewervlekke so meedoënloos uitlig.
-
Sarie.com-blogger Dave Pepler se besoek Ysland vir aardverwarming
SARIE - Desember 2010
Dave Pepler, aanbieder van Groen op kykNET, bewaringskenner en akademikus, ontsluit die wonderwêreld van parfuum in sy blog. ’n Besoek aan Ysland in Augustus 2010 het hom tot ’n nuwe besef gebring.
















Kommentaar
best registry cleaner het gesê:
great experience, dude! thanks for this great post wow... it's very wonderful report.
2de Des. 2010, 09:34