Dave Pepler blog: Snuf in die neus deel 2
Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?
So, jy wil meer weet van parfuum? Daar is slegs een probleem, en dit is dat jy op die platteland woon en beperkte toegang het tot die wêreld van reuke. Jy het jou ma se “scent”-smaak geërf, en nou en dan iets nuuts en vreemds aan 'n reisende vriendin geruik. Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?
Die laaste vyf jaar het verstommende vernuwing gebring in die parfuum-mark in Suid-Afrika. Stap enige groot winkelsentrum binne en kort voor lank loop jy jou vas teen Edgars se Red Square waar 'n verstommende verskeidenheid parfuums jou begroet. Ook Foschini het onlangs begin met 'n parfuum-afdeling met 'n effens kleiner aanbod.
Maar wag. 'n Onlangse opname deur sarie.com het hul gebruikers se gunsteling-parfuums gepeil, en ek moet sê dat daar min verrassings is. Ons lesers hou van Chanel se No. 19 (as daar ooit 'n klassieke een was!), natuurlik Chanel No. 5 ('n baanbreker), Estée Lauder se Pleasures ('n silwerskoon Amerikaanse droom) en Dior se Poison ('n stonker, soos Luca Turin dit noem – moet dit om hemelsnaam nie naby kos dra nie, en net so met Yves Saint Laurent se Opium). Ook in hierdie laaste groep val Lolita Lempicka se Lolita Lempicka, 'n oorweldigende vrugte/blomme/soet hout-konkoksie – absoluut briljant! Slegs een parfuum het my aandag geprikkel, en dis Tom Ford se Black Orchid, 'n donker en lieflike droom, 'n randfiguur.
Wat my dadelik opgeval het was die gebrek aan iets nuut en dapper, ‘n volslae wegbreek van die bekende. Het iemand al die verstomende produkte van L’Artisan Parfameur beproef, beskikbaar by www.beauici.co.za, of die hemelse maaksels van Robert Piguet, beskikbaar by www.metropolitaincosmetics.co.za? Vir dié wat werklik moedig is, is daar deesdae ook sogenaamde “indie”-parfuum (onafhanklike klein parfuumhuise) wat die besig is om die toekoms van parfuum te bepaal, soos Etat Libre d’Orange (Oranje Vrystaat) wat telkens die wêreld se gevestigde huise bloedneus-slaan met roekelose skeppings soos Jasmine et sigarette - my gunsteling, Rien (niks) en Sécrétions Magnifiques, almal beskikbaar by Metropolitain Cosmetics. Nee? Toemaar, ons sal nog by hulle almal uitkom.
Hoe gaan 'n mens te werk om hierdie wêreld van boodskappe op die wind te betree? Jy begin lees! Net om te wys hoe oud die bekoring van parfuum is, wil ek voorstel dat 'n mens begin by daardie wulpse kussing-boek van Muhammad ibn Muhammad al-Nafzawi (1450?), die berugte The Perfumed Garden. Beslis nie leesstof vir die preutse nie, maar 'n lofsang oor die liggaam, die sinne en genot. Probeer die hemelse vertaling van sir Richard Burton. Dan, natuurlik, moet 'n mens Patrick Süskind se Perfume lees – was daar al ooit 'n roman so gedrewe, so meedoënloos en so pragtig?
Dan kom die moderne bybel van parfuum, Luca Turin en Tania Sanchez se Perfumes: The Guide. Dié boek lê langs my kooi, my konstante bron, nie net vir die volledigheid en insigte nie, maar ook vir die vlymskerp humor en sarkasme. Luister bietjie:
Oor die stomme Michael Kors se Michael: “Shrieking hair-singeing horror probably first rejected for use in industrial drain cleaner. One of the worst ever.” Maar as hulle eers begin sing, soos oor Bond No. 9 se Chinatown – luister:
“Some people find it too sweet. To my nose it smells like a corner of a small French grocery in summer, in the exact spot where the smell of floor wax meets that of ripe peaches. A treasure in a beautiful bottle.”
Een van my grootste vreugdes, en 'n nimmereindigende bron van vars nuus, is die webwerf Now Smell This, waar, indien jy inteken, jy elke dag 'n e-pos onvang oor wat leef en beef in die parfuum-wêreld. Saans, so teen nege-uur, land daar 'n e-pos propvol parfuum-skinder, nuwe vrystellings en wenke na obskure bronne.
Sou jy, by al dié inligting, nog tyd hê vir lees, skaf Celia Lyttelton se The Scent Trail aan, 'n vreugdevolle verkenning van die ganse parfuum-bedryf – dit lees soos 'n speurverhaal.
Genoeg gepreek! Volgende week sal ons kyk na die soorte parfuum op die mark, hul duistere inhoude en waar 'n mens dit kan besnuiwe. Daarna begin die pitkos – ons gaan kyk na blomme en hul olfaktoriese bekoring en hoe om ons tuine te verryk, en dit dan deurvoer na die finale produk aan jou hals.
Verwante artikels
-
'n Eksklusiewe uittreksel uit Dave Pepler se boek, Immergroen
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Lees die eksklusiewe uittreksel uit sy nuwe boek: Klein katedrale van die veld
-
60 sekondes met Dave Pepler
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Dié stories fokus grootliks op inheemse plante en elkeen word met 'n nostalgiese anekdote ingelei en in pragtige, liriese Afrikaans beskryf.
-
Dave Pepler blog: Die blondine in die kryt-wit Austin Healey
SARIE Julie 2010
Nee, hulle vra om ’n vrou wat ’n soliede sin van self het, en wat haar nie steur aan wat die mode voorskryf nie.
-
Dave Pepler blog: Die donker skaduwee van parfuum - Verbode vrugte
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Op ‘n hoogsomer-aand, na ‘n lang bad, het jy ‘n uur voor jou metgesel opdaag. Daar wag ‘n ete, miskien ‘n fliek en dan - wie-weet?
-
Dave Pepler blog: Esteé Lauder – so Amerikaans soos pampoentert
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Tolbosse het oor die pad gewaai, êrens suid van Laramy. Ver, ver teen die westerse horison kon ek die sneeubedekte Rockies sien en ek verbeel my dat die Grand Tetons deur sliert mis sigbaar was.
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Dave Pepler blog: Kaprisieus en dapper - État libre d’Orange
SARIE - November 2010
Kamp is nie noodwendig tentopslaan langs die Vaalrivier nie, of om jou karavaan na Keetmanshoop te sleep nie.
-
Dave Pepler blog: Tydloos soos Babe Paley
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Só het die uitnodiging gelees na ‘n geleentheid wat New York in 1966 tot stilstand gedwing het. Die gasheer, ‘n besope en giftige skrywer, was een van die sosiale katalisators van sy tyd.
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Snuf in die neus is ‘n nuwe weeklikse bydrae oor die wêreld van parfuum. Maar dis ook méér – dit gaan oor die finale produk, maar ook oor die magdom komponente - van kosbare olies en gom tot algemene tuinplante
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Die reënboog van reuk
SARIE - Mei 2010
Dis maklik om kleur vas te pen, want ons het mos die rëenboog; geen wonder dat daar onlangs gevind is dat gesofistikeerde tale ryk is aan kleurbeskrywings nie.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Donker geure, wilde geure
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
As jy na ‘n roos wil ruik, dra een, en as jy na ‘n deurmekaar-tuin wil ruik, koop goedkoop reukwater.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Katjiepiering
SARIE - Mei 2010
Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje.
-
Dave Pepler-blog: Die huis van Chanel het vele kamers
SARIE - Junie 2010
Die twee sit net buite bereik van die wit lig van die loopplank. Daardie wit lig wat plooie, rimpels en lewervlekke so meedoënloos uitlig.
















Kommentaar